in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Gunther Beckstein
(*
23 November
1943
in Hersbruck) is 'n
Duitse
politikus
(CSU). Van
9 Oktober
2007
tot
1 Oktober
2008
was hy die
Beierse
ministerpresident. In sy vorige diens, onder
Edmund Stoiber
, was hy die Beierse minister van binnelandse sake, vir 'n termyn van 14 jaar.
Nadat Beckstein in
1962
sy
matriek
verwerf het aan die Willstatter-Gimnasium in
Neurenberg
, studeer hy aan die universiteite in
Erlangen
en
Munchen
in die regswetenskap. Vanaf
1971
tot
1988
het Beckstein 'n prokureurskantoor bedryf. In
1975
volg sy doktorsgraad in Erlangen met sy proefskrif getiteld "Der Gewissenstater im Strafrecht und Strafprozeßrecht" op die vakgebied van die regswetenskap.