Galileo Galilei
|
|
Portret van Galileo Galilei deur Giusto Sustermans in 1636
|
|
Gebore
|
(
1564-02-15
)
15 Februarie 1564
Pisa
, Hertogdom van Florence,
Italie
|
Oorlede
|
8 Januarie 1642 (op 77)
Arcetri, Groothertogdom van Toskane, Italie
|
Blyplek
|
Groothertogdom van Toskane, Italie
|
Nasionaliteit
|
Italie
|
Vakgebied
|
Sterrekunde
,
fisika
, natuurfilosofie en
wiskunde
|
Instelling(s)
|
Universiteit van Pisa
Universiteit van Padua
|
Alma mater
|
Universiteit van Pisa
|
Doktorale promotor(s)
|
Ostilio Ricci
|
Doktorale student(e)
|
Benedetto Castelli, Mario Guiducci, Vincenzo Viviani
|
Bekend vir
|
Kinematika, dinamika, teleskopiese waarnemingsastronomie, heliosentrisme
|
Handtekening
|
|
Galileo Galilei
(
15 Februarie
1564
?
8 Januarie
1642
) was 'n
Italiaanse
fisikus
,
wiskundige
,
sterrekundige
en
filosoof
wat 'n groot rol in die Wetenskaplike Revolusie gespeel het. Sy prestasies sluit die ontwikkeling van die
teleskoop
en die daaropvolgende sterrekundige waarnemings in. Hy was ook 'n ondersteuner van
Nicolaas Copernicus
se teoriee. Daar is na Galileo verwys as die "vader van moderne waarnemende sterrekunde",
[1]
die "vader van moderne fisika",
[2]
en die "vader van (moderne) wetenskap".
[2]
[3]
Volgens die Britse teoretiese fisikus
Stephen Hawking
was "Galileo, miskien meer as enige ander persoon, verantwoordelik vir die geboorte van moderne wetenskap".
[4]
Die eerste teleskoop en
mikroskoop
het heel waarskynlik in
Nederland
ontstaan iewers tussen 1590 en
1610
. Hierdie kennis het gou reeds na ander lande versrpei, en teen 1610 het Galileo reeds sy eie teleskope en mikroskope in
Italie
gebou. Die lensstelsel wat hy gebruik het, het verskil van die van die Nederlandse uitvinders, en hoewel dit doeltreffend gewerk het, was Galileo se mikroskope maar taamlik onhanteerbaar.
Galileo is ook een van die wetenskaplikes wat die fondamente vir kinematika (ook genoem "bewegingskuns"), die studie van beweging, gele het. Onder sy bydrae tot sterrekunde was die teleskopiese bevestiging van die fases van
Venus
, die ontdekking van
Jupiter
se vier grootste mane:
Kallisto
,
Europa
,
Ganimedes
en
Io
(ook bekend as die "
Mane van Galilei
" ter ere aan hom) en die waarneming en analise van
sonvlekke
. Galileo het ook bydraes tot toegepaste wetenskap en tegnologie gelewer en die ontwerp van die
kompas
verbeter.
Galileo se ondersteuning van Copernicus se teoriee was omstrede tydens sy leeftyd, waartydens 'n groot meerderheid filosowe en sterrekundiges die geosentriese siening dat die Aarde bewegingloos in die middel van die heelal is aangehang het. Na 1610 het Galileo Copernicus se teorie, dat die Son in die middel van die heelal is en dat die Aarde daarom wentel, openlik ondersteun en hy is sterk verset deur sommige filosowe en geestelikes. Twee geestelikes het hom selfs by die Romeinse Inkwisisie van
1615
aangekla en, alhoewel hy van alle klagtes verontskuldig is, het die
Rooms-Katolieke Kerk
in Februarie 1616 die teorie nietemin as "vals en in kontras met die Heilige Skrif" verklaar.
[5]
[6]
Na waarskuwings het Galileo ingestem om sy ondersteuning van die teorie te staak, maar het sy sienings later weer 'n keer verdedig in sy bekendste werk,
Dialogo sopra i due massimi sistemi del mondo
("Dialoog rakende die twee vernaamste wereldstelsels"), wat in 1632 vrygestel is. As gevolg van hierdie boek is hy deur die
Inkwisisie
verhoor, geforseer om sy meningsuitings terug te trek en tot lewenslange huisarres gevonnis.
Galileo se lesings aan die universiteit is mettertyd deur groot getalle studente uit alle dele van
Europa
bygewoon. Hy het sy studente op 'n totaal nuwe manier onderrig: hy het daarop aangedring dat hulle vir hulself die waarheid van alles wat hy hulle leer deur waarneming en eksperimente bewys. Vir hierdie doel het hy dikwels sy hele klas na buite geneem.
Een van sy beroemdste eksperimente is van die bopunt van die beroemde skewe toring van
Pisa
uitgevoer. Deur voorwerpe van die bopunt te laat val en uit te vind hoe lank dit duur voordat hulle die grond bereik, het hy 'n ander, nuwe wet van die
fisika
ontdek, naamlik dat alle vaste liggame, ongeag hul gewig en ongeag waaruit hulle bestaan, ewe lank nodig het om dieselfde afstand te val. Steeds meer studente het Galileo se klasse bygewoon. Dit het hom egter die afguns van sy mede-hoogleraars aan die universiteit op die hals gehaal.
Party van hulle het selfs planne gesmee om hom van sy pos onthefte kry. In hierdie atmosfeer kon Galileo nie werk nie en hy het dit al hoe moeiliker gevind om sy studies voort te sit. In
1592
is hierdie probleme egter opgelos, want die Senaat van die Republiek van
Venesie
het hom genooi om hoogleraar in die wiskunde aan die
Universiteit van Padua
te word.
Galileo ondervind teenstand
[
wysig
|
wysig bron
]
Hoewel die wetenskaplike teoriee van Galileo deur bewyse gestaaf is, was hulle vir die mense van daardie tyd te vergesog om aanvaarbaar te wees. Galileo het spoedig gevind dat. sy werk nie alleen misverstaan word nie maar dat dit selfs afgekeur word. In
1633
het die
Inkwisisie
(Middeleeuse kerklike hof vir die ondersoek van beweerde kettery), wat reeds
Copernicus
se teorie as in stryd met die leerstellinge van die
Bybel
beskou het, ook Galileo van kettery beskuldig omdat hy gewaag het om dit te steun.
Galileo was verplig om sy teoriee terug te trek. Verbitterd oor die houding van die kerk, het hy afgetree en in sy villa naby
Florence
gaan woon. In
1638
het 'n geweldige terugslag Galileo getref. Sy oe, die eerste wat die hemelruim bestudeer het, het ingegee. Maar sy blindheid het hom nie van sy navorsingswerk weggehou nie. Inteendeel, hy het sy werk voortgesit met die hulp van sy getrouste volgelinge. In Januarie
1642
, met sy dood, was daar nog maar min mense wat die ware belangrikheid van sy werk besef het.
Eers in die eeue wat daarop gevolg het, het geleerdes die waarde van sy werk werklik begin besef en is sy teoriee uiteindelik aanvaar. Slegs toe het Galileo Galilei die eer ontvang wat hom nooit in sy lewe te beurt geval het nie.
- ↑
Singer, Charles (1941),
A Short History of Science to the Nineteenth Century
, Clarendon-uitgewers
,
http://www.google.com.au/books?id=mPIgAAAAMAAJ&pgis=1
(bl. 217)
- ↑
2,0
2,1
Weidhorn, Manfred (2005).
The Person of the Millennium: The Unique Impact of Galileo on World History
. iUniverse. p. 155.
ISBN
0-595-36877-8
.
- ↑
Finocchiaro, Maurice A. (Fall 2007), "Book Review?The Person of the Millennium: The Unique Impact of Galileo on World History",
The Historian
69
(3): 601?602,
doi
:
10.1111/j.1540-6563.2007.00189_68.x
- ↑
Oorspronklike Engelse aanhaling: "Galileo, perhaps more than any other single person, was responsible for the birth of modern science." uit
Galileo and the Birth of Modern Science
, deur Stephen Hawking in
American Heritage's Invention & Technology
. Lente-uitgawe van 2009, Vol. 24, Nr. 1, bl. 36n
- ↑
McMullin, Ernan, red. (2005).
The Church and Galileo. Notre Dame, IN: University of Notre Dame Press
.
ISBN 0-268-03483-4
.
- ↑
Sharratt, Michael (1994),
Galileo: Decisive Innovator
. Cambridge University Press, Cambridge.
ISBN 0-521-56671-1
.