Bretagne
(
Frans
: [b??ta?],
luister
(
hulp
·
inligting
)
;
Bretons
:
Breizh
, [b??js] of [b??x];
Gallo
:
Bertaeyn
of
Bertegn
, [b??ta??]) is 'n administratiewe streek of
Franse geweste
(Frans:
region
) in die noordweste van
Frankryk
, wat uit die
departements
Cotes-d'Armor
(Bretons:
Aodou-an-Arvor
),
Finistere
(Bretons:
Penn-ar-Bed
),
Ille-et-Vilaine
(Bretons:
Il-ha-Gwilen
) en
Morbihan
(Bretons:
Mor-bihan
) bestaan. Die administratiewe hoofstad is
Rennes
(Bretons:
Roazhon
).
Die ruwe kuslandskap van Belle-Ile
Vakwerkboukuns op die plein Place du Champ Jacquet in die die historiese middestad van Rennes
Die naam Bretagne verwys naas die administratiewe gebied ook na die historiese provinsie Bretagne, waarvan tans net vier vyfdes deel uitmaak van die gelyknamige Franse region. Die oorblywende gebied, die departement
Loire-Atlantique
met sy prefektuur
Nantes
(een van die voormalige hoofstede van die hertogdom Bretagne) is nou deel van die region
Pays-de-la-Loire
.
Die oorspronklike Gallies-Keltiese bevolking het die land
Armorika
of Aremorica (Bretons:
Arvorig
) of "Land voor die See" genoem. Die lang kusgebied tussen die
Golf van Biskaje
en die
Engelse Kanaal
is 'n gewilde vakansieplek.
[1]
Die geskiedenis van die huidige
Bretonse volk
het 'n aanvang geneem met die invalle van die Angel-Sakse en ander Germaanse volke in
Brittanje
. Onder die leiding van hulle stamhoofde en monnike het 'n deel van die Keltiese bevolking vanuit
Cornwall
na die noordweste van Frankryk gevlug, waar hulle hul taal en tradisies bewaar het. Die name van hul oorspronklike tuislande, Brittanje en Cornwall, leef voort as
Bretagne
(die Franse benaming vir "Brittanje") en
Cornouaille
.
Onder die regering van die State van Bretagne, 'n jaarlikse parlementere vergadering, het Bretagne tot 'n welvarende land met 'n bloeiende kunslewe en 'n buitengewone sosiale stabiliteit ontwikkel. Sy handelsvloot het tot die magtigstes in Europa behoort.
Teen die einde van die 15de eeu het die Bretonse heersers voor die oormagtige buurstaat Frankryk begin swig, en in 1532 is die hertogdom uiteindelik by die Koninkryk Frankryk ingelyf.
Alhoewel Bretagne dekades lank as een van die armste gebiede van Frankryk bekend gestaan en meer as een miljoen jongmense die gebied in die tydperk tussen 1860 en 1960 verlaat het om elders in die land werk te vind, beleef dit nou 'n ekonomiese opbloei. Baie emigrante begin na hul geboorteland terugkeer, en die jaarlikse bevolkingsaanwas is bo die gemiddelde vir Frankryk. In 2004 het Bretagne se bevolking weer die driemiljoenkerf verbygesteek.
Die
Franse
woord
Bretagne
is, net soos die
Bretonse
Breizh
en
Gallo
Bertaeyn
, afgelei van die
Latynse
Britannia
en beteken "land van die
Bretonners
". Sedert die eerste eeu het die
Romeine
daarmee na
Groot-Brittanje
verwys, meer spesifiek die
Romeinse provinsie Britannia
. Die woord is afgelei van die
Grieks
Πρεττανικη (
Prettanike
) of Βρετταν?αι (
Brettaniai
), gebruik deur
Pitheas
, 'n ontdekkingsreisiger uit
Massalia
wie rondom 320 v.C. die
Britse Eilande
besoek het. Die Griekse woord is op sy beurt ontleen aan 'n algemene Bretonse etnoniem wat as
*Pritan?
gerekonstrueer is, afgelei van die Proto-
Keltiese
*k?ritanoi
(uiteindelik van die
Proto-Indo-Europese
*k?er-
"om te sny", "maak").
In Romeinse tye het die term
Armorica
die huidige Bretagne ingesluit. Dit was 'n onbepaald gebied wat langs die
Engelse Kanaalkus
van die
Seineriviermonding
, dan langs die
Atlantiese Oseaankus
tot die
Loireriviermonding
en, volgens sommige bronne tot moontlik die
Garonneriviermonding
, gestrek het. Die term is glo ontleen aan die
Galliese
woord
aremorica
wat "land voor die meer" beteken.
[2]
'n Ander naam,
Letauia
(in Afrikaans "
Litavis
"), is tot die 12de eeu gebruik. Dit beteken moontlik "wyd en plat" of "om uit te brei" en was die oorsprong van die
Walliese
naam vir Bretagne:
Llydaw
.
[3]
Na die einde van die
Wes-Romeinse Ryk
het baie
Korniers
hulle in westelike Armorica gevestig, toe hulle voor die
Angel-Saksers
gevlug het en na die streek is voortaan verwys as
Britannia
, hoewel die naam eers aan die einde van die vyfde of in die sesde eeu
Armorica
vervang het.
[4]
Na gelang van hul streek van herkoms spreek Bretons-sprekende mense die woord
Breizh
moontlik op twee verskillende maniere uit. Bretons kan in twee hoofdialekte verdeel word:
KLT
(
Kerne
-Leon-
Tregor
) en die
Vannes
-dialek. KLT-sprekers spreek dit uit as [br?js] en spel dit
Breiz
, terwyl die Vannetais-sprekers dit uitspreek as [br?χ] en dit
Breih
skryf. Die amptelike skryfwyse is 'n kompromie tussen albei variante, met 'n
z
en 'n
h
saam. In 1941 het pogings om die twee dialekte te verenig gelei tot die skepping van die sogenoemde
Breton zh
, 'n standardisering oor die algemeen nooit oorgeneem is nie.
[5]
Op sy beurt het Gallo nooit oor 'n algemene skryfstelsel beskik nie en verskillendes bestaan langs mekaar. Byvoorbeeld kan die streeksnaam in die
ELG
-spelling geskryf word as
Bertaeyn
of in
MOGA
as
Bertegn
, terwyl daar ook verskeie ander skryfwyses bestaan.
[6]
Bretagne is die grootste
skiereiland
van Frankryk en vorm die mees westelike uitloper van die Franse vasteland. Die noordkus word deur die
Engelse Kanaal
(Bretons:
Mor Breizh
) begrens, die suid- en weskus deur die
Atlantiese Oseaan
. Die Bretonners verdeel hulle tuisland tradisioneel in Armor, wat deur die kuslyn en eilande langs die kus gevorm word, en Argoat, die bebosde binneland.
Sononder naby Pleumeur-Bodou
Granietrotse van die Roc'h Trezevel (Finistere)
Die landmassa van Bretagne bestaan in geologiese opsig grotendeels uit baie ou en harde gesteentes, met 'n onstuimige, rotsagtige kuslyn. Die granietrotswande van
Cap Frehel
verrys sewentig meter hoog uit die Atlantiese Oseaan. Die binnelandse landskap word deur heuwels oorheers, met die Roc'h Trezevel in die Monts d'Arree (Bretons:
Menez Are
) as die hoogste bergpiek op 'n hoogte van 384 meter.
Bretagne is oorspronklik deur uitgestrekte bosgebied oorheers wat van die voormalige Foret de Scissy naby die huidige
Mont-Saint-Michel
tot by die huidige woud Broceliande (Bretons:
Brekilien
) gestrek het.
Broceliande
, die towerwoud van Paimpont en die bosgebied naby Huelgoat in die departement Finistere is net oorblyfsels van hierdie voormalige woud wat reeds gedurende die Middeleeue afgekap is.
Sedert die
Middeleeue
is die grootste deel van die gebied vir landbou gebruik, en groot beukeboom- en eikebosse is beperk tot die binneland. Groen weivelde en akkers oorheers die landskap met hulle kenmerkende omheinings en steenmure.
Stormagtige weer in Pors-Loubous (Plogoff, Finistere)
Bretagne het danksy die maritieme invloed van die Atlantiese Oseaan 'n gematigde, vogtige klimaat met aangename temperature dwarsdeur die jaar en oorwegend westelike winde. Danksy die warm
Golfstroom
vorm Bretagne 'n mikroklimaatsone, waar tydens die winter dikwels min of meer dieselfde gematigde temperature aangeteken word soos langs die
Cote d'Azur
in die suide van Frankryk. Die kwik daal sodoende nouliks benede vriespunt.
Winterstorms met windsnelhede van soms meer as 200 kilometer per uur kom egter gereeld voor, en die weer bly wisselvallig met afwisselende sonnige en reenerige weerstoestande. Die gemiddelde temperature in Januarie is langs die Bretonse kus sowat 6 °C, die jaarlikse gemiddelde van stede soos Roscoff 11,4 °C.
[7]
Die Bretonse somer begin gewoonlik al in Mei, en dikwels word tot by Oktober warm temperature aangeteken. Die kusgebiede, veral die van Suidoos-Bretagne, word deur relatief droe weerstoestande gekenmerk (Brest kry byvoorbeeld sowat 800 millimeter reen per jaar), terwyl die jaarlikse reenvalle in bergagtige gebiede soos die Montagne d'Arree (207 meter) dikwels meer as 1 000 millimeter kan beloop.
Uitheemse plante soos yuccas, mimosas en kamelias is volop in die parke en privaat tuine van Bretagne.
Die talle grotte van Bretagne was uitstekende skuilplekke vir die steentydmense. Met die
ystydperk
en sy ingrypende
klimaatverandering
het die vroee mense begin om permanente nedersettings te stig.
Die prehistoriese steenlane van Carnac
Omtrent 4000 v.C. het stamme, wat vermoedelik oorspronklik uit
Asie
gekom het, hulle in die gebied van die huidige Bretagne gevestig. Hulle was die stigters van die raaiselagtige megalietkultuur. Volgens argeoloe, wat die radioaktiewe koolstof-14-metode aangewend het, was die megalitiese grafplekke in Kercado en Barnenez al omstreeks tussen 4 600 v.C. en 3 850 v.C. in gebruik ? en is dus selfs ouer as soortgelyke monumente in die Nabye Ooste, 'n gebied wat vroeer as die oorsprong van alle megaliet-beskawings beskou is.
[8]
Die meeste navorsers gaan deesdae daarvan uit dat talle megalitiese monumente ook 'n spirituele dimensie het. Henri du Cleuziou, 'n beduidende 19de eeuse Franse skrywer, het reeds in 1882 'n wetenskaplike werk gepubliseer waarin hy dolmens as grafkamers en menhirs as gedenktekens vir oorledenes of belangrike oorwinnings in slagte geinterpreteer het, tog is daar steeds min bekend oor die megalitiese godsdiens.
[9]
Franse argeoloe het tenminste statistieke gegewens versamel ? in Bretagne is tot dusver meer as 4 500 dolmens, 56 steenlane (Frans:
alignements
) en 58 steenkringe ontdek. Dwarsoor die gebied kan daarnaas duisende enkele menhirs en grafheuwels (sogenaamde
tumuli
) aangetref word, alhoewel 'n groot aantal monumente lankal vernietig of as boumateriaal vir kerke, kastele, stadsmure en landgoedhuise ingespan is.
Die
Keltiese
veroweraars het danksy hulle
ysterwapens
'n maklike oorwinning oor die oorspronklike bewoners behaal. Die eerste Keltiese nedersettings in Bretagne dateer uit die tydperk omtrent 500 v.C.; die Galliers het die huidige Bretagne Armorika (
Latyn
:
Aremorica
) genoem.
Son en reen naby Loscolo-punt, Penestin (departement Morbihan)
Die Kelte het oor 'n hoogs ontwikkelde kultuur en maatskaplike orde beskik, alhoewel hulle gewoonlik geen state gestig het nie. Die
Druides
, die Keltiese priesters, het danksy hulle godsdienstige rol en hulle kennis van die
astrologie
en
geneeskunde
saam met die Keltiese adel aan die spits van die maatskappy gestaan. Net die druides het die reg gehad om misteltakke, wat as artsenymiddel gewild was, tydens 'n besondere ritueel af te sny. Die natuurlike magte van byvoorbeeld lig en water is as godhede vereer; om hulle gunstig te stem, is in noodtye selfs mense geoffer.
Die druides het 'n verbod op die neerskryf van baie tradisies geplaas, en net die Keltiese sangers, die barde, het die legendes van die gode en helde in hulle liedere bewaar.
In die 2de eeu v.C. was daar vyf Keltiese stamme in die gebied: Die magtige Veneters, wat veral op die seehandel gesteun het, in die suide, in die omgewing van die huidige
Vannes
; die Osimiers in die noordweste; die Redone in die ooste, in die gebied van die huidige Rennes; die Coriosoliete in die noorde en die Namnete in die suidooste, in die omgewing van die huidige
Nantes
. Die Veneters het vanaf die 1ste eeu v.C. die ander stamme begin oorheers en het ook 'n leidende rol in die bond van Keltiese stamme gespeel, wat die Romeinse veroweraars vanaf 58 v.C. die hoof probeer bied het. Volgens
Gaius Julius Caesar
was die Veneters uiters bekwame seevaarders.
[10]
Vuurtoring op die eiland
Ile d'Ouessant
Die Veneters was vername seevaarders en skeepsbouers wat oor 'n groot vloot van galeie beskik het. Tog het Gaius Julius Caesar, wat in 56 v.C. van plan was om die gebied van die huidige Bretagne te verower, rekening gehou met hierdie groot skepe wat nie maklik gestuur kon word nie. Hy het naby die Loire-monding kleiner bote laat bou. Toe die Romeinse vloot die Venetiese oorlogskepe in die Golf van Morbihan aangeval het, was dit windstil sodat die Veneters hul skepe nie meer kon stuur nie. Hul galeie is deur die Romeine gekaap en die manskappe gedood of as slawe verkoop. Die grootste deel van die Keltiese leer is vernietig.
Armorika het deel van die Romeinse provinsie Lugdunensis geword. Talle Keltiese stamme het na Brittanje uitgewyk, terwyl Armorika vanwee sy geografiese isolasie in teenstelling met die ander Romeinse provinsies in Gallie net geleidelik geromaniseer is. Die weerstand van die plaaslike bevolking is onder meer deur die stelselmatige uitwissing van die druides gebreek.
Die vyf oorspronklike stamgebiede is in sogenaamde
civitates
of administratiewe distrikte verdeel, en hulle hoofstede het Romeinse
municipia
geword: Vorigum (tans Carhaix) vir die Osimiers, Fanum martis (Corseulles) vir die Coriosoliete, Condate (Rennes) vir die Redone, Namnetes (Nantes) vir die Namnete en Darioritum vir die Veneters.
[11]
Die Romeine het by die administrasie van die
civitates
ook op die plaaslike Gallo-Romeinse hoofde gesteun.
Terwyl nuwe stede soos Condevincum (die huidige Nantes) en Condate (Rennes) gestig en nuwe paaie aangele is, het die Romeine ook die ekonomiese ontwikkeling van die streek bevorder. Die ontginning van ertse en die visbedryf is gemoderniseer, en langs die kuste het 'n beduidende seesoutbedryf ontstaan.
Teen die einde van die antieke tydperk het die Keltiese taal ? met die uitsondering van 'n aantal plattelandse gebiede ? byna volledig verdwyn en is die proses van romanisering feitlik afgesluit. Nogtans het min Romeinse geboue in Bretagne bewaar gebly en is argeologiese vondse uit hierdie periode in vergelyking met ander streke in Frankryk yl gesaai.
Onder die heerskappy van die Romeinse keiser Honorius het die hoofde en stede van Armorika aan die begin van die 5de eeu 'n bond gesluit, wat tot by die Frankiese verowering van die land onder
Clovis I
bestaan het.
Met die verval van die
Romeinse Ryk
, die onttrekking van Romeinse troepe aan Brittanje in 410 en die begin van Saksiese aanvalle op die eiland het in 450 met die landing van die eerste Bretonse setlaars in die gebied van die huidige Finistere die tweehonderdjarige tydperk van die Britanniese immigrasie begin. Christelike Kelte uit die suidweste van Brittanje het hulle in groot getalle op die Bretonse skiereiland gevestig, nadat hulle eie tuisland deur heidense Angel-Sakse en Jute verower is. As gevolg het Armorika 'n Christelike gebied geword, en die Bretonners het die Galloromeinse taal en kultuur verdring. Orals in Bretagne is
kloosters
en parogiee gestig. Teen die jaar 580 het die Kelties-Bretonse bevolking Bretagne oorheers.
Die digte woude van
Maine
het 'n natuurlike skeiding tussen die
Franke
en die Bretonners geword, sodat laasgenoemde ongestoord hulle eie taal en kultuur kon handhaaf. Tog het die kerk tot in die 8ste eeu die enigste band tussen die verskillende Bretonse stamme gebly.
Koninkryk, Karolingers, Hertogdom Bretagne
[
wysig
|
wysig bron
]
'n Tipiese plaashuis op die skiereiland Crozon (Finistere)
Omtrent die jaar 600 het die Bretonners hul eie koninkryk gestig, wat tweehonderd jaar lank bestaan het en eers deur
Karel die Grote
in 799 vernietig is.
Nominoe (Bretons:
Nevenoe
), die graaf van Vannes, is in 826 as die Bretonse hertog verkies. Hy word veral as 'n geskikte leier in die stryd teen die Noormanne beskou, wat in hierdie tydperk dikwels Bretonse stede aangeval het.
Kaart van die
historiese Bretagne
In 845 het hertog Nominoe die Franse koning
Karel die Kale
in die slag van Ballon verslaan, 'n groot deel van die Frankiese Neustrie verower en van Bretagne 'n onafhanklike koninkryk gemaak, wat deur die pous erken is. Vanaf 851 het Bretagne naas sy huidige vier departements ook die gebied van
Loire-Atlantique
ingesluit ? die Karolingers moes in die Verdrag van Angers Rennes en Nantes aan die Hertogdom Bretagne afstaan en Nominoe se seun, Erispoe, as Bretonse koning erken. Die Bretonse koninkryk het vir 'n tydperk van eenhonderd jaar bestaan, wat deur 'n aantal Normandiese invalle oorskadu is. Eers die laaste koning van die Bretonners, Alain Barbetorte, het in 937 daarin geslaag om die Noormanne uiteindelik te verdryf.
Voortgesette broedertwis het omtrent die jaar 1000 tot die einde van die koninkryk gelei; 'n aantal nuutgestigte kleiner hertogdomme het om die voormag begin meeding. Die voortdurende Noormanne-invalle tydens die 11de eeu het tot die val van die Nominoe-dinastie gelei.
Fougeres: Huisfasade met 'n klein standbeeld van die Moeder Gods
Desondanks het die Hertogdom Bretagne sy onafhanklikheid in die magstryd teen Noormanne en Franse tot in die 15de eeu gehandhaaf. Tog het die gebied danksy die strategies belangrike ligging herhaaldelik onder Franse en Engelse invloed gekom en een van die hoofskouplekke van die
Honderdjarige Oorlog
(1337?1453) gebly. Bretagne was tydens die Bretonse opvolgingsoorlog, wat teen die middel van die 14de eeu sowat twintig jaar lank gewoed het, selfs die sentrum van die Frans-Engelse magstryd.
Middeleeue en Franse feodalisme
[
wysig
|
wysig bron
]
Die kasteel
Vitre
(11-20ste eeu)
Johan V, 'n gunsteling van Engeland, het uiteindelik daarin geslaag om die Bretonse magstryd te wen en hertog van Bretagne te word. Sy heerskappy het 'n voorlopige einde aan die Bretonse broedertwis gemaak en staan bekend as 'n politieke en ekonomiese bloeitydperk.
'n Nuwe veldtog, wat hertog Frans II aan die einde van die 15de eeu teen Frankryk begin het, het egter rampspoedige gevolge ingehou. Benewens die neerlaag op die slagveld het Bretagne nou onder die invloed van Frankryk gekom.
Anna van Bretagne
(1477?1514), Frans II se dogter, was die laaste onafhanklike Bretonse heerseres. Sy het met twee Franse konings getrou ?
Karel VIII
(in 1490) en sy opvolger Lodewyk XII (in 1499). Om die suksessie te verseker, het Anne die eerste van haar elf kinders reeds op 'n vroee leeftyd gebore. Net drie van hulle het hulle derde verjaardag oorleef.
Haar dogter Claude van Frankryk het met Francois d'Angouleme, die latere Franse koning Frans I, getrou, wat in 1532 tydens 'n vergadering van die Bretonse State in die Suid-Bretonse stad Vannes die amptelike "inlywing" van Bretagne geproklameer het. Hierdie proklamasie was op 'n ooreenkoms met die state gegrond wat voorsiening gemaak het vir 'n beperkte Bretonse outonomie ten opsigte van regtelike, fiskale en militere aangeleenthede gemaak het. Die regmatigheid van hierdie inlywing word deur sommige Bretonners nog steeds bevraagteken; Bretonse separatiste het byvoorbeld in 1932 die verenigingsmonument in Rennes opgeblaas.
Die tydperk tussen 1532 en 1914
[
wysig
|
wysig bron
]
As 'n Franse provinsie is aan Bretagne die reg op sy eie statevergadering toegestaan, wat sy setel in die stad Rennes gehad en tot by die
Franse Rewolusie
bestaan het.
Die hawestad
Saint-Malo
Die inlywing by Frankryk het tot die vinnige groei van die kusgebied en sy stede gelei, terwyl die plattelandse gebiede 'n minder bevoorregte streek gebly het.
Die strand van Le Val-Andre
Vanaf 1700 het die ontwikkeling van die Nieu-Bretonse taal begin, veral as die resultaat van toegewyde wetenskaplike navorsing. Tog het die bewaring van die Bretonse taal en kultuur na die Franse Rewolusie 'n groot probleem geword. Die rewolusionere magte het sowel teen die gebruik van die Bretonse taal asook teen die
Rooms-Katolieke Kerk
opgetree, en Bretagne het selfs sy voorregte uit die Verdrag van Vannes verloor. Net danksy die feit dat die oorgrote meerderheid van die bevolking die taal steeds gebesig het en danksy die bestaan van 'n sterk onafhanklikheidsbeweging kon pogings om die inheemse Keltiese taal uit te wis, gekeer word. Die destydse weerstandsbeweging, die
Chouannerie
, het nie daarin geslaag om die sentralistiese regering in Parys tot onderhandelings te dwing nie, en duisendes het in die gevegte met regeringsmagte gesneuwel. Bretagne is in vyf departements verdeel en het in die volgende dekades een van die armste gebiede in Frankryk gebly.
Vrese dat die Franse taal 'n nadelige uitwerking op die Bretonse taal sou he, het tot die stigting van die
Union Regionaliste Bretonne
gelei, wat hom vir 'n onafhanklike Bretagne beywer het. Die
Federation Regionaliste de Bretagne
, wat in 1911 gestig is, het die idee van die Bretonse outonomie bevorder en die Bretonse
koerant
Breiz Dishual
(Vrye Bretagne) uitgegee. Albei verenigings is gedwing om hulle aktiwiteite tydens die
Eerste Wereldoorlog
te staak.
Die Eerste Wereldoorlog
[
wysig
|
wysig bron
]
Die
Eerste Wereldoorlog
het 'n ongewoon groot aantal Bretonse slagoffers geeis. Elke vierde Bretonse soldaat het op die slagvelde gesneuwel, en die verlies van 240 000 menselewens het tien persent van die destydse bevolking verteenwoordig. In teenstelling met die hoe Bretonse verliese was die gemiddelde Franse verliese net 'n agtste van alle soldate. 'n Rede vir die groot aantal Bretonse sterfgevalle was die feit dat Bretonse soldate tydens 'n aanval dikwels in die voorste linies moes veg. Ander mans is deur Franse troepe geskiet, aangesien hulle die Franse taal nie magtig was nie en verdag is om spioene te wees.
Die tydperk tussen die oorloe
[
wysig
|
wysig bron
]
Die hawe van Lomener teen sononder
Mis omhul die vuurtoring van la Vieille
Die swaar Bretonse verliese het aan die onafhanklikheidsbeweging 'n verdere hupstoot gegee. Regse intellektueles het met hulle koerant
Breiz Atao
(Bretagne vir altyd) 'n vrye Bretagne in 'n Europa sonder grense bevorder, terwyl die linkse outonomiste van die Nasionalistiese Bretonse Party 'n ondergrondse beweging gestig het. Sy naam
Gwenn ha du
(Wit en swart) is afgelei van die kleure van die Bretonse vlag.
Gwenn ha du
het hom vir 'n gewapende bevrydingstryd beywer.
Die Tweede Wereldoorlog
[
wysig
|
wysig bron
]
Die
Tweede Wereldoorlog
het 'n einde aan die ekonomiese groei van die dertigerjare gemaak. Duitse troepe het Bretagne verower en langs die kus 'n groot aantal versterkings opgerig, wat later 'n teiken vir geallieerde bomwerpers geword het. Tydens hierdie bomaanvalle is ook die meeste kusstede verwoes.
Ondanks die verwoestings het sommige Bretonners die samewerking met die Duitse besetters as 'n moontlikheid beskou om uiteindelik onafhanklike status te kry. Die radikale nasionaliste van die
Gwenn ha du
-beweging en die Nasionalistiese Bretonse Party was by hierdie samewerking betrokke.
Die regime van Vichy, die Franse marionetregering tydens die Duitse besetting, het in 1941 besluit om die departement Loire-Atlantique van Bretagne af te splits.
Die kollaborateurs het na die oorlog die verantwoordelikheid ontvlug, terwyl die liberale politieke groepe die Bretonse taal en kultuur laat herleef het. President
Charles de Gaulle
het in 1951 'n komitee in die lewe geroep wat die belange van Bretagne en sy taal en kultuur bevorder het. Hierdie amptelike bystand het tot 'n vinnige ekonomiese groei gelei en die voortgesette binnelandse emigrasie van opgeleide jong Bretonners gekeer.
Bretagne is vandag een van die belangrikste Franse boerderygebiede en die gewildste toeristebestemming na die
Cote d'Azur
.
Bagad de Lann-Bihoue
Die tradisionele Bretonse kultuur herleef sedert die jare sewentig van die 20ste eeu. Veral die Bretonse musiek is nou selfs internasionaal gewild. Die Bretonse musikant
Alan Stivell
laat die Keltiese harpmusiek herlewe, terwyl folkrockgroupe soos Tri Yann, Sonerien Du ("die swart musikante") en ander die weg baan vir talle jong groepe, wat tradisionele Bretonse klanke met rock, rap en dansmusiek vermeng.
Die
fest-noz
(Bretons: "fees van die nag") is vandag een die belangrikste instellings in die kulturele lewe van Bretagne. Dit het uit die oorspronklike byeenkomste tydens 'n huwelik of na die werk op die velde ontstaan, maar raak veral sedert die vyftigerjare van die 20ste eeu baie gewild en word nou veral op naweke orals in Bretagne gevier. Tradisionele Bretonse musiek en die
kan ha diskan
, die kenmerkende Bretonse wisselsang, begelei die gewilde ketting- en rondedanse, waaraan jonk en oud ? en dikwels honderde of selfs duisende mense ? deelneem.
Die
festou-noz
behoort nie net tot die gewildste Bretonse feeste nie, maar hulle word ook steeds deur nuwe musikale stromings verryk. Elektroniese musiek en die Cyber fest-noz, wat op die internet uitgesaai word, het deel van die tradisie geword. Die grootste van die Bretonse feeste is die
Festival Inter-Celtique
van
Lorient
, terwyl die stad
Quimper
met die
Festival de Cornouaille
die oudste kulturele fees van Bretagne huisves.
Feeste met rock- en popmusiek sluit die
Festival des Vieilles Charrues
in
Carhaix
(
Finistere
), die
Route du Rock
in
Saint-Malo
en die
Transmusicales
in Rennes in.
Geinspireer deur die tradisionele Skotse doedelsakmusiek, word Bretonse doedelsakgroepe ? die
bagadou
? in die tweede helfte van die 20ste eeu baie gewild. Die inheemse
binious
(doedelsakke),
bombardes
en slagwerk weerklink nou tydens alle Bretonse feeste en plegtighede. Een van die gewildste Bretonse
bagadou
, die
Bagad de Lann-Bihoue
, maak deel uit van die Franse Vloot.
Die tradisionele Bretonse hooftooisels, die
coiffes
, is volop by die vroulike deelnemers van feeste. Die Bretonse kleredrag is oorwegend swart en wit en gee ook die aanleiding vir die samestelling van die Bretonse vlag. Die
bigouden
, die bekendste Bretonse hooftooisel, is soms meer as een meter hoog.
Weswaartse verskuiwing van die Bretonse taalgrens tussen 900 en 1900
Frans, die
amptelike taal
van die Franse Republiek, word vandag dwarsoor Bretagne gepraat. Die inheemse
Bretons
('n Keltiese taal, wat nou verwant is aan Wallies) is nou 'n streektaal in die westelike Bretagne (
Breizh-Isel
of Neder-Bretagne), alhoewel dit orals in Bretagne gebruik word, terwyl
Gallo
, wat tot die Oil-taalgroep behoort, as omgangstaal in die oostelike gebiede (die
pays Gallo
of Bo-Bretagne) gepraat word. Frans het egter al lank die huistaal van die stedelike bevolking geword.
Bretons en Gallo geniet nie die erkenning van die Franse staat nie, tog word albei in ooreenstemming met die grondwet deur die plaaslike owerhede gebruik op tweetalige straatborde en vir ander kennisgewings.
Die historiese vlag van die hertogdom Bretagne
Gwenn ha Du, die Bretonse vlag
Gwenn ha Du
is in 1923 amptelik as die swart-en-wit vlag van Bretagne aanvaar. Dit toon nege strepies ? die vyf swart strepies versinnebeeld die vyf voormalige "lande" of bisdomme van die Opper-Bretagne of die
Pays Gallo
(Dolois, Nantais, Rennais, Penthievre en Malouin).
Die vier wit strepies is die simbole van die vier voormalige "lande" of bisdomme van die Neder-Bretagne,
les Pays Bretonnants
(Cornouaille, Leon,
Tregor
en Vannetais). Die reghoek links bo bevat elf gestileerde swart hermeliene op 'n wit agtergrond.
Die
hermelyn
was vroeer 'n gewilde Europese wapendier. In Bretagne het aanvanklik net die hertoe van Montfort die hermelyn gebruik, maar later het dit Bretagne se nasionale wapendier geword. Die vlag van Bretagne maak gebruik van 'n gestiliseerde uitbeelding met 'n kruis en drie spitse wat na benede wys.
Die
kasteel
Fort la Latte (13de eeu)
Die mistieke landskap van Bretagne gee die aanleiding vir 'n groot aantal legendes. Dit is die magtige
getye
, wat die landskap langs die kuslyn twee keer per dag dramaties verander; die donkergrys hemel en wisselvallige lig; die misbanke en verlate heidevelde en heuwels, wat van Bretagne skynbaar 'n poort na 'n ander wereld maak. Die Bretonse legendes berig van drake, wat bogrondse skatte bewaak; "wit dames" en ander spoke; die afgryslike "wasvroue van die nag" en ander mitiese wesens.
Sononder in Port-Navalo (Morbihan)
Die mere en woude, fonteine en valleie van Bretagne is die tuiste van die Kerrigans, klein kabouters, wat graag probeer om die eensame reisiger of wandelaar na hul rondedans te lok.
Die heuwels van die Monts d'Arree is volgens die Keltiese tradisies die poort na die hiernamaals. In die Christelike tydperk is beweer dat Youdig, die poort na die hel, op die berg le.
Ankou
, die Dood se helper, neem die siele van die oorledenes op sy ou wa na hierdie mistieke landskap. Siele, wat deur die veerman nie na die "Eilande van die Gelukkiges", 'n paradysagtige wereld anderkant die horison, geneem is nie, dwaal deur die "koue hel" van verlate valleie en woude.
Met die verhaal van koning Artus en die
Heilige Graal
het die Middeleeuse Franse digter
Chretien de Troyes
in sy epiek van 'n deel van die
Matiere de Bretagne
, die "Bretonse literere stof", onsterflike literere motiewe gemaak.
Ekonomiese ontwikkeling
[
wysig
|
wysig bron
]
Die passasierskip
Queen Mary 2
is in Saint-Nazaire gebou
Branderplankry met die vuurtoring van la Vieille in die agtergrond
Die gebrek aan beduidende natuurlike hulpbronne asook energiebronne het 'n grootskaalse ontwikkeling van nywerhede in Bretagne verhoed sodat die landbou selfs in die huidige tydperk, waar moderne ekonomiee deur die dienstesektor oorheers word, steeds die vernaamste bron van inkomste bly. Die industrialisering het in Bretagne taamlik laat begin, waarby die verskillende nywerheidsektore in bepaalde stede gekonsentreer is. Die belangrikste nywerhede is voedselverwerking en ander agrariese nywerhede, skeepsbou, motorvervaardiging en die wapenbedryf. Die huidige ontwikkeling konsentreer veral op nuwe tegnogiee. Rennes, Brest en Lannion is die beduidendste sentra van die elektroniese en kommunikasiebedryf waar groot fabrieke deur Franse maatskappye soos
Alcatel
,
Thomson
en
Sagem
opgerig is. Rennes is daarnaas die sentrum van die motornywerheid met
Citroen
as die belangrikste werkgewer;
Saint-Nazaire
beskik oor belangrike skeepswerwe; en La Gacilly staan vir sy kosmetiese produkte bekend. Daarnaas speel ook dienste en navorsing 'n groot rol in die Bretonse ekonomie. Die toerismebedryf trek voordeel uit die opknapping van die padnetwerk. Tans is Bretagne die tweede belangrikste toeristebestemming van alle Franse geweste.
Die vissery langs die Bretonse kus en op see is reeds vroeg deur die outonome landstande bevorder. Tans is meer as die helfte van alle Bretonse uitvoergoedere agrariese produkte uit die kusgebiede (waaronder groente, aarbeie, botter en kaas).
Vanaf die 1960's het die skepping van nuwe werksgeleenthede in stedelike gebiede die verstedelikingsproses laat toeneem. Tegelykertyd het die meganisering van talle boerderye tot 'n groot skuldlas vir kommersiele boere gelei.
Bretagne se jaarlikse bruto binnelandse produk (BBP) beloop 56,7 miljard € en is die sewende grootste van alle administratiewe geweste in Frankryk. Ten opsigte van die BBP per capita word Bretagne egter net as die vyftiende grootse gewes geranglys. Bretagne se totale mannekrag beloop 1,27 miljoen, van wie 72 persent in die dienstesektor, 24 persent in die nywerheidsektor en sowat vier persent in die landbou werksaam is. Die werkloosheidsyfer van 7,7 persent is minder as die nasionale gemiddelde van Frankryk.
[12]
Oesterteelt in die Belonrivier
'n Bretonse artisjokkeveld naby Morlaix
Veeteelt is tradisioneel een van die vernaamste sektore van die Bretonse landboubedryf. Die gewes lewer 53,5 persent van Frankryk se vark- en meer as 40 persent van sy hoendervleis op. Die noorde van Bretagne konsentreer veral op die verbouing van groente.
[12]
Bretagne is met sy tradisionele vissershawens Lorient, Saint-Malo, Le Guilvinec, Concarneau en Douarnenez Frankryk se belangrikste
verskaffer
van gewilde seekosse soos
kreef
,
garnale
,
oesters
en die beroemde
coquilles Saint-Jacques
(Sint-Jakobsmossels). Laasgenoemdes kom veral uit die Noord-Bretonse hawestad Erquy en die Baie de St-Brieuc. Aangesien hierdie mossels nie kunsmatig geteel kan word nie, is daar voorskrifte ten opsigte van hulle vangs; die vangseisoen is beperk tot die maande tussen November en Maart. Die vangskoers het in die afgelope jare gedaal.
Met 'n totale jaarlikse vangs van sowat 130 000 ton lewer Bretagne byna die helfte van Frankryk se seekos-verbruik. Die plaaslike restourante bied met die tradisionele
plateau de fruits de mer
'n gereg met verskeie soorte seekos aan.
Forel
en
salm
is die gewildste soorte
vis
, wat vroeer nog volop in die Bretonse riviere voorgekom het. Deesdae het hulle ? net soos seekos ? weens oorontginning van die visbronne skaars geraak.
Die landbou in Bretagne, veral in die noordelike Finistere, vaar beter as die vissery. Belangrike produkte, wat orals in Frankryk en elders in Europa bemark word, is onder meer artisjokke (Bretagne lewer 87 persent van die totale jaarlikse oes in Frankryk), blomkool (76 persent), salotte (75 persent),
aartappels
(30 persent), groenbone (28 persent) en aarbeie. Die plaaslike appels word hoofsaaklik vir
sidervervaardiging
verbou.
Die skiereiland Guerande is al sedert die vroee Middeleeue 'n beduidende sentrum van soutontginning. Tot in die tyd van die Franse Rewolusie was hierdie bedryf uiters winsgewend ? volgens 'n ou voorreg kon die plaaslike produsente hul sout doeane- en belastingvry bemark. Vandag lewer die gebied jaarliks sowat 10 000 ton sout op. Guerande-seesout is ryk aan minerale en spoorelemente. Naas die growwe
Gros Sel de Guerande
is veral
Fleur de Sel
, 'n baie fyn sout wat slegs vier persent van die totale produksie uitmaak, gewild by sjefs en fynproewers.
Far breton
'n Oopgerolde crepe wys sy vulsel
Gesoute botter is een van die belangrikste bestanddele van die Bretonse kookkuns. Die groen weivelde van Bretagne en seesout sorg vir die kenmerkende smaak en romerige tekstuur van die plaaslike produk. Sowat dertig persent van die jaarlikse botterproduksie in Frankryk kom uit Bretagne. Bretonse botter word saam met die meeste geregte bedien en verfyn die gewilde plaaslike gebakspesialiteite, wat wereldwyd bemark word.
Een van die Bretonse spesialiteite, die
crepe
('n soort dun pannekoek), word tradisioneel van bokwietmeel gemaak en op 'n besondere stoofplaat, die sogenaamde
galletiere
, gebak. Oorspronklik is dit die
stapelvoedsel
van die arm landelike bevolking, wat in plaas van witmeel slegs die donker boekweitmeel kon bekostig. Dit is met
suiker
, botter,
kaas
of ham bele.
Far breton
, die Bretonse melktert, is 'n gewilde nagereg, wat koud of warm geniet word.
Die Bretonse
creperies
(pannekoekbakkerye) bied
crepes
met 'n verskeidenheid snoeperye soos
roomys
, heuning,
sjokolade
of konfyt aan. Die
galette
is die pikante weergawe van die
crepe
, wat volgens seisoen met vulsels van ham, sampioene, artisjokke of seekos bedien word. Een van die gewildste variasies, die
galette saucisse
, word saam met braaiwors geniet.
Die belangrikste drank in Bretagne is sider (Bretons:
chistr
), wat saam met die
crepes
geniet word. Maar ook
bier
, wat sedert die 17de eeu in Bretagne gebrou word, raak nou weer gewild nadat 'n aantal jong Bretonse brouers hierdie tradisie laat herleef het. Die bekendste Bretonse biersoorte is
Cervoise Lancelot
,
Coreff
uit Morlaix en
Telenn Du
, 'n bier wat van boekweit gemaak word. Chouchen, die tradisionele Keltiese heuningwyn, wat van water en gefermenteerde heuning gemaak word en as "godedrank" bekend staan, is nog steeds 'n gewilde aperitief en digestief. Volgens ou legendes maak dit die gode dronk en verleen aan mense onsterflikheid.
- ↑
HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
ISBN 978-1-77578-243-8
- ↑
(
fr
)
Pierre-Yves Lambert (1997).
La Langue Gauloise
. p. 34.
- ↑
(
fr
)
Leon Fleuriot (1980).
Les Origines de la Bretagne
. Payot. pp. 53?54.
- ↑
(
fr
)
Leon Fleuriot (1980).
Les Origines de la Bretagne
. Payot. pp. 52?53.
- ↑
(
fr
)
Henriette Walter (2013).
L'aventure des langues en Occident: Leur origine, leur histoire, leur geographie
. Robert Laffont. p. 113.
- ↑
Fabien Lecuyer (23 April 2013).
"Bertaeyn Galeizz change de nom. Un evenement pas si anodin"
. 7seizh. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 7 September 2014
. Besoek op
7 September
2014
.
- ↑
(
de
)
www.bretagne.de: Klimaat
- ↑
(
de
)
Uwe Anhauser:
Bretagne
. Keulen: DuMont 2000, bl. 38
- ↑
(
de
)
Anhauser (2000), bl. 38
- ↑
(
de
)
Konstam, Angus:
Die Kelten
. Wene: tosa/Carl Ueberreuther 2007, bl. 30
- ↑
(
de
)
Konstam, Angus:
Die Kelten
. Wene: tosa/Carl Ueberreuter 2007, bl. 30
- ↑
12,0
12,1
(
de
)
"
www.frankreich-experte.de: Bretagne ? Ekonomie
"
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 21 Desember 2007
. Besoek op
21 Desember
2007
.
- (
fr
)
Henri du Cleuziou:
L'Art National
. Parys: Le Vasseur 1882
![](//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/4a/Commons-logo.svg/30px-Commons-logo.svg.png) |
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Bretagne
.
|
- Amptelike webtuistes
- Ensiklopediese inligting
- Kulturele verenigings
- (
fr
)
An Tour Tan
? Die webwerf van
An Tour Tan
bied nuusberigte uit Bretagne en 'n argief van internettelevisie-programme met tradisionele Bretonse musiek (
emissions skinwel-web
)
- Musiek, volkspele, festou-noz