Frans-Polinesie
(
Frans
:
Polynesie francaise
,
Tahitiaans
:
Porinetia Farani
), die voormalige
Frans-Oseanie
, is ’n
oorsese gebied
van
Frankryk
in die
Stille Oseaan
en
Oseanie
wat tot
Polinesie
behoort. Frans-Polinesie bestaan uit 5
argipels
met 118 geologies verspreide
eilande
en
atolle
. Dit het ’n oppervlakte van 4 167 km² in ’n gebied van 4 000 000 km² en het in 2012 ’n bevolking van 268 270 gehad.
Frans-Polinesie le noordoos van
Nieu-Seeland
, oos van die
Cookeilande
, suidoos van
Kiribati
en wes van die
Pitcairneilande
. Die hoofeiland is
Tahiti
, met die hoofstad en grootste stad
Papeete
. Die
Mururoa
-ringeiland is veral bekend vir Franse
kernwapentoetse
.
Die gebied word in vyf eilandgroepe verdeel: die
Geselskapseilande
(wat uit die
Bowindse
en
Benedewindse Eilande
bestaan), die
Tuamotu-argipel
,
Gambier-
,
Marquesas-
en
Austraaleilande
. Van die 118 eilande en atolle word 67 bewoon.
Tahiti
, wat onder die Geselskapseilande val, is die digs bevolkte eiland en die setel van die gebied se hoofstad,
Papeete
. Dit het meer as 68% van die eilande se bevolking. Hoewel
Clippertoneiland
nie ’n integrale deel van die gebied is nie, is dit tot in 2007 van Frans-Polinesie af bestuur.
Na die
Groot Polinesiese Migrasie
het
Europese
ontdekkingsreisigers Frans-Polinesie op verskeie geleenthede besoek. Handelaars en walvisvangers het ook die eilande aangedoen. Frankryk het die gebied in 1842 oorgeneem en ’n Franse
protektoraat
gestig met die naam Franse Nedersettings in Oseanie (
Etablissements francais d'Oceanie, EFO)
.
In 1946 het dit ’n oorsese gebied geword en het Polinesiers
stemreg
gekry. In 1957 is die
EFO
hernoem tot Frans-Polinesie. Sedert 28 Maart 2003 is dit ’n oorsese kollektiwiteit van die Franse Republiek en in 2004 het dit administratiewe outonomiteit gekry.
[4]
Frans-Polinesie is een van die laaste plekke op aarde wat bewoon geraak het. Wetenskaplikes glo die
Groot Polinesiese Migrasie
het omstreeks
1500 v.C.
plaasgevind toe
Austronesiers
eilande in die suidelike Stille Oseaan gaan soek het deur
sterre
vir
navigasie
te gebruik. Die eerste eilande wat bewoon was, is die Marquesaseilande, omstreeks
200 v.C.
Daarna het die Polinesiers suidweswaarts migreer en die Geselskapseilande omstreeks
300 n.C.
betrek.
[5]
Kontak met die eerste Eurpeers het in 1521 plaasgevind toe die ontdekkingsreisiger
Ferdinand Magellaan
, in diens van die
Spaanse kroon
, Puka Puka in die
Tuamotu-argipel
gesien het. In 1772 het die
Nederlander
Jacob Roggeveen
op
Bora Bora
in die Geselskapseilande afgekom.
Die
Britse
ontdekkingsreisiger
Samuel Wallis
het Tahiti in 1767 besoek, die
Fransman
Louis Antoine de Bougainville
in 1768 en die Brit
James Cook
in 1769.
[5]
In 1772 het die onderkoning van
Peru
, Manuel de Amat y Junient, ’n paar ekspedisies na Tahiti gereel onder aanvoering van
Domingo de Bonechea
, wat die eerste Europeer was wat al die groot eilande anderkant Tahiti verken het.
[6]
’n Spaanse nedersetting is in 1774 vir ’n kort ruk gevestig
[5]
en kaarte het die naam
Isla de Amat
vertoon, ter ere van onderkoning Amat.
Christelike
sendelinge het op die eilande begin aankom.
Protestante
van die
Londense Sendinggenootskap
het hulle in 1797 permanent in Polinesie gevestig.
Koning
Pomare II
moes in 1803 na
Moorea
vlug; hy en sy onderdane is in 1812 gekersten. Franse
Katolieke
sendelinge het in 1834 op Tahiti begin aankom; hul verbanning in 1836 het daartoe gelei dat Frankryk in 1838 kanonneerbote daarheen gestuur het. In 1842 is Tahiti en
Tahuata
tot ’n Franse protektoraat verklaar om Katolieke sendelinge in staat te stel om onverhinderd te werk. Die hoofstad, Papeete, is in 1843 gestig. In 1880 het Frankryk Tahiti geannekseer en die status verander van ’n protektoraat na ’n kolonie.
Die verskillende eilandgroepe is eers in 1889 verenig met die vestiging van ’n Franse protektoraat.
[7]
In die 1880s het Frankryk beslag gele op die Tuamotu-argipel, wat voorheen aan die
Pomare-dinastie
behoort het, sonder om dit amptelik te annekseer. Nadat dit Tahuata in 1842 ’n protektoraat gemaak het, het hulle al die Marquesaseilande as Frans beskou. In 1885 het Frankryk ’n goewerneur en algemene raad aangestel en so die administrasie vir ’n kolonie gevestig. Die eilande
Rimatara
en
Rurutu
het in 1888 vergeefs Britse beskerming gevra, en is dus in 1889 deur Frankryk geannekseer. Die gebied se eerste amptelike naam was Nedersettings in Oseanie, en in 1903 is dit verander na Franse Nedersettings in Oseanie.
[8]
In 1946 het Polinesiers Franse burgerskap gekry en die eilande se status is verander na oorsese gebiede; in 1957 is die naam verander na Frans-Polinesie.
In 1962 het Frankryk se vorige kerntoetsterrein,
Algerie
, onafhanklik geword en die Moruroa-atol in die Tuamotu-argipel is gekies as die nuwe toetsterrein; toetse is van 1974 af daar uitgevoer.
[9]
In 1977 is gedeeltelike interne outonomie aan Frans-Polinesie toegeken, en in 1984 is die outonomie uitgebrei. Frans-Polinesie het in 2003 ’n volle oorsese kollektiewe gebied van Frankryk geword.
[10]
In September 1995 het Frankryk wydverspreide besware laat opklink toe hy kerntoetse by die Fangataufa-atol hervat na ’n moratorium van drie jaar. Die laaste toets was op 27 Januarie 1996. Op 29 Januarie 1996 het Frankryk aangekondig hy sal nie meer kernwapens toets nie.
[11]
Tussen 1946 en 2003 het Frans-Polinesie die status "oorsese gebied" (
Frans
:
territoire d'outre-mer
) gehad. In 2003 het dit ’n "oorsese kollektiewe gebied" (
collectivite d'outre-mer
) geword en in 2004 ’n "oorsese land binne die Republiek" (
pays d'outre-mer au sein de la Republique
, maar sonder ’n geregtelike aanpassing van sy status.
Administratiewe afdelings
[
wysig
|
wysig bron
]
Frans-Polinesie het vyf administratiewe onderafdelings (
subdivisions administratives
):
- Marquesaseilande (
subdivision administrative des (Iles) Marquises
)
- Benedewindse Eilande (in die Geselskapseilande;
subdivision administrative des Iles Sous-le-Vent
)
- Bowindse Eilande (in die Geselskapseilande;
subdivision administrative des Iles du Vent
)
- Tuamotu-Gambier (die Tuamotus-argipel en Gambiereilande;
subdivision administrative des (Iles) Tuamotu-Gambier
)
- Austraaleilande (insluitende die Basseilande;
subdivision administrative des (Iles) Australes
)
Volgens die 2012-sensus was die bevolking 268 270, van wie 68,5% op Tahiti gewoon het.
[12]
Die stedelike gebied van Papeete het 133 627 inwoners gehad.
Met die 2007-sensus is 87,3% van mense wat in Frans-Polinesie gewoon het daar gebore, 9,3% in metropolitaanse Frankryk, 1,4% in oorsese Frankryk buite Frans-Polinesie en 2% in ander lande.
[13]
Met die 1988-sensus, die laaste keer dat mense oor hul etnisiteit uitgevra is, was 66,5% van die bevolking etnies ongemengde Polinesiers, 7,1% etnies gemengde Polinesiers, 11,9% Europees (meestal Frans), 9,3% van gemengde Franse en Polinesiese herkoms en 4,7%
Oos-Asiaties
(meestal
Chinees
).
[14]
1907
|
1911
|
1921
|
1926
|
1931
|
1936
|
1941
|
1946
|
1951
|
1956
|
30 600
|
31 900
|
31 600
|
35 900
|
40 400
|
44 000
|
51 200
|
58 200
|
63 300
|
76 323
|
1962
|
1971
|
1977
|
1983
|
1988
|
1996
|
2002
|
2007
|
2012
|
2016
|
84 551
|
119 168
|
137 382
|
166 753
|
188 814
|
219 521
|
245 516
|
259 596
|
268 270
|
285 735
[2]
|
Amptelike syfers van vorige sensusse.
[12]
[15]
[16]
[17]
|
Frans
is die enigste ampstaal in Frans-Polinesie,
[18]
hoewel
Tahitiaans
en ander Polinesiese tale volgens ’n wet van 1996 "gepraat mag word". Op die vraag met die 2007-sensus watter taal die meeste tuis gepraat word, het 68,5% van die mense van 15 en ouer geantwoord Frans; 24,2% Tahitiaans; 2,6% Marquesaans; 1,5% Tuamotuaans; 1,3% een van die Australiese tale; 1% ’n Chinese dialek; en 0,9% ’n ander taal.
[19]
Altesaam 94,7% van mense van 15 of ouer kon Frans praat, lees en skryf, terwyl net 2% geen kennis van die taal gehad het nie.
[19]
Altesaam 86,4% het die een of ander kennis van ’n Polinesiese taal gehad, terwyl 13,6% geen kennis gehad het nie.
[19]
Die grootste deel van die bevolking is
Christene
: 54% behoort tot verskeie
Protestantse kerke
, veral die Maoi Protestantse Kerk;
[20]
30% is
Rooms-Katoliek
. Die
Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae
het in 2012 altesaam 21 884 lede gehad.
[21]
Daar was in 2014 sowat 3 000
Jehovah se Getuies
in Tahiti.
[22]
- ↑
"R1- Population sans doubles comptes, des subdivisions, communes et communes associees de Polynesie francaise, de 1971 a 1996"
(in Frans). ISPF. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 14 November 2012
. Besoek op
1 September
2014
.
- ↑
2,0
2,1
"Total Population - Both Sexes"
.
World Population Prospects, the 2015 Revision
(in Engels). United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division, Population Estimates and Projections Section. Julie 2015.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 15 Maart 2017
. Besoek op
1 Junie
2016
.
- ↑
3,0
3,1
"COMPTES ECONOMIQUES 2008 ? Polynesie francaise"
(in Frans). ISPF. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 13 November 2013
. Besoek op
1 September
2014
.
- ↑
"Les statuts de la Nouvelle-Caledonie et de la Polynesie"
(in Frans).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2020
. Besoek op
17 Desember
2015
.
- ↑
5,0
5,1
5,2
Ganse, Alexander.
"History of Polynesia, before 1797"
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 27 Julie 2018
. Besoek op
20 Oktober
2007
.
- ↑
Kirk, Robert K.
Paradise Past: The Transformation of the South Pacific, 1520-1920
. Besoek op
5 Mei
2013
.
- ↑
Ganse, Alexander.
"History of French Polynesia, 1797 to 1889"
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 31 Augustus 2018
. Besoek op
20 Oktober
2007
.
- ↑
Ganse, Alexander.
"History of French Polynesia, 1889 to 1918"
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 17 September 2019
. Besoek op
20 Oktober
2007
.
- ↑
Ganse, Alexander.
"History of Polynesia, 1939 to 1977"
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 30 Augustus 2018
. Besoek op
20 Oktober
2007
.
- ↑
Frans-Polinesie
Geargiveer
15 Mei 2016 op
Wayback Machine
by die
CIA World Factbook
Geargiveer
10 Mei 2013 op
Wayback Machine
. URL besoek op 25 September 2012.
- ↑
Whitney, Craig R (30 Januarie 1996).
"France Ending Nuclear Tests That Caused Broad Protests"
.
The New York Times
. Besoek op
20 Oktober
2007
.
- ↑
12,0
12,1
"Population des communes de Polynesie francaise"
(in Frans). INSEE.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 19 September 2018
. Besoek op
1 September
2014
.
- ↑
Institut Statistique de Polynesie Francaise (ISPF).
"Recensement 2007 ? Migrations : Chiffres cles"
(in Frans). Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 8 September 2009
. Besoek op
15 November
2008
.
- ↑
Mees onlangse etniese sensus, in 1988.
"Frontieres ethniques et redefinition du cadre politique a Tahiti"
(PDF)
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
(PDF)
op 26 Maart 2009
. Besoek op
31 Mei
2011
.
- ↑
"Population des communes de Polynesie francaise au RP 2007"
(in Frans). INSEE.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 19 September 2018
. Besoek op
13 Oktober
2013
.
- ↑
"Population statistique des communes et communes associees aux recensements de 1971 a 2002"
(in Vietnamees). ISPF. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 18 Desember 2012
. Besoek op
13 Oktober
2013
.
- ↑
Censuses from 1907 to 1962 in Population, 1972, #4?5, pp. 705?706, published by INED
- ↑
Le tahitien reste interdit a l'assemblee de Polynesie
Geargiveer
23 Oktober 2010 op
Wayback Machine
, RFO, 6 Oktober 2010
- ↑
19,0
19,1
19,2
Institut Statistique de Polynesie Francaise (ISPF).
"Recensement 2007 ? Langues : Chiffres cles"
(in Frans). Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 13 November 2012
. Besoek op
13 Oktober
2013
.
- ↑
"126th Maohi Protestant Church Synod to last one week"
.
Tahitipresse
(in Portugees). 26 Julie 2010.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 8 November 2017
. Besoek op
31 Desember
2011
.
- ↑
LDS Newsroom Statistical Information
. Retrieved 23 September 2012.
- ↑
2015 Yearbook of Jehovah's Witnesses
. Watch Tower Society. p. 186.