in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Elio Di Rupo
(gebore
18 Julie
1951
in
Morlanwelz
,
Hainaut
) is 'n
Belgiese
skeikundige en politikus van die
Parti Socialiste (PS)
.
Sedert 13 September
2019
beklee hy vir die derde maal die amp van eerste minister van die
Waalse Gewes
.
[1]
Vanaf 6 Desember
2011
tot 11 Oktober
2014
het hy die amp van eerste minister van Belgie beklee en is opgevolg deur
Charles Michel
.
Di Rupo is die seun van
Italiaanse
immigrante en was baie jare lank afgevaardigde in die Belgiese parlement as ook 'n lid van die
Europese Parlement
gewees. Hy het as minister in die federale regering gedien. Van 1999 tot 2011 en sedert 2014 fungeer Di Rupo as voorsitter van die PS. Van 2000 tot 2018 was hy ook burgemeester van
Mons
gewees.
Elio Di Rupo, wat in Belgie vir sy vlinderdas bekend staan, dra die eretitel 'staatsminister'.
Di Rupo is een van sewe kinders van 'n Italiaanse gasarbeidergesin wat hulle in 1947 in Belgie gevestig het. Sy pa is in Julie 1952 in 'n padongeluk oorlede sodat die kinders deur hul ma in moeilike omstandighede grootgemaak moes word. Vir Elio was dit al vroeg duidelik dat hy sy toekoms slegs deur 'n goeie opleiding sou kon verseker.
Di Rupo het 'n akademiese opleiding as skeikundige ontvang en 'n doktorsgraad aan die Universite de Mons-Hainaut verwerf. Hier het Di Rupo ook 'n politieke
bewussyn
begin ontwikkel en by die Sosialistiese Party aangesluit waar hy erkenning vir sy humanistiese ideale van sosiale geregtigheid en vryheid van die indiwidu geniet.
Op 13 Februarie 1983 het Di Rupo die internasionale filmfees
Festival international du film d'amour
in die lewe geroep.