한국   대만   중국   일본 
H? Chi Minh - Wikipedia Gaan na inhoud

H? Chi Minh

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Ho Chi Minh )
H? Chi Minh
Hồ Chí Minh
H? Chi Minh in 1946.

Voorsitter van die Sentrale Komitee van die Kommunistiese Party van Vietnam
Ampstermyn
19 Februarie 1951  –  2 September 1969
Voorafgegaan deur Amp geskep
Opgevolg deur Amp afgeskaf

Eerste Sekretaris van die Sentrale Komitee van die Kommunistiese Party van Vietnam
Ampstermyn
1 November 1956  –  10 September 1960
Voorafgegaan deur Tr??ng Chinh
Opgevolg deur Le Du?n

1ste President van Vietnam
Ampstermyn
2 September 1945  –  2 September 1969
Voorafgegaan deur Amp geskep
Opgevolg deur Nguy?n H?u Th? (as voorsitter)
Ton đ?c Th?ng (as President)

Eerste minister van Vietnam
Ampstermyn
2 September 1945  –  20 September 1955
Voorafgegaan deur Amp geskep
Opgevolg deur Ph?m V?n đ?ng

Persoonlike besonderhede
Gebore Nguy?n Sinh Cung
19 Mei 1890
Kim Lien, Ngh? An-provinsie, Frans-Indochina (tans Vietnam )
Sterf 2 September 1969
Hanoi , Noord-Vietnam
Politieke party Kommunistiese Party van Vietnam
Eggenoot/-note Tang Tuyet Minh
Handtekening

H? Chi Minh (Ngh? An, 19 Mei 1890 - Hanoi , 2 September 1969 ) gebore as Nguy?n Sinh Cung en ook bekend as Nguy?n T?t Thanh en Nguy?n Ai Qu?c , was 'n Vietnamese kommunistiese rewolusionere leier. Hy het as die premier (1945-1955) en president (1945-1969) van die Demokratiese Republiek van Vietnam (Noord-Vietnam) gedien. Hy het 'n sleutelrol in die stigting van die Demokratiese Republiek van Vietnam in 1945 gespeel, asook in die stigting van die Volksleer van Vietnam (PAVN) en die Vietkong (NLF of VC) tydens die Vietnamoorlog .

Hy lei die onafhanklikheidsbeweging Viet Minh vanaf 1941, stig die kommunistiese Demokratiese Republiek van Vietnam in 1945 en verslaan die Franse Unie in 1954 tydens die Slag van đi?n Bien Ph? . Hy dra sy mag in 1955 weens gesondheidsprobleme oor, maar bly tot sy dood 'n sigbare boegbeeld en bron van inspirasie vir die Vietnamese wat vir 'n verenigde, kommunistiese Vietnam veg. Na die oorlog is Saigon, die hoofstad van Suid-Vietnam , na Ho Chi Minh-stad hernoem.