in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Interregeringspaneel oor klimaatverandering
(
Engels
:
Intergovernmental Panel on Climate Change
,
IPCC
) is in
1988
deur die
Verenigde Nasies
se omgewingsprogram (
United Nations Environmental Program
, UNEP) en die Wereld Meteorologiese Organisasie (WMO) in die lewe geroep.
Die paneel maak deel uit van die Verenigde Nasies se Klimaatverdrag (UNFCCC) en evalueer die gevare wat
klimaatverandering
inhou, om teenmaatreels saam te stel. Die setel van die IPCC se sekretariaat is in
Geneve
(
Switserland
). Die Interregeringspaneel oor klimaatverandering het in 2007 saam met
Al Gore
die
Nobelprys vir Vrede
ontvang.
[1]
Die IPCC doen self geen navorsing oor klimaatverandering nie, maar versamel die uitkomste en gevolgtrekkings van die verskillende wetenskaplike dissiplines soos byvoorbeeld die klimatologie.
Die IPCC se verslae, die
IPCC Assessment Reports
, is samehangende aanbiedings van die navorsers se resultate. Hierdie verslae word in werkgroepe saamgestel en deur die IPCC se volle vergadering goedgekeur. Hulle vorm tans die hoofsaaklike basis vir die politieke en wetenskaplike debatte oor klimaatverandering.
In die eerste deel van sy vierde verslag, wat op
2 Februarie
2007
in
Parys
vrygestel is, maak die IPCC dramatiese voorspellings oor die toekomstige globale klimaatverandering. Meer hoofstukke sal in die loop van die jaar vrygestel word.
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met
IPCC
.
|
|
---|
1901?1925
| |
---|
1926?1950
| |
---|
1951?1975
| |
---|
1976?2000
| |
---|
2001-hede
| |
---|