Die
Cite de Carcassonne
is 'n
middeleeuse
bouwerk in die stad
Carcassonne
in die
department
Aude
in die suide van
Frankryk
. Dit is gelee op die regteroewer van die
Auderivier
, in die suidooste van die hedendaagse stad. Die middeleeuse sitadel, waarvan die oorsprong terugdateer na Gallo-Romeinse tye, se bekendheid is te danke aan die dubbele stadsmuur van byna 3 km met twee-en-vyftig torings wat op skouspelagtige wyse oor die Audevallei uittroon. Die Cite sluit ook 'n graaflike kasteel (die
chateau comtal
) en 'n basiliek (die
basilique Saint-Nazaire
) in.
Nadat dit van vernietiging gered is, is dit in die
19de eeu
, op soms omstrede wyse, gerestoureer onder leiding van
Eugene Viollet-le-Duc
. Die Cite de Carcassonne is in
1997
deur
UNESCO
aangewys as 'n
werelderfenisgebied
. Die graaflike kasteel, die versterkings, die
dwingels
(
lices
)
[1]
en hulle torings behoort aan die staat en word bestuur deur die sentrum vir nasionale monumente van Frankryk,
[2]
terwyl die res van die Cite deel van die munisipale owerheid se eiendom is.
Die Cite de Carcassonne is gelee op die regteroewer van die
Aude
en kyk uit oor die stad
Carcassonne
wat wes daarvan le. Die stad bevind hom tussen die
Montagne Noire
en die
Pirenee
op die hoofroete tussen die
Middellandse See
en die
Atlantiese Oseaan
. Die teenwoordigheid van die twee bergreekse vorm 'n gang waarna gereeld deur klimatoloe verwys word in terme van die wind wat daardeur waai.
[3]
Die ligging is tewens 'n strategiese plek in die suide van Frankryk waarvandaan die hoofkommunikasie roetes gemonitor kan word: in die noorde die Montagne Noire, in die suide die
Corbieres
, in die weste die
Lauragaisvlakte
en in die ooste die wynbou vlakte langs die Middellandse See.
[4]
Die Cite is gebou bo aan 'n klein plato wat gevorm is deur die wyer wording van die Aude op 'n hoogte van ongeveer 150 meter bo die vallei van die
ville basse
(onderste stad).
[5]
Die eerste stadsmuur is deur die
Wesgote
gebou volgens induikings in die terrein.
[6]
Die plato, wat los staan van die Corbieres van die
commune
Palaja
teen 260 m hoog, gaan deur die Cite op 148 m en eindig in die Aude op 100 m.
[7]
Aan die weste kant is die helling styl genoeg om moeilike toegang aan aanvallers te bied. In die Ooste is die helling minder styl en laat dit toegang aan handelaars toe, maar ook aan aanvallers. Die belangrikste verdedigingsmeganismes word dus ook aan die kant van die Cite aangetref.
2500 jaar se geskiedenis
[
wysig
|
wysig bron
]
Die Cite was opeenvolgend 'n protohistoriese terrein, 'n Gallo-Romeinse sitadel, 'n Wesgotiese vesting, 'n hertogdom, daarna die setel van 'n burggraaf, en uiteindelik 'n koninklike
senechaussee
.
[8]
Daar word van elkeen van die stappe tussen die Romeinse tydperk en die einde van die
Middeleeue
getuig in die geboue waaruit die Cite bestaan.
Van die Gallo-Romeinse tydperk tot die Wesgote
[
wysig
|
wysig bron
]
Die oorblyfsels van 'n versterkte
oppidum
, oppidum Carcaso
[9]
naby die hedendaagse ligging van die Cite, is deur argeoloe ontdek. Die plek was reeds 'n belangrike handelsentrum soos getuig uit die keramiekskerwe in die styl van Kampanie (streek in Italie) en
amfora
. In ongeveer die 3de eeu v.C. het die
Volques Tectosages
besit geneem van die gebied
[10]
en die oppidum van Carcasso as vesting versterk. Plinius die Ouere noem die oppidum in sy geskrifte onder die naam
Carcaso Volcarum Tectosage
.
[11]
Hulle het toe reeds
goud
gedelf in die myn van
Salsigne
vir offerandes aan hulle god.
In 122 v.C. het die
Romeine
[12]
die gebied vreedsaam geannekseer en geitegreer in die
Gallia Narbonensis
wat in 118 v.C. geskep is. Die Romeine was reeds vir tweehonderd jaar bekend met die gebied deur hulle handelaars se omswerwing in die gebied.
[13]
Onder die
Pax Romana
het die klein Gallo-Romeinse sitadel van Carcaso, die hoof nedersetting van die kolonie Julia Carcaso geword, wat sonder twyfel te danke aan wynbou en sy ligging langs die vervoer roetes floreer het: dit is gelee langs die Romeinse heerweg wat van
Narbonne
na
Toulouse
gestrek terwyl platbodembote op die
Atax
[14]
aan die voet van die oppidum gevaar het. Laasgenoemde is uitgebrei deur afdamming van die strate en stegies volgens 'n reghoekige plan. Maar, die Cite het geen openbare terrein gehad nie nog 'n monument aan 'n kultus. Verder het daar aan die voet van die oppidum 'n agglomerasie langs die Romeinse pad ontstaan.
[15]
In die
3de eeu
was die stad, soos die res van die
Romeinse Ryk
onderworpe aan verskeie aanvalle deur die sogenaamde Barbare wat die inwoners genoodsaak het om hulle te beskerm deur 'n eerste reeks Gallo-Romeinse vestingmure. In 333 n.C. noem die teks
[16]
van 'n pelgrim die
castellum
van Carcassonne. Hierdie vestingmure is steeds sigbare in sekere dele van die stadsmure en dien as basis vir die hedendaagse stadsmuur.
[17]
Die torings Marquiere, Samson en Moulin d'Avar is gedeeltelik ongeskonde dele van die primitiewe stadsmure.
[18]
Hierdie mure het die Cite van aanvallers beskerm en ter selfde tyd toegangsbeheer oor die romeinse pad benede dit toegelaat.
Omstreeks die
5de eeu
[19]
het die
Wesgote
, een van die
Germaanse stamme
, beheer oor van Languedoc bewerkstellig, nadat hulle vir lank in Italie vertoef het. Die versterkte Cite het 'n grensstad aan die noordekant van hulle koninkryk geword, waarskynlik te danke aan die oorwinning van Ataulphe tydens sy opmars na Toulouse.
[20]
Die Cite het geleidelik 'n relatiewe stand van vrede bereik tot met die heerskappy van
Alarik II
, soos getuig in 'n groot aantal muntstukke wat die Wesgotiese monarge van die tydperk uitbeeld. In
507
is die Wesgote deur die
Franke
uit Akwwitanie verdryf maar hulle het daarin gelaag om
Septimanie
te behou wat die Cite de Carcassonne ingesluit het. In
508
het
Clovis
'n onsuksesvolle aanval teen die Wesgote geloods om die Cite de Carcassonne te bekom
[21]
,
.
[22]
In
585
het 'n nuwe aanval deur
Guntram
, koning van die Franke in
Boergondie
sukses behaal. Maar, die Wesgote het die Cite kort daarna herower en die heerser daarvan gebly tot
713
. In die loop van die
6de eeu
is Carcassonne saam met
Agde
en
Maguelonne
beleer. 'n Wesgotiese
katedraal
, waarvan die ligging nie bekend is nie, is opgerig.
[23]
In
725
het Wali Ambisa Carcassonne ingeneem nadat die Wesgotiese koninkryk van Spanje deur die More verower is. Die Cite het in die hande van die More gebly
[24]
tot
752
, die datum waarop die More deur die
Franke
onder
Pepyn die Korte
verdryf is. Dit is die voorval wat aanleiding gegee het tot die
Legende van die Dame van Carcas
.
Die aanvang van die deodale tydperk het gepaardgegaan met die uitbreiding van die stad en sy versterkings. Dit word ook gekenmerk deur die bou van die
katedraal
vanaf
1096
en die kasteel bouwerk in die
12de eeu
. Die graaflike kasteel (
chateau comtal
) het bestaan uit twee hoofgeboue waaraan daar in
1150
'n kapel toegevoeg is wat die kasteel 'n U-vorm om die binnehof gegee het. Vanaf
1240
is 'n tweede verdieping aan die kasteel aangebring.
Dit was ook die tydperk van die
grawe
van Carcassonne. Die eerste graaf wat deur die
Karolingers
aangestel was, was Bellon wat Oliba II opgevolg is. Die pligte van die graaf het die administrasie van die omgewing as graafskap van die Karolingiese Ryk behels. In die
9de eeu
, het die latynse frase
Cite de Carcassonne
gereeld in die tekste en verdar van amptenare verskyn.
[25]
In
1082
het die familie
Trencavel
besit van die stad oorgeneem, tot die verleentheid van die Huis van Barcelona wat die regmatige eienaars was het hulle 'n uitgestrekte gebied wat geloop het van Carcassonne tot by
Nimes
geannekseer.
[26]
Onder
Bernard Aton IV Trencavel
, Burggraaf van Albi, Nimes en Beziers, het die stad vooruitgang gemaak en is talle konstruksieprojekte geloods. Dit is ook in hierdie tydperk wat 'n nuwe geloof, die
Katarisme
, vastrap plek gekry het in die Languedoc. Die burggraaf van Trencavel het in 1096 toestemming verleen vir die bou van die basiliek Saint-Nazaire waarvan die materiaal deur die
Pous Urbanus II
geseen is. In
1107
het die Carcassonnais die
susereiniteit
van Bernard Aton, wat belowe het dat hy die Cite aan sy oorspronklike eienaar
Raymond Berengarius III van Barcelona
sou terugbesorg, verwerp
[27]
en het hulle beroep gedoen op die Graaf van Barcelona om hom te verjaag. Maar, met die ondersteuning van
Bertrand van Tripoli
,
Graaf van Toulouse
, het Bernard Aton beheer oor die Cite herstel. In
1120
het die Carcassonnais weereens gerebelleer. Bernard Aton het egter na 'n paar jaar die orde herstel. In
1130
het hy die konstruksie van die
chateau comtal
(graaflike kasteel) beveel, aangedui onder die term
palatium
? dus 'n
palts
[28]
? asook die herstel van die Gallo-Romeinse stadsmure. Dus is die Cite de Carcassonne omring deur sy eerste algehele vestingwerk.
In die tydperk was die stad ryk en het die bevolking tussen 3 000 en 4 000 inwoners bedra
[29]
ingesluit die inwoners van die twee burge wat onder die stadsmure ontstaan het: die burg Saint-Vincent gelee aan die noordekant en die burg Saint-Michel wat suid van die Narbonne Poort gelee was. Die stad het in
1192
'n konsulaat gekry wat bestaan het uit die
notables
en die bourgeois, gelas met die administrasie van die stad, later in
1229
is 'n
charte coutumiere
(
gewoonteregboek
) saamgestel.
In
1208
het
Pous Innocentius III
te staan gekom voor die groeiende
katarisme
en het hy 'n beroep gedoen op die baronne uit die noorde om die
Albigensiese Kruistog
uit te voer. Die Graaf van Toulouse, wat van
kettery
aangekla is, en sy hoofvasal, die burggraaf van Trencavel was die hoofteiken van die aanval. Op
1 Augustus
1209
is die Cite beleer deur die kruismag.
[30]
Raymond-Rogier Trencavel
is spoedig gevangene geneem, op
15 Augustus
in ruil vir die lewens van die inwoners. Die burge onder die stadsmure is vernietig. Die burggraaf het waarskynlik aan
disenterie
beswyk in die tronk van sy eie kasteel op
10 November
1209
.
[31]
Sommige bronne meen dat 'n sluipmoord deur Simon de Montfort georkestreer is, maar dit is nie seker nie. Die Cite het hierna gedien as die hoofkwartier van die kruistog se troepe.
[32]
Die gebied is aan
Simon de Montfort
, hoof van die kruistogleer toegeken. Laasgenoemde is in 1218 tydens die beleg van Toulouse oorlede en sy seun,
Amaury VI de Montfort
, het besit van die Cite oorgeneem, maar hy was nie in staat om die stad te bestuur nie. Hy het die regte aan die koning
Lodewyk VIII van Frankryk
toegeken, maar
Raymond VII van Toulouse
en sy
comtes de Foix
het teen hom saamgesweer. In
1224
het
Raymond II Trencavel
besit van die Cite herneem na die vlug van Amaury.
[33]
'n Tweede kruistog is deur Lodewyk VIII geloods in
1226
en Raymond Trencavel moes vlug.
[34]
Die Cite de Carcassonne het nou deel geword van die domein van die Koning van Frankryk en het die setel van 'n
senechaussee
geword. 'n Terreur tydperk het hom binne die stad afgespeel. Die jag na Katare het gelei tot die vermenigvuldiging van teregstellings per brandstapel en wilde verdoemings, met die oprigting van die Inkwisisie waarvan mens tot vandag toe die gebou binne die stadsmure kan besigtig.
Lodewyk IX
het die konstruksie van die tweede stadsmuur beveel sodat die stad lang beleerings kon weerstaan. In der waarheid was daar in die tydperk talle bedreigings in die omgewing: Raimond Trencavel, vlugteling in
Aragon
, wou nog altyd sy gebied herwin en die koning van Aragon,
Jacobus I die Oorwinnaar
, het 'n ernstige bedreiging ingehou vir in die gebied naby die grens van sy koninkryk. Verder het die konstruksie dit moontlik gemaak om die gemoedere van die bevolking te lig en hulle vertroue te wen. Die Cite het deel gevorm van die verdedigingstelsel aan die grens tussen Frankryk en Aragon. Die eerste konstruksie het die
chateau comtal
betrek wat oor die westelike muur uitgekyk het. Die is omring deur mure en torings aan die binnekant van die Cite self om die beskerming van die verteenwoordigers van die koning te verseker. Vervolgens is 'n tweede linie van vestingwerk van ongeveer een en 'n halwe kilometer met veertien torings begin bou. Hierdie muur is gebou met wagtorings aan weerskante wat die toegang van die
Aude
beheer het.
[35]
In 1240 het Raimond Trencavel met die ondersteuning van 'n aantal
seigneurs
(landhere)
[36]
gepoog om die Cite te herower. Hy het die burge langs die Auderivier beset en die hulp van die inwoners verkry wat tonnels onder hulle huise gegrawe het om onder deur die stadsmure te kan deur kom. Die dubbele muur het 'n belangrike verdedigingsrol gespeel waardeur Raimond Trencavel vertraag is. Die garnisoen gelei deur die hofmeier
[37]
Guillaume des Ormes het effektief weerstand gebied. Raimond Trencavel is spoedig gedwing om die beleg op te se en op die vlug te slaan met versterking van koning
Lodewyk IX
wat op pad was.
[38]
In
1247
doen hy voor die koning Lodewyk IX afstand van sy aansprake op die Cite.
[39]
Die Cite de Carcassonne is hiermee beslissend aan die Koninkryk van Frankryk verbind en dit is van toe af deur die
senechaux
(hofmeiers) regeer.
Van die datum af is die vesting nie weer aangeval nie, selfs nie tydens die
Honderdjarige Oorlog
. Die verbeterings en vergrotings wat gevolg het kan in drie fases gegroepeer word.
[40]
Die eerste werk het begin onmiddellik na die laaste aanval op die Cite. Dit het die herstel van die mure, gelyk maak van die
dwingels
, byvoeging van 'n tweede verdieping aan die kasteel en die bou van die toring van van die geregtigheid. Die tweede konstruksiefase het plaasgevind tydens die bewind van
Filip III
, volgens Hardi:
[41]
dit het die konstruksie van die Narbonne Poort, die toring van Tresau, die Saint-Nazaire poort en die dele van die stadsmure, asook herstelwerk aan sekere Gallo-Romeinse toring en die wagtoring van die kasteel. Die burge Saint-Vincent en Saint-Michel se stadsmure is gesloop om te vrehoed dat inwoners met aanvallers saamwerk soos wat die geval was met die laaste aanval. Die derde en laaste fase van die werk het afgespeel tydens die bewind van
Filip die Skone
en het die modernisering van die vesting behels. Verskeie dele van die stadsmure is herbou volgens meer onlangse verdedigingstegnieke. Die antieke vestingsmure aan die westekant is ook opgeknap.
In
1258
het die
Verdrag van Corbeil
die grens tussen Frankryk en Aragon naby Carcassonne, in die
Corbieres
gevestig. Lodewyk IX het afstand gedoen van sy soesereiniteit oor Katalonie en Roussillon en in 'n teengebaar het die koning van Aragon afstand gedoen van sy ambisies oor gebiede van die Languedoc. Hierna het die Cite 'n belangrike rol gespeel in die skema vir die verdediging van die grens. Dit het 'n tweede verdedigingslinie verteenwoordig agter die voorposte wat bestaan het uit die kastele
Peyrepertuse
,
Aguilar
,
Queribus
,
Puilaurens
en
Termes
waarna verwys is as die "cinq fils de Carcassonne"; die vyf seuns van Carcassonne. In die
13de eeu
was die Cite de Carcassonne een van die vestings wat die beste toegerus was in Frankryk
[42]
en het dit gedien as reserwe vir die bondgenote. Die Cite is nooit aangeval nie geen opskudding is veroorsaak toe die aantal troepe wat daar gestasioneer was geleidelik verminder is nie. Teen die einde van die
14de eeu
was die Cite nie meer in staat om die nuwe leers met buskruit te weerstaan nie. Nogtans was die sitadel se ligging steeds strategies en is 'n garnisoen in stand gehou.
[43]
Teen
1418
het die manskappe in die garnisoen oor die algemeen van 'n tweede werk gehad. In die tydperk is 'n nuwe stad, die
ville basse
(letterlike onderste stad) aan die anderkant van die Aude in die vorm van 'n
bastide
opgerig.
Weinig beduidende oorlogsgebeure het tydens die koninklike tydperk plaasgevind. In
1272
is die Graaf van Foix, 'n rebel, deur Filip III van Frankryk in die Cite de Carcassonne aangehou. In
1283
is 'n samewerkingsverdrag tussen die Koning van Frankryk en die Koning van Majorka
Jacobus I
teen
Pierre III van Aragon
aangegaan.
Pous Clemens V
het in
1305
en
1309
in Carcassonne vertoef. In
1355
het die
Swart Prins van Skotland
nie gewaag om die Cite wat te sterk verdedig is aan te val nie en moes hy tevrede wees om die
ville basse
te
plunder
.
[42]
Die Cite het in die
15de eeu
'n staatsgevangenis geword waarin die vyande van die koning soos
Jean IV d'Armagnac
aangehou is. Die
Swart Dood
het die inwoners van Carcassonne en die Cite in
1557
swaar getref. In
1585
is die Cite deur die
Hugenote
aangeval, maar hulle is afgeweer deur die "mortes-payes".
[44]
Tussen 1560 en 1630, gedurende die geloofsoorloe het die Cite 'n belangrike militere vesting vir die
Katolieke
gebly. Dit het die aanvalle van die
Protestante
weerstaan. In
1575
het die
fils du sire de Villa
gepoog om die vesting aan te val. In 1585 het die manskappe van Montmorency dieselfde gedoen maar ook hulle was onsuksesvol.
[45]
Die dood van
Hendrik III
het aanleiding gegee tot 'n konfrontasie tussen die inwoners van die
ville basse
, wat getrou was aan
Hendrik IV
, sy regmatige opvolger, en die
Hertog van Montmorency
, en die Cite wat geweier het om die nuwe koning te erken en by die katolieke Heilige Bond (
Sainte Ligue
) aangesluit het. Deur die loop van die geweldadige gevegte wat vir byna twee jaar geduur het, is die woonbuurte van die Cite wat buite die Poort van die Aude gelee was vernietig. Laasgenoemde is ommuur en die buurt van Trivalle is afgebrand. In
1592
het die inwoners van die Cite hulle egter by die nuwe koning geskaar.
[46]
Die verlating van die Cite
[
wysig
|
wysig bron
]
Die
17de eeu
het die aanvang van die verlating van die Cite aangedui. In
1657
, is die
presidial
,
[47]
die jurisdiksie van Carcassonne van die Cite na die
ville basse
verskuif.
[45]
In
1659
het die Cite de Carcassonne sy strategiese posisie verloor na die ondertekening van die
Verdrag van die Pirenee
wat Roussillon aan Frankryk hertoegeken het en die grens tussen Frankryk en Spanje op sy huidige ligging vasgestel het. Die Cite is stadigaan deur sy welgestelde inwoners verlaat en het 'n arm buurt geword wat bewoon is deur wewers. Die dwingels is geleidelik deur huise opgevul en kelders en solders is in die torings geinstalleer. Die Cite het vinnig agteruitgegaan.
Die biskoplike setel is ook in
1745
oorgedra en die katedraal Saint-Nazaire binne die Cite na die Saint-Michel-kerk in die
ville basse
.
[48]
Die
ville basse
het floreer as gevolg van die tekstielnywerheid. In
1790
is die chapitre afgeskaf en is die biskoplikee paleis en die
klooster
verkoop en daarna in
1795
vernietig. In
1794
is die argiewe van die toring Tresau in 'n vuur vernietig.
[49]
Onder die
Ancien Regime
en later onder die Rewolusie, is die Cite in militere opsig gereduseer tot die rol as arsenaal, wapenopslagplek en voedselstoor, tussen
1804
en
1820
, is dit geskrap van die lys van oorlogsplekke en verlaat; dit is in 'n sekondere kategorie geherklassifiseer.
[50]
Die
ville haute
het sy munisipale outonomie verloor en 'n
quartier
van Carcassonne geword. Die kasteel is omskep in 'n tronk.
[51]
Die leer is teen die tyd reg om afstand te doen van die Cite sodat dit afgebreek kon word en die klip herwin kon word.
Die Cite het nie net maatskaplik agteruitgegaan nie, maar ook demografies. Tussen 1819 en 1846 het die aantal inwoners met ongeveer 30% geval, van 1490 na 1351 inwoners terwyl die bevolking in die selfde tydperk in die
ville basse
gestyg het.
[52]
Die restourasie van die Cite
[
wysig
|
wysig bron
]
Die redding van die Cite
[
wysig
|
wysig bron
]
Vir die inwoners van Carcassonne het die middeleeuse Cite, gelee op 'n ontoeganklike heuwel met sy stadsmure en nou gangetjie, 'n vervalle buurt oorkant die nuwe stad gevorm deur die
bastide
Saint-Louis of
ville basse
verteenwoordig. Die inwoners se afkeur in die Cite het die agteruitgang daarvan versnel. Die torings het verval en meeste is omskep in garages, hangars en ander store. Die dwingels in geleidelik ingeneem deur die konstruksie (van die
14de eeu
af, het die owerhede 112 huise hier getel). Die vernietiging van die middeleeuse Cite is dan ook beplan.
[53]
Die Cite is van totale vernietiging gered deur
Jean-Pierre Cros-Mayrevieille
, vername persoon en historikus wat aan die voet van die Cite gewoon het. Vanaf
1835
is hy geroer deur die vernietiging van die wagtoring waarvan die klippe deur plaaslike entrepreneurs geplunder is.
[54]
Dit is te danke aan hom dat die eerste ware uitgrawings in die katedraal van die Cite plaasgevind het en die graf van die biskop Radulphe ontdek is. Die skrywer
Prosper Merimee
, inspekteur-generaal van historiese monumente,
[55]
het onmiddellik verlief geraak op die monument
en perdition
. Die argitek
Eugene Viollet-le-Duc
, wat begin het met die restaurasie van die Saint-Nazaire-kerk, is gelas om 'n studie te onderneem oor die restourasie van die Cite. In
1840
is die Saint-Nazaire-kerk binne die Cite as historiese monument beskerm. Hierdie beskerming is in
1862
tot al die stadsmure uitgebrei.
[56]
In
1853
het
Napoleon III
'n restourasie projek goedgekeur. Finansiering is 90% deur die staat verskaf en 10% deur die stad en die
conseil general
van die Aude departement. In
1855
het werk aan die wes/suidwestelike binneste stadsmuur begin, maar dit was op beskeie skaal. In
1857
is dit gevolge deur die torings van die Poort van Narbonne en die hoofingang van die Cite.
[57]
Die versterkings is hier en daar herstel, maar die meeste van die werk was aan die restourasie van die dakke van die kanteeltorings en die skuttings van die kasteel. Die onteiening en sloping van die geboue wat in die dwingels gebou is, is beveel. In
1864
het Viollet-le-Duc nog befondsing verkry om die poort van porte Saint-Nazaire en die buitenste muur aan die suidekant te restoureer. In
1874
is die toring van Tresau gerestoureer.
Eugene Viollet-le-Duc het talle sketse en ontwerpe van die Cite en sy veranderings agtergelaat.
[58]
Met sy sterfte in
1879
het sy student
Paul Boeswillwald
die werk voortgesit en na hom die argitek Henri Nodet. In
1889
is die restourasie van die binneste stadsmuur voltooi. Die restourasiewerk aan die kasteel het in dieselfde jaar begin en in
1902
is die grootste werk voltooi en is die omgewing om die Cite opgeruim en vrygestel. In
1911
is die laaste huise in die dwingels gesloop en die restourasiewerk is as voltooid beskou in
1913
.
[59]
Slegs 30% van die Cite is restourasiewerk.
[60]
Gedurende die restourasiewerk van die Cite het die priester Leopold Verguet talle foto's van die geboue en die restourasie geneem. Hierdie foto's verskaf waardevolle getuienis van die konstruksieterrein en die lewe om die Cite in die tydperk.
[61]
'n Ander fotograaf, Michel Jordy, historikus en argeoloog, het op soortgelyke wyse bygedra tot die bewaring van die Cite met sy foto's en navorsing. Hy is ook die stigter van die hotel in die Cite.
[62]
'n Omstrede restourasie
[
wysig
|
wysig bron
]
Sedert
1850
het Eugene Viollet-le-Duc se restourasies onder kritiek deurgeloop. Sy kritici, soos
Hippolyte Taine
, het uitgevaar teen die verskille tussen die nuwe dele en en die ruines wat volgens hom meer bekoring ingehou het. Ander soos Achille Rouquet of
Francois de Neufchateau
, keur die baie Gotiese styl en die sterk stempel wat Viollet-le-Duc op die veranderinge afgedruk het.
[63]
Vandag wys historici veral op die foute wat die restourateurs gemaak het.
Joseph Poux
veroordeel veral die swak wyse waarop die deure en vensters van die Wesgotiese toring herstel is en die
breteche
van die Audepoort.
Maar dit was veral die keuse wat gemaak is in terme van die herstel van die dakke wat die sterkste kritiek uitgelok het.
[64]
Viollet-le-Duc
, met sy ondervinding in die restourasie van kastele in die noorde van Frankryk, het 'n hoe keel vormige met leiklip bekte vorm vir die torings gekies, in kontras met die Romeinse platdakke en die platdakke van ander kastele in die omgewing. Die keuse het 'n historiese logika aangesien Simon de Monfort en sy mede ridders wat aan die
croisade des Albigeois
deelgeneem het uit die noorde afkomstig was. Dit is dus nie onmoontlik dat hierdie "noordelikes" hulle eie argitekte en tegnieke saam gebring het nie. Verder het Viollet-le-Duc op talle leiklip fragmente tydens die restourasie van die Cite afgekom. Dit is waarom mens vandag verskillende tipes dakke in die Cite de Carcassonne te siene kry.
[65]
Die ophaalbrug by die ingang van die Narbonne Poort aangebou is word net so aangegee as 'n foutiewe restourasie. Verder word sommige restourasies as te perfek beskou wat die afbreuk doen aan die outentiekheid daarvan.
[60]
Nogtans word die werk wat deur die Eugene Viollet-le-Duc verrig is, ten spyte van sy foute, as 'n merkwaardige argitektoniese werk
[66]
wat dit vir besoekers moontlik maak om 'n koherente, indien nie altyd getroue, blik op die Cite de Carcassonne te kry. Dus bewaar die restuarsiewerkveldtogte van vandag die werk wat aan die oorsonklike gebou gedoen is aangesien dit deel vorm van die geskiedenis van die monument. Violet le duc word dan ook as 'n held van die mense van Carcassonne beskou.
Panoramauitsig oor die vestingstad Carcassonne en die
Pont Vieux
brug oor die
Aude
In
1903
is beheer oor die Cite van die Ministerie van Oorlog oorgeplaas na die Ministerie van Skone Kunste
[67]
en in
1918
, het die leer die Cite de Carcassonne finaal verlaat.
[68]
In
1920
is die Hotel de la Cite binne die die Cite tussen die chateau comtal en die Saint-Nazaire katedraal opgerig. Die neo-gotiese konstruksie het talle besware uitgelok.
[69]
In
1926
is die beskerming van die historiese monumente uitgebrei deur die klassifikasie van terrein by die oorblyfsels van die
barbacane de l'Aude
, die
acces
en die Aude-poort, asook die
Grand Puits
(Groot Put). In
1942
is die klassifikasie verder uitgebrei met die toevoeging van die omgewing rondom die Cite.
[56]
Die uitbreiding het dit moontlik gemaak om onmiddellike omgewing te beskerm en bouwerk daar te verhoed.
In
1944
is die Cite de Carcassonne deur Duitse troepe beset wat die die chateau comtal as ammunisie- en plofstofstoor gebruik het. Die inwoners is uit die Cite geban. Joel Bousquet, kommandeur van die
legion d'honneur
, was hoogs verontwaardig oor die besetting en het per brief aan die prefet aangedring op die bevryding van die Cite wat wereldwyd as 'n kunswerk beskou is respek betoon moes word en vry gelaat moes word.
[70]
In
1961
is 'n museum in die chateau comtal ingerig. Daarna, in 1997, is die Cite deur
UNESCO
as 'n
Werelderfenisterrein
geklassifiseer. Vandag is die Cite 'n belangrike toeriste bestemming wat meer as 2 miljoen besoekers per jaar ontvang.
[71]
Die klassifikasie het die staat toegelaat om subsidies aan te wend vir die instandhouding van die terrein. Aan die anderkant moet hulle die argitektuur eerbiedig in die omgewing van bouwerk of restourasie en die Cite vir besoekers oopstel. Historiese monumente (
monuments historiques
) beheer besoeke en bestuur die chateau comtal. Hulle het onlangs die besoekersroete gerestoureer in 2006 en 2007 'n projeksiekamer en nuwe aanwysings aangebring.
[72]
Argitektuur van die Cite
[
wysig
|
wysig bron
]
Die militere aard van die Cite de Carcassonne het die argitektuur daarvan sterk beinvloed. Die Cite se verdedigingstelsel is uitsonderlik in treme van die dimansies daarvan, kompleksiteit en die gehalte van die bewaring.
[73]
Dit is die grootste vestingswek in Europa.
Die uitsonderlike dele van die Cite bestaan uit die twee vestingmure en verskeie geboue. Die plan na links dui die ligging van die geboue wat in die onderstaande afdelings beskryf word aan. Die binneste vestingmuur en die poorte word in rooi aangedui terwyl die buitenste muur en die wagtorings in geel aangedui word:
- 1 ? Narbonne-Poort en Saint-Louis-wagtoring,
- 2 ? Saint-Nazaire-poort en -wagtoring,
- 3 ? Aude-Poort,
- 4 ? Porte du Bourg en Notre-Dame-wagtoring,
- 5 ? Chateau comtal omring deur 'n grag en langs die binneste vestingmuur opegrig,
- 6 ? Wagtoring in die ooste wat die ingang tot die chateau beskerm,
- 7 ? Die Aude-Wagtoring wat vandag vernietig is,
- 8 ? Saint-Nazaire kerk.
Die vestingmure en torings
[
wysig
|
wysig bron
]
Die materiaal wat vir die konstruksie van die vestingmure en torings gebruik is die klip waaruit die plato bestaan waarop die Cite opgerig is. Dit is sandsteen of Molasse van Carcassonne wat uit die plato self of uit omliggende heuwels ontgin is.
[74]
Die twee vestingmure wat die Cite omring word geskei deur 'n plat ruimte: die dwingels. Die stelsel het op die stadium toe dit opgerig is, voor algemene gebruik van artillerie, verskeie verdedigingsvoordele. Dit het dit moontlik gemaak om aanvallers uit twee skootslyne aan te val; die buitenste vestingmuur, sou hulle daarin slaag om dit te oorkom, het die aanvallers vertraag en hulle verdeel; die aanvallers wat die dwingels bereik het was besonder kwesbaar in die ruimte sonder bome of ander skuiling. Verder het die die dwingels dit vir berede soldate maklik gemaak om te veg.
[35]
Daar word 'n onderskeid getref tussen die onderste diwngels, die
lices basses
, wat in die noorde gelee is en van die Narbonne-Poort tot by die Aude-Poort loop waar die oudste dele van die vestingmure uit die tydperk van die
Wesgote
aangetref word, en die boonste dwingels, die lices hautes, wat in die suide gelee is, waar die dele van die vestingmuur wat mees onlangs, onder Philippe III le Hardi, gebou is aangetref is.
[75]
Die Gallo-Romeinse konstruksies
[
wysig
|
wysig bron
]
Die eerste vestingmuur, gebou op 'n rots dagsoom, dateer uit die Gallo-Romeinse tydperk; dit het dit moontlik gemaak om die vallei en die loop van die Aude te domineer. Die fondamente van die oorspronklike vestingmuur is steeds onder die dwingel sigbaar. Dit is uit groot klippe en 'n baie harde mortel gebou. Die muur van die vestingmuur was twee tot drie meter wyd.
[76]
Hierdie vestingmuur het 'n omtrek van 1 070 m gehad
[77]
en het 'n dorpie van sewe hektaar beskerm. Dit is gebou uit eenvormige klippe en steen rye. Die stene het die stabiliteit van die konstruksie verseker as gevolg van die buigsaamheid daarvan en opvul van moontlike insinkings.
Daar bestaan steeds 17 torings van Gallo-Romeinse oorsprong wat min of meer oor die dertig torings wat aanvanklik deel gevorm het vestingmuur.
[77]
'n Enkele toring het 'n reghoekige vorm, die Pinte-toring. Die ander torings, herkenbaar in die ringmuur wes van die Cite as gevolg van hulle hoefyster vorm aan die buitekant en
plate
aan die binnekant. Die onderste deel van die torings, waarvan die diameter tussen 4,50 en 7 meter is, bestaan uit soliede messelwerk wat 'n besonder soliede basis verskaf.
[78]
Die boonste vlak het groot geboe openings gehad wat baie nuttig was vir die verdedigers se wapens. 'n Stelsel van kantellende vensters het beskerming en verdediging van die groot openinge verseker. Die torings is met dakke met dubbele rande bedek. Die hoogte van die torings is tussen 11,65 m en 13,70 m.
[79]
Die Middeleeuse bouwerk
[
wysig
|
wysig bron
]
Gedurende die
13de eeu
het die koning van Frankryk die bou van 'n tweede vestingmuur om die Cite beveel. Die torings van die tweede muur het meestal ronde basisse en ontbreek dakke sodat dit nie skuiling kon bied aan aanvallers teen die geskut vanaf die binneste muur nie. Die vestingmuur is omring deur 'n droe grag behalwe in ongelyke plekke waar die verdedigings meganisme nie nodig is nie. Die ruimte tussen die twee vestingmure is as dwingels ingerig wat in vredestyd vir allerlei optogte gebruik is. Die mure het 'n hoogte van 10 tot 12 meter bereik.
[79]
Die binneste vestingmuur is onder
Filip III die Stoute
en
Phillippe IV die Skone
gemoderniseer. Die Narbonne-Poort, die Poort van Saint-Nazaire en die toring van Tresau is aangebou. Hierdie bpuwerk word gekenmerk deur die indrukwekkende hoogte van hulle mure en die gebruik van sierklippe. Die konstruksie van die vestingmuur is meer ingewikkeld en rus op die fondasies wat dieper is as die van die gallo-romeinse mure aangesien dit die rotsplato bereik.
[80]
Die oprigting van die buitenste vestingmuur en die dwingels het die versteuring van die natuurlik steil terrein genoodsaak. 'n Gedeelte van die fondamente van die gallo-romeinse vestingmuur is ontbloot en
a du faire l'objet d'une consolidation.
Die
chemin de ronde
(letterlik "ronde weg") het dit moontlik gemaak om al die torings te bereik. In die Middeleeue is die
courtine
vergroot deur 'n hangende houtraamwerk wat skuiling bo die afgrond gebied het. Die skutting wat oor die vestingmuur opgerig is het dit vir boogskutters moontlik gemaak om met hoe akkuraatheid in die omgewing van die dwingels te skiet. Die
erkertorings
(Frans:
echauguettes
) is opgerig op die projeksie van sekere mure soos die
echauguette de la Vade
.
Die middeleeuse torings verskil van die torings van die Wesgote, terwyl dit hulle hul kenmerkende eksterne vorm gee met 'n geboe uiterlike fasade en 'n plat binnekant.
[81]
Die houtleers is deur inwendige kliptrappe. Die basisse van die torings is
fruitee
c'est-a-dire renflee afin
aangesien die projektiele teen die toring terugspring en na die aanvallers aan die voet van die mure teruggestuur word.
Die vestingmure word deur vier hoofpoorte onderbreek om toegang tot die binnekant van die Cite te verskaf. Die poorte is gelee aan vier kardinale punte.
Die Narbonne Poort, gelee in die ooste, is in
1280
gedurende die bewind van
Filip III die Stoute
gebou. Die poort kry sy naam,
Porte Narbonnaise
, van sy orientasie in die rigting van
Narbonne
. Viollet-le-Duc het die kanteling en dakke uit leiklip tussen 1859 en 1860 laat herstel asook 'n vals ophaalbrug wat nie oorspronklik bestaan het nie laat oprig. Die poort bestaan uit twee imposante torings versterk deur snuite wat ontwerp is om geweervuur van aanvallers af te weer. Die poort word beskerm deur 'n dubbele valhek versterk deur 'n
assommoir
, 'n valdeur waardeur verdedigers projektiele op aanvallers kon laat val, en skietgate.
[82]
Die torings het drie verdiepings bo die grondvloer. Die grondvloer en die eerste verdieping is gewelfd terwyl die boonste verdiepings 'n eenvoudiger ontwerp het. Die noordelike toring beskik oor 'n stoor vir reserwes terwyl die suidelike toring 'n watertenk het om aan die behoeftes van die verdedigers te voldoen tydens lang beleerings.
Bokant die saamstelling word 'n nis
a couronnement trefle
aangetref waarin 'n standbeeld van die
Maagd
geplaas is. Hierdie poort word deur die wagtoring Saint-Louis beskerm wat reg oorkant daarvan gelee is. 'n Erkertorings gelee na regs van die poort maak dit moontlik om direk op aanvallers te skiet sou hulle die wagtoring sou inneem.
Die Saint-Nazaire Poort
[
wysig
|
wysig bron
]
In die suide word die
porte Saint-Nazaire
gehuisves in die toring met dieselfde naam, een van die twee vierkantige torings van die Cite. Dit is 'n komplekse verdedigingstelsel; die bouwerk daarvan is oor die jare erg verwaarloos en Viollet-le-Duc het dit tussen 1864 en 1866 herstel.
[83]
Die toring beskerm die Saint-Nazaire katedraal wat slegs 25 meter daar agter in die Cite gelee is.
[84]
Dit is uitgerus met vier
erkertorings
; die gang wat toegang tot die dwingel en aan die Cite verskaf vorm 'n 90 grade hoek. Elke ingang tot die gang word beskerm deur 'n verdedigingstelsel betaande uit:
machicoulis
, valhekke en valdeure.
Die toring beskik oor twee verdiepings goed ingerig vir die stasionering van die garnisoen met 'n skoorsteen en ingeboude kaste. Die platform bo die toring maak die huisvesting van 'n lang afstand gevegseenheid moontlik.
[85]
In die weste staan die
porte d'Aude
teenoor die rivier met dieselfde naam. Dit is naby die chateau comtal gelee. Hierdie poort strek tot by die wagtoring van die Aude (
barbacane de l'Aude
) wat in
1816
deels gesloop is ter wille van die oprigting van die Saint-Gimer kerk. Slegs die oploop ingesluit deur die gekanteelde mure bly behoue. Die poort het ook 'n ingewikkelde verdedigingstelsel. Die hoe gewelwe versteek valsdeure wat nerens heen lei nie: die ontwerp was bedoel om die vyand te verwar.
[86]
Verder het verskeie kronkelende gangetjies met verskillende vlakke wat 'n lokval skep waarin aanvallers gevang kon word en uit verskillende hoeke aangeval kon word. Die Aude-Poort kombineer hoogs gesofistikeerde passiewe en aktiewe verdedigingstelsels.
[87]
Die oploop, wat deel uitmaak van die verdwene wagtoring, verskaf toegang tot die poort. Dit klim die steil helling aan die weste uit deur kronkels met haarnaalddraaie en loop deur twee hekke.
[88]
Die eerste hek, gelee tussen die binneste en buitenste vestingmure, beskerm toegang. Die binneste vestingmuur is in hierdie omgewing verhoog en ondersteun deur drie steunpilare wat in die
13de eeu
gebou is.
[89]
Die poort self dateer uit die Wesgotiese tydperk met sy
plein cintre
, afgewissel met stene. Bokant die ingang word 'n baie en 'n reuse
breteche
aangetref wat nie uit die feodale tydperk dateer nie maar later deur
Viollet-le-Duc
bygevoeg is as deel van sy restourasiewerk. Hierdie poort, met sy tipies middeleeuse voorkoms, is al in talle films soos
Les Visiteurs
,
Robin Hood: Prince of Thieves
en
Le Corniaud
gebruik.
Die Poort van die Burg of van Rodez
[
wysig
|
wysig bron
]
In die noorde, lei die
porte du Bourg ou de Rodez
[90]
na die ou Saint-Vincent burg. Dit is direk uit die vestingmuur gegrawe en word beskerm deur die Notre-Dame wagtoring en die Mouretis toring beskerm.
[91]
Die poort wat redelik beskeie is, is tussen twee torings in die vestingmuur gelee. Dit beskik oor betreklik min verdedigingsmeganismes. In die tydperk van die Wesgote is die poort beskerm deur 'n soort
d'avant-corps
waarvan 'n muur tot by die burg Saint-Vincent gestrek het.
[92]
Hierdie bouwerk is vervolgens deur die wagtoring op die buitenste vestingmuur vervang, die
barbacane Notre-Dame
.
Die chateau comtal is gebou teen die westelike binnekantse vestingmuur in die omgewing waar die helling die steilste is. Die kasteel se plan het die vorm van 'n
parallelogram
wat strek van noord na suid met twee ingange in die weste langs die Aude-Poort en aan die ooste na die binnekant van die Cite. Dit is in twee fases gebou.
Die konstruksie van die kasteel is deur
Bernard Aton IV Trencavel
geloods tydens die romeinse tydperk in ongeveer 1130
[93]
om die primitiewe kasteel wat waarskynlik op die ligging van die porte Narbonnaise gelee was te vervang.
[94]
Die kasteel bestaan uit twee hoofgeboue in 'n L-vorm wat oorheers word deur 'n wagtoring (
tour de guet
), die
tour Pinte
. Noord daarvan word 'n kastrale kapel ter ere van Maria aangetref, waarvan vandag slegs die apsis oorbly. Slegs 'n palissade skei die kasteel van die res van die Cite.
[94]
Gedurende die koninklike epog tussen 1228 en 1239 is die kasteel geheel en al oorontwerp om 'n vesting binne die Cite te skep. 'n Wagtoring met 'n
chemin de ronde
en 'n gekanteelde parapet voor 'n grag wat dit geheel en al tot by die binneste vestingmuur omring, het toegang tot die kasteel verhoed. Die ingangspoort na die kasteel omraam deur twee torings bevat 'n
machicoulis
, 'n valhek en vantaux.
[95]
Die ingangsbrug bestaan deels uit 'n vaste deel, gevolg deur 'n brug met 'n kanteldek en 'n valbrug bedryf deur 'n teenwig naby die valhek van die ingangspoort. Mure het die oorspronklike palissades vervang en het heeltemal rondom die geboue geloop. 'n Kustingstelsel is bo die vestingmure aangebring soos later deur
Viollet-le-Duc
herstel.
Die kasteel en sy vestingmuur beslaan 9 torings waarvan twee uit die wesgotiese tydperk dateer: die
tour de la chapelle
en die
tour Pinte
. Die tour Pinte is 'n vierkantige
tour de guet
(wagtoring), die hoogste in die Cite. Al die ander torings het identiese binne- en buitekante aangesien dit gelyktydig in die
12de eeu
gebou is.
[96]
Die torings het elkeen drie verdiepings bo 'n grondvloer. Die grondvloer en die eerste vloer het gewelfde plafonne terwyl die boonste twee verdiepings eenvoudige vloere het. Kommunikasie tussen die verdiepings is moontlik gemaak deur gate wat as spreekbuise in die gewels en vloere gedien het. Die kusting wat deur
Viollet-le-Duc
opgerig is het waarskynlik die vestingmure versier, en is op die mure gemonteer soos tans die geval is.
Die ingang na die kasteel lei tot 'n reghoekige binnehof omring deur geboue wat talle kere tussen die
7de
- en
18de eeue
herontwerp is. Die noordelike en oostelike mure word begrens deur eenvoudige hekke terwyl daar in die suide en weste twee geboue aangetref word. Die suidelike gebou bevat die kombuise en bied toegang tot 'n tweede binnehof. Dit het 'n gebou bevat wat vandag vernietig is, maar waarvan die ligging van die vloerbalke van die eerste verdieping asook verskeie vensters nog sigbaar is.
[97]
Dit is ook in die binnehof wat die
tour Pinte
toring aangetref word.
Die Saint-Nazaire basiliek
[
wysig
|
wysig bron
]
Die Saint-Nazaire basiliek, gebou uit sandsteen (aan die buitekant), is 'n
kerk
in die Romaanse styl waarvan die oudste dele in die
11de eeu
opgerig is. Op die terrein van die basiliek was daar oorsponklik 'n Karolingiese katedraal wat nie behoue gebly het nie en waarvan daar vandag geen spoor is nie.
[98]
Met die aanbreek van die hoogty van Romaanse kuns, is eers 'n eenvoudige kerk ingehuldig wat as katedraal ingewy is deur
Pous Urbanus II
in 1096 op aandrang van Trencavel, wat die bou van 'n nuwe baie groter gebou van stapel stuur.
[99]
[100]
Van die gebou bly niks meer behoue as die twee hoofpilare van die middeskip en kript, waarvan die toestand daarop dui dat dit vroeer gebou is. Die nuwe gebou was getrou aan die plan van die ou apsis. In die
12de eeu
is die hedendaagse middeskip, die ses travees, wat onaangeraak gelaat is tydens die vergrotings van die gotiese tydperk, wat daarteenoor gelei het tot die vernietiging van die Romaanse
chevet
uit die
11de eeu
. Die Romaanse portaal is ook heeltemal oorgebou in die
19de eeu
tydens die restourasies van
Viollet-le-Duc
.
[101]
Die basiliek is tussen
1269
en
1330
in die gotiese styl wat deur die nuwe meesters van die gebied ingevoer is vergroot, met 'n
transet
(dwarsskip) en 'n baie nou
koor
, versier met beelde en 'n versameling gerookte glas wat onder die mooistes in die suide van Frankryk beskou word. 'n Prelaat bouer,
Pierre de Rochefort
, het die bouwerk van 'n groot deel van die dekor en die voltooiing van die gewelwe finansier. Sy wapen is sigbaar in die koor, die
apsis
en die suidelike arm van die transep, terwyl die noordelike sykapel die monument die dood van die weldoener gedenk. 'n Ander persoonlikheid, Pierre Rodier, Aartsbiskop van Carcassonne, se wapen verskyn in die suidelike sykapel.
[98]
Die herstelwerk van
Eugene Viollet-le-Duc
was grootliks op die buitekant van die basiliek gefokus, maar die binnekant is selfs meer merkwaardig. Die twee style, Goties en Romaans, oorvleuel mekaar op die vensters, die beelde en al die dekor van die kerk. Die fasades bevat talle ruite uit die
13de
en
14de eeue
: die stel tonele uit die lewe van
Christus
en sy apostels voor. In
1801
het die kerk sy status as katedraal van Carcassonne ten gunste van die Saint-Michel kerk in die bastide buite die Cite verloor. Die oordrag het plaasgevind op die stadium toe die Cite deur sy inwoners, wat in die ville basse gaan woon het, verlaat is. Dit het in
1898
'n basiliek geword nadat dit deur
Pous Leo XIII
hierdie status toegeken is.
[102]
'n Kanunnike gemeenskap het in die omgewing van die katedraal gewoon met 'n kapittelsaal en 'n slaapkwartier in die ooste, die refectorium (eetsaal) en kombuise in die suide en die store en stalle in die weste. Hierdie versameling geboue is egter in
1792
gesloop. Daar was ook 'n
klooster
suid van die kompleks. Die ligging daarvan word vandag opgeneem deur 'n opelugteater wat in
1908
opgerig is.
[103]
Die lewe in die die Cite is deur verskeie historici bestudeer. In die feodale tydperk was die
familie Trencavel
ryk, danksy hulle grondgebied en diverse regte en die lewe van die heerlikhede (
seigneurs
) en hulle gevolg het die kern met heelwat prag en praal gevorm. Die chateau comtal is elegant versier en het talle troebadoers getrek.
[104]
Die lewe in die Cite is gekenmerk deur feeste en optogte. Dit is in
1158
wat Roger de Beziers twee jaarlikse feeste toegelaat het waarin die beskerming van die verkopers en hulle kliente deur die
burggraaf
gewaarborg is. 'n Plaaslike geldeenheid
[105]
het die welstand van die Cite bevestig.
[106]
Die handel daar was belangrik en het baie mense onderhou. Voeding was oorvloedig en gevarieer: gesoute vark, brood van koringmeel gemaak, snoek, kool, rape, bone, ens.
[107]
In die koninklike tydperk was die Cite nie so aktief nie. Die garnisoene het 'n oorheersende rol gespeel. Die koning het die
sergents d'armes
op die been gebring. Dit was soldate wat as opdrag die oppas van die Cite gehad het. Hulle is aangevoer deur 'n konstabel wat die wagbeurte van die verskillende sersante bepaal het.
[108]
Die getal manskappe, wat aanvanklik 220 was, is in die
14de eeu
na 110 verminder. Hierdie "sergenteries" het in
1336
oorerflik geword.
[109]
'n Teks uit 1748 beskryf in detail die seremoniele "mise en place des patrouilles et des gardes". Dit beskryf ook die voordele en nadele van die funksie. Die soldate is vergoed volgens 'n lewenslange vaste salaris wat aan die garnisoen die naam "morte-payes" gegee het.
[110]
Die Cite was ook goed toegerus met wapens ter verdediging en oorlog. 'n Inventaris uit
1298
beskryf die wapens soos kruisboe, balista's en mangonneaux ('n soort
katapult
),
du materiel de siege
soos
des poutres
,
des hourds demontes
en
tout ce qu'il faut pour faire du travail de sape, du materiel de transport comme des chars, du materiel de batiment avec de nombreuses pieces de rechange et du materiel d'alimentation notamment pour stocker de l'eau,
wat belangrik was tydens beleerings.
[111]
Elle servit ainsi de reserve pour alimenter les diverses batailles qui eurent lieu dans la region.
Sedert die ville basse ten koste van die ville haute ontwikkel het, het lewensomstandighede in die Cite geweldig baie verander. In die
19de eeu
, na die verlaat van die Cite deur die militere, het die buurt wat deur 'n dubbele vestingmuur omsluit is, 'n verlate en mistroostige buurt geword.
[112]
Slegs die arm wewers in die dwingels in krotte teen die mure in onhigieniese middeleeuse toestande het agtergebly. Aan die einde van die
19de eeu
is die inwoners van die dwingels geleidelik onteien en is die dwingels tot hulle oorspronklike toestand herstel.
Viollet-le-Duc
het die operasie as 'n opruiming beskou. Die verjaagde bevolking het weggetrek, deels na die ville basse en deels na die binnekant van die Cite.
Vandag is die lewe binne die Cite nie altyd maklik nie. Die paaie is nou, toegang is moeilik en die wonings vervalle, maar die outentiekheid van die omgewing trek talle besoekers.
[113]
Die Cite beskik oor 'n hele aantal hotels wat die luukse hotel de la Cite insluit.
[114]
asook 'n
jeugherberg
,
[115]
talle restaurante en soewenierwinkels.
Die legende van die Dame van Carcas
[
wysig
|
wysig bron
]
Die legende van die Dame Carcas
[116]
,
[117]
verskaf 'n verklaring vir die oorsprong van die naam van die Cite de Carcassonne. Die verhaal lui dat die leer van
Karel die Grote
buite die poorte van die Cite, deur die
Sarasene
beset is. 'n Prinses was aan die hoof van die ridders van die Cite na die dood van haar man. Sy was die Prinses Carcas. Die beleg het 5 jaar geduur.
Aan die begin van die
16de eeu
het voedsel en water egter al hoe skaarser geword. Die Dame Carcas wou 'n inventaris opstel van al die reserwes wat oor was. Die inwoners het 'n vark en 'n sak koring na haar gebring. Sy het toe die idee om die vark met die sak koring te voer voor dit van die hoogste toring van die Cite aan die voet van die buitenste vestingmuur gewerp sou word.
Karel die Grote
en sy manskappe het dus gemeen dat die Cite oorvloedige hoeveelhede kos moes he, tot die mate dat hulle 'n vark wat op koring vetgemaak is kon mors. Hulle het die beleg laat vaar en die Karel die Groete en sy leer het die stad verlaat. Die Dame Carcas gevul met vreugde oor die sukses het al die klokke in die stad laat lui. Een van Karel die Groete se manskappe het uitgeroep "
Carcas sonne!
" (Carcas lui!), vanwaar die naam van die Cite.
'n Belangrike toeristebestemming
[
wysig
|
wysig bron
]
Vanaf die
19de eeu
het die Cite de Carcassonne talle vakkundiges gelok. Teen
1905
het 8 366 vreemdelinge die Cite tussen Julie en Oktober besoek.
[118]
In 1913 is 50 000 toeriste ontvang.
[119]
Die Cite de Carcassonne het met die verloop van jare 'n baie gewilde toeristebestemming geword. Winkels en ondernemings het hulle in die Cite gevestig en verskeie poskaarte is gepubliseer.
Hierdie invloei van toeriste is sonder twyfel 'n ekonomiese aanwins vir die stad
Carcassonne
. Maar die besoeke, met sy piek in die somer, het terseldetyd talle negatiewe gevolge op die landskap, infrastruktuur, argitektuur en die dorpslewe. Ter wille van beter ontvangs van toeriste en ter beskerming van die omgewing en infrastruktuur het die stad Carcassonne en die Ministerie van Omgewingsake en Volhoubare Ontwikkeling 'n gesamentlike program van aksie genaamd
operation grand site
geloods.
[120]
Die program is daarop gemik om die Cite en omgewing te rehabiliteer en ontwikkel.
Vandag poog die
communaute d'agglomeration du Carcassonnais
om die inkomste gegenereer deur besoekers aan die Cite de Carcassonne te vermeerder. Die hoofprobleem is dat toeriste oor die algemeen hulle beoeke aan die Cite beperk waar hulle gemiddeld slegs vier ure spandeer. Die ville basse baat baie min by die aantreklikheid van die Cite aangesien laasgenoemde 'n uitstappie doel op sigself is en nie 'n vakansiebestemming nie.
[121]
Besoekers verkies kort besoeke van 1,5 dae hoofsaaklik met hotelverblyf en besoek weinig die plaaslike vakansie oorde of kampterreine. Die besoekers kan verdeel word in vakansiegangers by die vakansieoorde aan die kus, plaaslike toeriste en buitelandse besoekers wat die Cite as deel van 'n toer na Europa besoek. Nogtans bly die Cite 'n aantrekkingspunt vir die res van die
Aude
, die
Pays Cathare
en die
Carcassonnais
.
Die stad organiseer elke jaar verskeie aktiwiteite in die Cite :
- Die
festival de la Cite
speel elke jaar af in die theatre Jean Deschamps in die hart van die Cite en bied verskeie teatervertonings, operas of konserte aan.
[122]
- Die
L’embrasement de la Cite
vind elke jaar op die
14 Julie
plaas en bestaan uit 'n unieke vuurwerkvertoning wat elke jaar byna 700 000 toeskouers lok.
[123]
- Die
marathon de la Cite
vind in die Cite de Carcassonne en omgewing plaas aan die begin van elke Oktober.
[124]
- Die
Medievales
is 'n fees waarin die
Middeleeue
herleef word wat in Augustus gehou word en bestaan uit straatvertonings en riddertoernooie in die dwingels.
Slegs beoeke aan die chateau comtal en die vestingmure word tans op statistiese wyse bereken aangesien dit die enigste dele is waar toegangsfooie verhaal word.
[125]
[126]
[127]
Groei in besoeke aan die chateau comtal
Jaar
|
Aantal besoekers
|
1990
|
275 000
|
2000
|
334 000
|
2001
|
329 900
|
2002
|
365 250
|
2003
|
301 710
|
2004
|
362 450
|
2005
|
305 000
|
Die klassifikasie van die Cite as
Werelderfenisgebied
het die aantal besoekers oor die afgelope tien jaar laat groei. Die aantal besoekers het beduidend gegroei tussen 1990 en 2000. Die aantal besoekers uit
Spanje
het veral gestyg en het in 2006 34% van die besoekers in die toeristeseisoen verteenwoordig.
[128]
Die Cite de Carcassonne in die kunste
[
wysig
|
wysig bron
]
Verskeie films is in Carcassonne in die omgewing van die Cite geskiet, aangesien dit 'n byna perfekte Middeleeuse agtergrond bied. Daaronder is films soos
Le retour du croise
van Louis Feuillade en 1908,
La merveilleuse vie de Jeanne d'Arc
van Marco de Gastyne in 1929,
Le miracle des loups
van Raymond Bernard in 1924,
La fiancee des tenebres
van Serge de Poligny in 1944,
Le miracle des loups
van Andre Hunebelle in 1961,
Le Corniaud
van Gerard Oury in 1965,
The Lion in Winter
van Anthony Harvey in 1968,
La promise
van Franc Roddam in 1985,
Robin Hood: Prince of Thieves
van Kevin Reynolds in 1991,
Les visiteurs
van Jean-Marie Poire in 1992 en
Le destin
van Youssef Chahine in 1997.
- ↑
Ruimte tussen die binneste en buinste stadsmure van die Cite
- ↑
Chateau et remparts de la Cite de Carcassonne ? Centre des monuments nationaux
, Monuments historiques. Consulte le 23/05/2007
Geargiveer
9 Mei 2007 op
Wayback Machine
- ↑
Climat : Tarn-et-Garonne
, Meteo France
Geargiveer
28 Oktober 2007 op
Wayback Machine
- ↑
Histoire d'un site et de sa Cite
, Academie de Toulouse
Geargiveer
17 Januarie 2008 op
Wayback Machine
- ↑
Jean-Pierre Panouille,
Carcassonne, histoire et architecture
, Ouest-France, 1999,
ISBN 2737321948
, p. 2
- ↑
La Cite de Carcassonne ? Histoire
, Wikisource
- ↑
Joseph Poux,
La Cite de Carcassonne, precis historique, archeologique et descriptif
,
Editions Privat
, 1923, p. 31
- ↑
In Frankryk voor die Franse Rewolusie is die terme
bailliage
en
senechaussee
gebruik om na 'n gebiedsentiteit met eie administrasie, finansies en reg te verwys. Die term
bailliage
is meer gereeld in die Noorde van Frankryk gebruik terwyl
senechaussee
in die suide, veral in die Languedoc, en in
Bretagne
gebruik. Dit kom tot 'n mate ooreen met die Engelse term
Bailiwick
en die Nederlandse
Ambacht
en kan vergelyk word met 'n landdrosdistrik in Afrikaans.
- ↑
Jean-Pierre Panouille,
La Cite de Carcassonne
, coll. ≪ Itineraires du patrimoine ≫, editions du patrimoine, 2001,
ISBN 2-85822-233-9
, p. 2. 'n Ander oppidum gelee 2 km vanaf die oppidum Carcaso, het ook 'n invloed op die van Carcassonne uitgeoefen.
- ↑
Jean-Pierre Panouille,
Carcassonne, histoire et architecture
, p. 7
- ↑
Francois de Lannoy,
La Cite de Carcassonne
, Ed. Heimdal, 2004,
ISBN 2-840-48-197-9
, p.4 cite le texte de Pline l'ancien,
Historia naturalis
- ↑
meer spesifiek die konsul van
Domitius Ahenobarbus
, Jean-Pierre Panouille,
Carcassonne, histoire et architecture
, p. 10
- ↑
Joseph Poux,
La Cite de Carcassonne, precis historique, archeologique et descriptif
, p. 12
- ↑
Naam van die rivier
Aude
in die Romeinse tydperk
- ↑
Francois de Lannoy,
La Cite de Carcassonne
, p.4
- ↑
L'itineraire Hierosolymitain d'apres Joseph Poux,
La Cite de Carcassonne, precis historique, archeologique et descriptif
, p. 13
- ↑
hierdie eerste vestingwerk word beskryf in: Jean Guilaine en Daniel Fabre,
Histoire de Carcassonne
,
editions Privat
,
ISBN 2-7089-8328-8
, p. 35
- ↑
Webwerf van die Franse Ministerie van Kultuur oor die Cite
, Ministere de la culture. Consulte le 22/05/2007
Geargiveer
12 Junie 2007 op
Wayback Machine
situe l'enceinte romaine de la ville de Carcaso
- ↑
Die datum word verskillend deur verskillende bronne aangegee: Jean Guilaine et Daniel Fabre,
Histoire de Carcassonne
, p. 39 gee die datum aan as 462
- ↑
Joseph Poux,
La Cite de Carcassonne, precis historique, archeologique et descriptif
, p. 14
- ↑
Jean-Pierre Panouille,
Carcassonne, histoire et architecture
, p. 13
- ↑
soos genoem in die geskrifte van Procope de Cesaree
- ↑
"Webwerf van die Franse Ministerie van Kultuur oor die Cite"
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 21 April 2007
. Besoek op
30 April
2008
.
- ↑
Dit is na
Karkashuna
herdoop
- ↑
Joseph Poux,
La Cite de Carcassonne, precis historique, archeologique et descriptif
, p. 19
- ↑
Jean Guilaine et Daniel Fabre,
Histoire de Carcassonne
, p. 46
- ↑
Jean Guilaine en Daniel Fabre,
Histoire de Carcassonne
, p. 47
- ↑
Nom Cite par le
Site du ministere de la culture
Geargiveer
12 Junie 2007 op
Wayback Machine
- ↑
Hierdie syfer is 'n skatting uit
La Cite de Carcassonne
, editions du patrimoine, p. 11
- ↑
Pierre des Vaux de Cernay, le neveu de l'un des ecclesiastiques qui dirige la croisade,
Histoire albigeoise
, vers 1213
- ↑
Jean Guilaine et Daniel Fabre,
Histoire de Carcassonne
, p. 57
- ↑
Emmanuel Leroy Ladurie,
Histoire du Languedoc
, ed.
Presses Universitaires de France
, coll. Que Sais-je ?, 1982, p. 41
- ↑
Joseph Poux,
La Cite de Carcassonne, precis historique, archeologique et descriptif
, p. 21
- ↑
Jean Guilaine en Daniel Fabre,
Histoire de Carcassonne
, p. 58
- ↑
35,0
35,1
Jean-Pierre Panouille,
Carcassonne, histoire et architecture
, p. 28
- ↑
notamment
Olivier de Termes
,
Jourdain de Saissac
- ↑
senechal
(
- ↑
Die hofmeier Guillaume des Ormes het oor die beleg verslag gedoen in 'n brief wat behoue gebly het.
- ↑
Raimond Trencavel brise son sceau en signe de soumission :
la dynastie des Trencavel
, Ministere de la culture. Consulte le 27/05/2007
Geargiveer
1 Julie 2007 op
Wayback Machine
- ↑
Jean Guilaine en Daniel Fabre,
Histoire de Carcassonne
, p. 81
- ↑
Joseph Poux,
La Cite de Carcassonne, precis historique, archeologique et descriptif
, p.s 22 et 23
- ↑
42,0
42,1
Joseph Poux,
La Cite de Carcassonne, precis historique, archeologique et descriptif
, p. 25
- ↑
Histoire de Carcassonne
, Academie de Toulouse. Consulte le 02/09/2007
Geargiveer
17 Januarie 2008 op
Wayback Machine
- ↑
"mortes payes", 'n kompanie wat deur Saint-Louis geskep is vir die beskerming van die Cite: Joseph Poux,
La Cite de Carcassonne, precis historique, archeologique et descriptif: Joseph Poux
,
La Cite de Carcassonne, precis historique, archeologique et descriptif
, p. 28
- ↑
45,0
45,1
Francois de Lannoy,
La Cite de Carcassonne
, p.11
- ↑
Joseph Poux,
La Cite de Carcassonne, precis historique, archeologique et descriptif
, p. 29
- ↑
(
presidial
? 'n Regstribunaal uit die ou bedeling van Frankryk wat in die
15de eeu
as instelling geskep is.
- ↑
Al die instansies van die Cite wat in die
ville haute
verlaat is ten gunste van die
ville basse
:
l'essor de la bastide Saint-Louis et le declin de la Cite
, Ministere de la culture. Consulte le 10/02/2007
Geargiveer
23 November 2006 op
Wayback Machine
- ↑
Francois de Lannoy,
La Cite de Carcassonne
, p.12
- ↑
Koninklike Ordonnansie van
1 Augustus
1820
- ↑
Jean-Pierre Panouille,
Carcassonne, histoire et architecture
, p. 54
- ↑
Francois de Lannoy,
La Cite de Carcassonne
, p.13
- ↑
La Cite avant sa restauration
, Site du ministere de la culture. Consulte le 13/02/2007
Geargiveer
23 November 2006 op
Wayback Machine
- ↑
Hy was die eerste wat hom bekommer het oor die vernietiging van Cite
Le premier sauveur
, Site du ministere de la culture. Consulte le 13/02/2007
Geargiveer
23 November 2006 op
Wayback Machine
- ↑
inspecteur general des monuments historiques
- ↑
56,0
56,1
Base Merimee
, Site du ministere de la Culture. Consulte le 31/08/2007
- ↑
Francois de Lannoy,
La Cite de Carcassonne
, p.20
- ↑
eksterne skakels deur
(
fr
)
La Cite de Carcassonne
deur
Viollet-le-Duc
(1888, Wikisource)
- ↑
Francois de Lannoy,
La Cite de Carcassonne
, p.22
- ↑
60,0
60,1
Jean-Pierre Panouille,
Carcassonne, histoire et architecture
, p. 55
- ↑
Leopold Verguet (1817?1914) L’arpenteur des nostalgies
, Laboratoire d’anthropologie et d’histoire de l’institution de la culture. Consulte le 01/06/2007
Geargiveer
17 Januarie 2008 op
Wayback Machine
- ↑
Michel Jordy, archeologue et photographe
, Ministere de la culture. Consulte le 1/06/2007
Geargiveer
17 Junie 2007 op
Wayback Machine
- ↑
Francois de Lannoy,
La Cite de Carcassonne
, p.24
- ↑
Jean-Pierre Panouille,
Carcassonne, histoire et architecture
, p. 247
- ↑
Joseph Poux,
La Cite de Carcassonne, precis historique, archeologique et descriptif
, p. 50
- ↑
Repertoire des architectes diocesains du XIXe siecle - Eugene Viollet-le-Duc, Emmanuel
, Editions en ligne de l'Ecole des chartes. Consulte le 26/08/2007
- ↑
Jean-Pierre Panouille,
Carcassonne, histoire et architecture
, p. 246
- ↑
Les travaux du ministere de la guerre
, Site du ministere de la culture. Consulte le 22/08/2007
[dooie skakel]
- ↑
Jean-Pierre Panouille,
Carcassonne, histoire et architecture
, p. 249
- ↑
Le retour de l'Histoire
, ministere de la Culture. Consulte le 23/05/2007
Geargiveer
1 Julie 2007 op
Wayback Machine
- ↑
(
en
)
(
fr
)
ICOMOS, organisation de l'UNESCO, ≪
Evaluation des organisations consultatives
≫, September 1997, UNESCO. Consulte le 07 Jullie 2007
- ↑
rapport d'activite de 2006 des monuments historiques
[dooie skakel]
, p.26
- ↑
Joseph Poux,
La Cite de Carcassonne, precis historique, archeologique et descriptif
, p. 169
- ↑
Jean-Pierre Panouille,
Carcassonne, histoire et architecture
, p. 3
- ↑
Les lices
, Site officiel de la ville de Carcassonne. Consulte le 07/07/2007
Geargiveer
30 September 2007 op
Wayback Machine
- ↑
Jean-Pierre Panouille,
Carcassonne, histoire et architecture
, p. 11
- ↑
77,0
77,1
Joseph Poux,
La Cite de Carcassonne, precis historique, archeologique et descriptif
, p. 34
- ↑
Joseph Poux,
La Cite de Carcassonne, precis historique, archeologique et descriptif
, p. 41
- ↑
79,0
79,1
Joseph Poux,
La Cite de Carcassonne, precis historique, archeologique et descriptif
, p. 45
- ↑
Joseph Poux,
La Cite de Carcassonne, precis historique, archeologique et descriptif
, p. 38
- ↑
Joseph Poux,
La Cite de Carcassonne, precis historique, archeologique et descriptif
, p. 48
- ↑
la porte Narbonnaise
, Site officiel de la ville de Carcassonne. Consulte le 28/05/2007
Geargiveer
8 Oktober 2007 op
Wayback Machine
- ↑
la porte Saint-Nazaire
, Ministere de la culture. Consulte le 28/05/2007
[dooie skakel]
- ↑
Joseph Poux,
La Cite de Carcassonne, precis historique, archeologique et descriptif
, p. 109
- ↑
Joseph Poux,
La Cite de Carcassonne, precis historique, archeologique et descriptif
, p. 111
- ↑
Carcassonne, la porte d'Aude
, Mescladis.com. Consulte le 28/05/2007
- ↑
Joseph Poux,
La Cite de Carcassonne, precis historique, archeologique et descriptif
, p. 147
- ↑
la porte d'Aude
, Site officiel de la ville de Carcassonne. Consulte le 07/07/2007
Geargiveer
27 September 2007 op
Wayback Machine
- ↑
Joseph Poux,
La Cite de Carcassonne, precis historique, archeologique et descriptif
, p. 95
- ↑
Cette deuxieme designation n'est pas historique mais liee a son orientation vers
Rodez
- ↑
la porte de Rodez
, Ministere de la culture. Consulte le 28/05/2007
[dooie skakel]
- ↑
Joseph Poux,
La Cite de Carcassonne, precis historique, archeologique et descriptif
, p. 72
- ↑
Joseph Poux,
La Cite de Carcassonne, precis historique, archeologique et descriptif
, p. 137
- ↑
94,0
94,1
le chateau a l'epoque romane
, Ministere de la culture. Consulte le 28/05/2007
Geargiveer
1 Julie 2007 op
Wayback Machine
- ↑
Joseph Poux,
La Cite de Carcassonne, precis historique, archeologique et descriptif
, p. 136
- ↑
Joseph Poux,
La Cite de Carcassonne, precis historique, archeologique et descriptif
, p. 142
- ↑
Joseph Poux,
La Cite de Carcassonne, precis historique, archeologique et descriptif
, p. 143
- ↑
98,0
98,1
Joseph Poux,
La Cite de Carcassonne, precis historique, archeologique et descriptif
, p. 174
- ↑
Jean-Pierre Panouille,
Carcassonne, histoire et architecture
, p. 20
- ↑
Jean Guilaine et Daniel Fabre,
Histoire de Carcassonne
, p. 72
- ↑
Jacques Lugand,
Languedoc Roman
, Ed. Zodiaque, 1985, p. 28
- ↑
La basilique Saint-Nazaire
, Site officiel de la ville de Carcassonne. Consulte le 10/06/2007
Geargiveer
27 September 2007 op
Wayback Machine
- ↑
Collectif,
De la place forte au Monument : la restauration de la Cite de Carcassonne au XIX
e
siecle
, Ed. du Patrimoine, 2000,
ISBN 2-85822-353-X
- ↑
Jean-Pierre Panouille,
Carcassonne, histoire et architecture
, p. 17
- ↑
moneta mea de Carcassonna
fixee par un bail du 8 octobre 1159
- ↑
Jean Guilaine et Daniel Fabre,
Histoire de Carcassonne
, p. 54
- ↑
Jean-Pierre Panouille,
Carcassonne, histoire et architecture
, p. 18
- ↑
Jean-Pierre Panouille,
Carcassonne, histoire et architecture
, p. 49
- ↑
Joseph Poux,
La Cite de Carcassonne, precis historique, archeologique et descriptif
, p. 23
- ↑
Jean Guilaine et Daniel Fabre,
Histoire de Carcassonne
, p. 91
- ↑
Francois de Lannoy,
La Cite de Carcassonne
, p. 17
- ↑
Les pauvres tisserands
, Ministere de la culture. Consulte le 23/05/2007
Geargiveer
12 Junie 2007 op
Wayback Machine
- ↑
Le regard des visiteurs
, Ministere de la Culture
Geargiveer
1 Julie 2007 op
Wayback Machine
- ↑
Hotel de la Cite
, Hotel de la Cite
[dooie skakel]
- ↑
Auberge de jeunesse carcassonne
, Auberge de jeunesse carcassonne
Geargiveer
18 Maart 2008 op
Wayback Machine
- ↑
Philippe Giraud,
Les couleurs de l'Aude
, Ed. du Pelican, 2002,
ISBN 2-7191-0630-5
, p. 29
- ↑
La legende de Dame Carcas
, Ministere de la culture. Consulte le 23/05/2007
Geargiveer
1 Julie 2007 op
Wayback Machine
- ↑
Jean-Pierre Panouille,
Carcassonne, histoire et architecture
, p. 248
- ↑
Francois de Lannoy,
La Cite de Carcassonne
, p.23
- ↑
Operation Grand Site
, Ville de Carcassonne
Geargiveer
27 September 2007 op
Wayback Machine
- ↑
Schema local d’organisation touristique de la communaute d'agglomeration du Carcassonnais
p. 23
- ↑
Festival de la Cite
, Ville de Carcassonne
Geargiveer
27 September 2007 op
Wayback Machine
- ↑
L'embrasement de la Cite de Carcassonne
, Ville de Carcassonne
Geargiveer
27 September 2007 op
Wayback Machine
- ↑
Accueil
, Marathon de la Cite/. Consulte le 09/07/2007
Geargiveer
30 Mei 2007 op
Wayback Machine
- ↑
Statistique par l'association audoise de developpement local
Geargiveer
6 Januarie 2009 op
Wayback Machine
- ↑
Schema local d’organisation touristique de la communaute d'agglomeration du Carcassonnais
p. 30
- ↑
Chiffres-cles du ministere de la culture
- ↑
rapport d'activite de 2006 des monuments historiques
[dooie skakel]
, p.33