Die
Internet
is ’n wereldwye stelsel van
rekenaarnetwerke
wat met mekaar verbind is en
data
uitruil met behulp van die gestandaardiseerde
TCP/IP
-protokolsuite. Dis ’n netwerk van miljoene privaat en openbare
rekenaars
van akademiese, regerings- en sakenetwerke wat verbind word deur
optiese vesel
- en
koperkabels
of verskillende soorte kabellose verbindings.
Die naam "Internet" word gewoonlik in spreektaal gebruik om na die
Wereldwye web
te verwys, maar laasgenoemde is slegs een van die talle dienste wat deur die Internet beskikbaar is. Ander sluit in
e-pos
, leeroordrag (
FTP
), geselsdienste en aanlynspeletjies.
Die voorloper tot die Internet was
ARPANET
? ’n netwerk van militere netwerke, en later ook universiteitsnetwerke, wat in 1969 in die
Verenigde State
ontstaan het. Op 1 Januarie 1983 het ARPANET oorgeskakel van die ou NCP-protokol na TCP/IP en so die weg gebaan vir die ontstaan van die moderne Internet.
Dit was egter eers in die negentigerjare dat die publiek die Internet "ontdek" het. In Augustus 1991 het
Tim Berners-Lee
en
Robert Cailliau
die
Wereldwye web
-projek gepubliseer nadat hulle ’n paar jaar aan
HTTP
en
HTML
gewerk het. Die eerste webbladsye het verskyn by
CERN
in
Switserland
, waar hulle albei gewerk het.
Met die uitvinding van bladsye wat aan mekaar verbind word deur klikbare skakels (HTML/WWW) het Tim Berners-Lee die Internet inderwaarheid vir die groot publiek beskikbaar gestel. Hy word dus beskou as die uitvinder/grondlegger van die huidige Internet.
Sedertdien het dit ’n wereldwye fenomeen geword met die karakter van ’n massamedium. Dit is die mees gebruikte kommunikasiemiddel ooit. Een van die bydraende faktore tot die Internet se sukses is waarskynlik dat dit in sy geheel aan niemand behoort nie en kommunikasie daarop feitlik onbeperk is.
Daar is verskeie metodes om toegang tot die Internet te kry, soos inbelverbindings, breeband (oor ’n koaksiale, optiese vesel- of koperkabel),
Wi-Fi
,
satelliet
en
3G
-selfone.
Engels is verreweg die oorheersende taal op die Internet (met 30% van gebruikers), gevolg deur
Chinees
, (17%),
Spaans
(9%),
Japannees
(7%),
Frans
(5%) en
Duits
(5%).
[1]
Die meeste Internetgebruikers is in
Asie
(40%), gevolg deur
Europa
(26%),
Noord-Amerika
(17%),
Latyns-Amerika
(10%),
Afrika
(4%), die
Midde-Ooste
(3%) en
Australie
(1%).
[2]
Internettegnologie het in die laaste jare so goed ontwikkel, veral in die gebruik van
Unicode
, dat daar tans in feitlik enige taal gekommunikeer kan word, selfs die wat ander skryfstelsels as die
Latynse alfabet
gebruik.
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Wereldwye web
.
Soos reeds genoem, is die terme "Internet" en "Wereldwye web" (soms net die Web genoem) nie sinonieme nie, hoewel dit dikwels so gebruik word.
Die Wereldwye web is ’n groot stelsel dokumente,
beelde
en ander bronne wat deur hiperskakels en
URL
's verbind word. Hierdie skakels en URL's stel
webbedieners
en ander masjiene waarop die oorspronklikes data gestoor word, in staat om die data te stuur met behulp van
HTTP
(Hypertext Transfer Protocol). HTTP is slegs een van die kommunikasieprotokols op die Internet.
Met behulp van
webblaaiers
soos
Windows Internet Explorer
,
Mozilla Firefox
,
Opera
en ander kan Internetgebruikers toegang kry tot webbladsye. Hulle kan ook tussen webbladsye of webwerwe navigeer met behulp van hiperskakels. Webdokumente kan feitlik enige kombinasie van rekenaardata bevat, onder andere grafika, klank, video's, gewone teks, multimedia en interaktiewe inhoud soos webspeletjies, sagteware en demonstrasies.
Deur sleutelwoord-soektogte met
soekenjins
soos
Yahoo!
en
Google
het miljoene mense vinnige, maklike toegang tot ’n oneindige verskeidenheid aanlyninligting. In vergelyking met gedrukte
ensiklopedie
e en tradisionele
biblioteke
het die Wereldwye web ’n skielike en geweldige desentralisasie van inligting en data tot gevolg gehad.
Buiten webwerwe waarmee individue, organisasies en adverteerders ’n ontsaglike hoeveelheid mense kan bereik, word belangstelling in die Web ook aangevuur deur verskynsels soos webjoernale of blogs, asook versamelings persoonlike webbladsye soos die op GeoCities,
Facebook
en
Myspace
. So word miljoene mense in staat gestel om op die Internet te kommunikeer sonder ’n groot kennis van onder andere
HTML
-teks.
Met meer moderne stelsels soos
wiki
-sagteware kan mense ook met behulp van vooraf ontwerpte bladsye bydra tot ’n gemeenskaplike doel soos die skep van ’n ensiklopedie soos
Wikipedia
.
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Internet
.
|
|
Sien
Internet
in Wiktionary, die vrye woordeboek.
|
- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel
en:Internet