Antonie van Leeuwenhoek
(
24 Oktober
1632
?
26 Augustus
1723
) (volle name: Thonius Philips van Leeuwenhoek) was 'n Hollandse handelaar en wetenskaplike van
Delft
,
Nederland
.
Vader van Mikrobiologie
[
wysig
|
wysig bron
]
Antonie is bekend as die "vader van
mikrobiologie
". Hy was die eerste persoon wat 'n eensellige
organisme
gesien en beskryf het. Dit het hy gedoen deur die gebruik te maak van sy handgemaakte
mikroskope
.
Hy was ook die eerste persoon wat aantekeninge gemaak het oor
spierweefsels
,
bakterie
,
spermatosoa
en
bloed
. Verskeie biologiese verskynsels is vir die eerste keer deur hom waargeneem. In briewe aan die Britse
Royal Society
het hy verslag gedoen oor sy bevindings en hieruit blyk dit dat hy die resultate van sy waarnemings gebruik het om vrae oor die struktuur en ontstaan van lewende materie te beantwoord.
Antonie van Leeuwenhoek is op
24 Oktober
1632
in
Delft
gedoop. As lakenhandelaar was Van Leeuwenhoek vertroud met klein lense vir die keuring van stowwe. Sy nuuskierigheid het waarskynlik daartoe gelei dat hy self klein lensies, wat sterk kon vergroot, geslyp en enkelvoudige mikroskope daarmee gebou het. Sommige van die lense kon voorwerpe tot 500 maal vergroot.
Hiermee kon hy dinge waarneem wat tot nog toe onbekend was. Hy het byvoorbeeld die eensellige diertjies in reenwater en in die derms, die bakteriee in tandsteen en die parasiete in die derms van visse en paddas waargeneem. Hy het ook belangrike waarnemings oor die rooi bloedliggaampies gemaak en aangetoon dat are en slagare deur middel van haarvate met mekaar verbind is.
Met die ontdekking kon hy William Harvey se teorie oor die bloedsomloop bevestig. Hy het ook 'n vergelykende studie van
spermatosoied
gedoen en die regenerasievermoe van die soetwater-poliep bestudeer. Van Leeuwenhoek het hom deurentyd besig gehou met die grondvrae oor die struktuur en die ontstaan van lewende materie.
Hy het probeer aantoon dat lewende strukture altyd uit uiters fyn elemente opgebou is, selfs die kleinste dele of organe van organismes wat nie met die blote oog waargeneem kan word nie. Hy het hom sterk verse! teen die opvatting wat destyds algemeen aanvaar is, naamlik dat bepaalde organismes uit lewelose stof ontstaan (spontane generering of
abiogenese
).
Om sy opvatting oor die ontstaan van lewende materie te steun, het Van Leeuwenhoek 'n gedetailleerde studie van voortplanting by die vlooi en die luis gemaak. Vlooie het volgens die destydse opvatting uit stof ontstaan en luise uit verrottende materie. Deur 'n reeks uitmuntende waarnemings het Van Leeuwenhoek egter daarin geslaag om vas te stel dat vlooie en luise ook deur middel van paring voortplant. Hy het ook aangetoon dat die struktuur van die "veragtelike skepsels" so geniaal is dat dit onmoontlik is dat hulle uit "verrottende stowwe" kan ontstaan.
Die mikroskope wat sy Nederlandese landsgenote uitgevind het, sowel as die wat
Robert Hooke
van
Engeland
gebruik het, het amal bestaan uit metaalbuise waarin
konvekse
lense aan elke ent gemonteer was. Hierdie instrumente, waarin een
lens
die beeld vergroot wat deur die ander lens gevorm word, word 'n samegestelde mikroskoop genoem.
Ongelukkig kon die lense nooit akkuraat genoeg gemaak word nie, en dit het 'n uiters nadelige uitwerking gehad op die beeld wat met hulle verkry kon word. Van Leeuwenhoek het 'n manier ontdek om klein, maar baie akkurate lense met 'n hoe vergrotingsvermoe te slyp. Hy was in staat om met een enkele lens, of
eenvoudige mikroskoop
meer waar te neem as diegene wat met die samegestelde instrumente gewerk het. Die
eenvoudige mikroskoop
ken ons vandag as die gewone
vergrootglas
.
[1]
Gedurende sy leeftyd het Van Leeuwenhoek oor die 500 optiese lense gebruik. Hy het ook meer as 400 verskillende soorte mikroskope gemaak, waarvan net 9 nog bestaan. Sy mikroskope het uit
silwer
of
koper
raamwerk bestaan wat lense in posisie gehou het. Die wat nog oorgebly het na al die jare, kan tot 275 keer vergroot. Daar word vermoed dat van Leeuwenhoek se mikroskope tot 500 keer kan vergroot.
Van Leeuwenhoek het sy waarnemings en ontdekkings in die vorm van handgeskrewe briewe op skrif gestel. Die meeste van die briewe (ongeveer 350) was gerig aan die
Royal Society
in
Londen
, 'n vereniging wat in
1662
deur 'n aantal Engelse geleerdes tot stand gebring is om kennis oor die natuur te bevorder. Van Leeuwenhoek het die briefwisseling van
1673
tot met sy dood vyftig jaar later volgehou. Sedert
1680
was van Leeuwenhoek amptelik lid van die Royal Society en is sy mededelings in die genootskap se tydskrif,
Philosophical Transactions
, gepubliseer. Omdat Van Leeuwenhoek net Nederlands magtig was, moes sy briewe in Engels vertaal word. Hy het sy beskrywings dikwels met enkele afbeeldings geillustreer en het ook noukeurige gegewens oor afmetings en so meer verskaf.
Teen die einde van die
17de eeu
, het Leeuwenhoek feitlik 'n monopolie op mikroskopiese studie en ontdekking geniet.
Robert Hooke
, sy tydgenoot en 'n vroee pionier in mikroskopie, was daaroor beswaard dat die veld tot so 'n mate op een man se skouers gerus het.
[2]
Vele bekendes het oor die jare by Leeuwenhoek besoek afgele, insluitende Russiese Tsar
Pieter die Grote
.
Tot sy gaste se teleurstelling, het Leeuwenhoek geweier om die nuutste mikroskope te vertoon waarop sy nuutste ontdekkings gerus het, en het eerder vir sy besoekers gemiddelde lense vertoon.
[3]
As 'n ervare besigheidsman, het Leeuwenhoek besef dat, indien sy eenvoudige metode om die lense te vervaardig bekend sou word, die wetenskaplike gemeenskap heelwaarskynlik sy rol in die mikroskopie sou minag of vergeet.
Hy het daarom die indruk geskep dat hy sy nagte en vrye tyd gespandeer het in die slyp van kleiner en kleiner lense, ten spyte van die feit dat hy honderde mikroskope gebou het, en die gewoonte gehad het om 'n nuwe mikroskoop te bou wanneer ookal hy 'n interessante monster gevind het wat hy wou preserveer.
-
Antony van Leeuwenhoek
-
Plaque
-
Posseel