한국   대만   중국   일본 
Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede - Wikipedia Gaan na inhoud

Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede
Terres australes et antarctiques francaises ( Frans )
Vlag van die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede Wapen van die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede
Vlag Wapen
Nasionale leuse : Liberte, egalite, fraternite
( Frans vir: "Vryheid, Gelykheid, Broederskap")
Volkslied : Marseillaise
Ligging van die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede
Hoofstad Sint Pierre op Reunion a

43°S 67°O  /  43°S 67°O  / -43; 67

Grootste stad Port-aux-Francais
Amptelike tale Frans ( de facto )
Regering
? President
? Prefek
Franse oorsese gebied
Emmanuel Macron
Cecile Pozzo di Borgo
Onafhanklikheid

1955
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
439 781 km 2  
169 800 myl 2
feitlik niks
Bevolking
 - -skatting
 - Digtheid
 
140 ( - )
/ km 2
Geldeenheid Euro (€) ( EUR )
Tydsone
 - Somertyd
( UTC +4 , +5 , +10 )
nie toegepas nie ( UTC +4 , +5 , +10 )
Internet-TLD .tf
Skakelkode +262
a. Hoofkantoor, nie geografies toegewys nie

Die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede ( Frans : Territoire des Terres australes et antarctiques francaises of Terres australes et antarctiques francaises ook T.A.A.F. of TAAF ) is antarktiese , vulkaniese eilande in die suidelike Indiese Oseaan , suid van Afrika en omtrent ewe ver van Afrika, Antarktika , en Australie . Die Franse suidelike lande en see is in 2019 deur Unesco as 'n werelderfenisgebied gelys.

Administrasie [ wysig | wysig bron ]

Ligging van die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede

Die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede is deel van die oorsese gebiede van Frankryk ( Frans : territoire d'outre-mer ).

Dit is sedert 1955 'n oorsese gebied van Frankryk . Dit is te vore vanuit Parys deur 'n administrateur superieur , bygestaan deur 'n sekretaris-generaal, bestuur; sedert Desember 2004 word dit egter deur 'n prefet (tans Michel Champon ), met hoofkantoor in Sint Pierre op Reunioneiland bestuur. Die "hoofstad" (hoofbasis) van die gebied is Martin-de-Vivies op Ile Amsterdam .

Die gebied word in vyf distrikte verdeel:

'n Distrikshoof, wat magte soortgelyk aan die van 'n Franse burgemeester het (insluitend die opneem van geboortes en sterftes en as 'n offisier van die polisie optree), staan aan die hoof van elke distrik.

Omdat daar geen permanente bevolking is nie is daar nie 'n verkose raad nie en stuur die gebied nie verteenwoordigers na die nasionale parlement nie.

Verskeie lande erken nie die Franse aanspraak op " Adelieland " nie en Frankryk se gebiedsaanspraak is opgeskort volgens die voorwaardes van die Antarktiese Verdrag .

Sedert 2007 is die insluiting van die Verspreide Eilande in die Indiese Oseaan (Frans: Iles Eparses ) in die TAAF deur die Franse regering ingestel.

Geografie [ wysig | wysig bron ]

Kaart wat die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede vertoon

Die gebied sluit Ile Amsterdam , Ile Saint-Paul , Iles Crozet , en Iles Kerguelen in die suidelike Indiese Oseaan naby 43°S, 67°E, in asook die Franse sektor van Antarktika, Terre Adelie , wat deur die Franse ontdekkingsreisiger Jules Dumont d'Urville na sy vrou vernoem is.

Die "Terre Adelie" van ongeveer 432 000 km² en die eilande, in totaal 7781 km², het geen inheemse bevolking nie, alhoewel daar in 1997 omtrent 100 navorsers waarvan die getalle tussen die winter en sommer wissel.

Ile Amsterdam en Ile Saint-Paul is gebluste vulkane ; die hoogste punt in die gebied is Mont Ross op Iles Kerguelen teen 1850 meter. Daar is geen aanloopbane op die eilande nie en die 1232 kilometer kus lyn het geen hawens nie, slegs ankerplekke in die see.

Die eilande in die Indiese Oseaan word bedien deur 'n spesiale skip, Marion Dufresne , wat uit Le Port in Reunion vaar. Terre Adelie word deur die Astrolabe bedien wat uit Hobart in Tasmanie vaar.

Die gebied het 'n handelsvloot wat (in 1999 ) 2 892 911 GRT / 5 165 713 DWT bedrae, insluitend sewe massavragskepe, vyf vragskepe, tien chemiese tenkskepe, nege houervragskepe, ses six liquified gas carriers , 24 petroleumtenkskepe, een verkoelde vragskip, en ry-op-ry-afveerbotes. Die vloot word in stand gehou as 'n onderafdeling van die Franse register wat skepe in Franse besit toelaat om onder meer gunstige belasting en bemannings regulasie bedryf te word as wat onder die hoof Franse register moontlik is. Die register is egter besig om uit te sterf as gevolg van die skepping van die RIF (Registre International Francais).

Distrikte INSEE-Code Hoofstad Bevolking (1) Oppervlakte
[km²]
Eksklusiewe Ekonomiese Sone
[km²]
Sint-Pauleiland en Amsterdameiland 98411 Martin-de-Vivies-Station (4) 29 66 502.533
Kergueleneilande 98412 Port-aux-Francais (4) 60 7.215 563.869
Crozeteilande 98413 Alfred-Faure-Station (4) 18 352 567.475
Adelieland (2) 98414 Dumont-d’Urville-Station (4) 33 432.000 ?
Verspreide Eilande in die Indiese Oseaan (3) 98415 Sint Pierre (5) 56 44 640.400
TAAF totaal 984 Sint Pierre (5) 206 439.677 2.274.277

Ekonomie [ wysig | wysig bron ]

Die onbewoonde Europa-eiland in die Mosambiekkanaal is 'n natuurreservaat

Die gebied se natuurlike hulpbronne is beperk tot vis en kreef ; ekonomiese aktiwiteit is beperk tot die bediening van die meteorologiese en geofisiese navorsingstasies en Franse of ander vissersvlote.

Die hoof vissoorte is Patagoniese tandvis en kreef . Beide word deur buitelandse vlote gestroop; daarom partolleer die Franse Vloot , en soms ander dienste, die omgewing en word stroperskepe gearresteer. Sulke arrestasies het groot boetes en/of die in beslag neem van die skip tot gevolg.

Frankryk het te vore lisensies aan buitelandse visserye vir die vang van Patagoniese tandvis verkoop; maar as gevolg van oor bevissing, word dit nou beperk tot 'n klein aantal visserye van Reunion.

Die gebied se jaarlikse inkomste is omtrent $18 miljoen.

Marion Dufresne kan gasheer speel tot 'n klein aantal kommersiele toeriste wat die eilande kan beoek as die skip daar aandoen.

Allerlei [ wysig | wysig bron ]

Die gebied se datakode is FS en sy ISO 3166-1 landkode is TF (met Internet -topvlakdomein .tf ).

Sien ook [ wysig | wysig bron ]

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]

  • ( en ) Toerisme-inligting oor French Southern and Antarctic Lands op Wikivoyage
  • ( fr ) TAAF Amptelike webwerf
  • ( en ) ( fr ) Amptelike Unesco-bladsy
  • ( en ) "French Southern and Antarctic Lands" . Central Intelligence Agency . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Desember 2018 . Besoek op 8 Julie 2019 .
  • ( en ) "French Southern and Antarctic Territories" . Encyclopædia Britannica . Besoek op 8 Julie 2019 .
  • Discoverfrance ? Southern & Antarctic Territories
  • Discoverfrance ? Crozet Archipelago
  • Discoverfrance ? Kerguelen Archipelago
  • Discoverfrance ? Terre Adelie
Die departements van Frankryk ( Departements francais )
Metropolitaanse Frankryk ( France metropolitaine

01  Ain  | 02  Aisne  | 03  Allier  | 04  Alpes-de-Haute-Provence  | 05  Hautes-Alpes  | 06  Alpes-Maritimes  | 07  Ardeche  | 08  Ardennes  | 09  Ariege  | 10  Aube  | 11  Aude  | 12  Aveyron  | 13  Bouches-du-Rhone  | 14  Calvados  | 15  Cantal  | 16  Charente  | 17  Charente-Maritime  | 18  Cher  | 19  Correze  | 2A  Corse-du-Sud  | 2B  Haute-Corse  | 21  Cote-d'Or  | 22  Cotes-d'Armor  | 23  Creuse  | 24  Dordogne  | 25  Doubs  | 26  Drome  | 27  Eure  | 28  Eure-et-Loir  | 29  Finistere  | 30  Gard  | 31  Haute-Garonne  | 32  Gers  | 33  Gironde  | 34  Herault  | 35  Ille-et-Vilaine  | 36  Indre  | 37  Indre-et-Loire  | 38  Isere  | 39  Jura  | 40  Landes  | 41  Loir-et-Cher  | 42  Loire  | 43  Haute-Loire  | 44  Loire-Atlantique  | 45  Loiret  | 46  Lot  | 47  Lot-et-Garonne  | 48  Lozere  | 49  Maine-et-Loire  | 50  Manche  | 51  Marne  | 52  Haute-Marne  | 53  Mayenne  | 54  Meurthe-et-Moselle  | 55  Meuse  | 56  Morbihan  | 57  Moselle  | 58  Nievre  | 59  Nord  | 60  Oise  | 61  Orne  | 62  Pas-de-Calais  | 63  Puy-de-Dome  | 64  Pyrenees-Atlantiques  | 65  Hautes-Pyrenees  | 66  Pyrenees-Orientales  | 67  Bas-Rhin  | 68  Haut-Rhin  | 69  Rhone | 70  Haute-Saone  | 71  Saone-et-Loire  | 72  Sarthe  | 73  Savoie  | 74  Haute-Savoie  | 75  Parys  | 76  Seine-Maritime  | 77  Seine-et-Marne  | 78  Yvelines  | 79  Deux-Sevres  | 80  Somme  | 81  Tarn  | 82  Tarn-et-Garonne  | 83  Var  | 84  Vaucluse  | 85  Vendee  | 86  Vienne  | 87  Haute-Vienne  | 88  Vosges  | 89  Yonne  | 90  Territoire de Belfort  | 91  Essonne  | 92  Hauts-de-Seine  | 93  Seine-Saint-Denis  | 94  Val-de-Marne  | 95  Val-d'Oise  |  
Oorsese departements ( Departements d’outre-mer
971  Guadeloupe  | 972  Martinique  | 973  Frans-Guyana  | 974  Reunion  | 976  Mayotte  
Andere oorsese gebiede :  
Oorsese kollektiewe gebiede ( Collectivites d’outre-mer
Saint-Martin ( collectivite territoriale ) | 975  Sint Pierre en Miquelon ( collectivite territoriale ) | Sint Bartholomeus? ( collectivite territoriale ) | 986  Wallis en Futuna ( territoire ) | 987  Frans-Polinesie ( pays d’outre-mer )  
Spesiaal statuut ( Statut specifique
Nieu-Kaledonie  
Onbewoonde gebiede ( Territoires inhabites
Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede | Clipperton

Die administratiewe verdeling van Frankryk: Regions - Departements - Arrondissemente - Kantons - Communes