in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Groothertogdom Litaue
(
Litaus
;
Lietuvos Did?ioji Kunigaik?tyst?
,
Roeteens
: Великое князство Литовское, Руское, Жомойтское и иных), in Sentraal- en Oos-Europa bestaan.
Die Groothertogdom Litaue was tegelykertyd 'n nasie en 'n multi-etniese samelewing - twee kenmerke wat skynbaar teenstrydig is. In die vroee moderne tydperk was "nasie" egter nie soseer 'n etniese term nie, maar is eerder in 'n politieke betekenis gebruik om na die republiek se
corpus politicum
of die gemeenskap van (adellike) staatsburgers, of die stande wat hulle verteenwoordig het, te verwys.
[1]
Die Groothertogdom is gestig deur die Litaue, een van die heidense
Baltiese stamme
, wat oorspronklik in Auk?taitija (Opper-Litaue) gewoon het. Die Baltiese stamme in die noordooste van
Europa
wat in taalkundige opsig naas
Kelte
,
Germane
,
Slawiers
en Romane 'n selfstandige Baltiese groep binne die
Indo-Europese taalfamilie
vorm.
Nadat prins Mindaugas gedoop is, het hy in 1253 die koninklike titel van Pous Innocent IV ontvang en die koninkryk van Litaue is gebore. In 1263 is hy en sy seuns vermoor, die Litaue het weer na heidendom oorgeskakel en die titel van koning het geval.
Vanaf 1385 (Unie van Kreva) het die Groothertogdom 'n persoonlike unie met die Koninkryk van Pole gevorm. Litaue en Pole was toe met die Lublin-unie in 1569 verenig in die
Pools-Litause Gemenebes
met die Poolse Delingen aan die einde van die agtiende eeu wat geheel en al deur buurlande verdeel word.
- ↑
Rudolf Jaworski, Christian Lubke en Michael G. Muller (reds.):
Eine kleine Geschichte Polens
. Frankfurt am Main: Suhrkamp 2000, bl. 229