in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Matiere de Bretagne
("die Bretonse literere stof"), in die
Engelse
taalgebied ook
Matter of Britain
of
Arthurian romance
genoem, is die versamelnaam vir 'n
Middeleeuse
siklus van verhale met betrekking tot die Keltiese geskiedenis van
Brittanje
en
Bretagne
wat tussen die 12de en 14de eeu ontstaan het - in teenstelling met die twee ander hooftemas van Middeleeuse literatuur, die Karolingiese siklus van die
Matiere de France
(10de tot 13de eeu) en
romans
wat deur die antieke mitologie geinspireer is, die
Matiere de Rome
(12de eeu).
Sentraal in die Bretonse stof staan die verhale rondom die legendariese koning Artus, naas ander legendes van die
Britse Eilande
soos Brutus van Brittanje, Coel, Koning Lear en Gogmagog. Die legendes is gedurende die Middeleeue gekodifiseer, onder meer in die
Historia regum Britanniae
("Geskiedenis van die konings van Brittanje") wat deur die
Walliese
geestelike Geoffrey van Monmouth saamgestel is.