Die
Federale Stad Bonn
le in die suide van die
Duitse
deelstaat
Noordryn-Wesfalen
langs die oewers van die
Ryn
. Dit is een van die oudste stede van Duitsland, met 'n geskiedenis wat oor meer as 2 000 jaar strek. Tot die einde van die
18de eeu
was Bonn die hoofstad van die
Keulense
Keurvorste. Tydens die
19de eeu
ontwikkel die Universiteit van Bonn tot een van die voorste en grootste akademiese instellings in Duitsland, met sowat 30 000 studente op hede.
In die tydperk tussen
1949
en
1990
dien Bonn as die
hoofstad
van die Bondsrepubliek Duitsland
[2]
en daarna, tot by die jaar
1999
, as regeringsetel van die herenigde Duitsland. Alhoewel die parlement en dele van die regering na die historiese hoofstad
Berlyn
verskuif is, is daar nog steeds ses departemente in die stad, wat die amptelike naam
Federale Stad Bonn
gekry het.
Die voormalige hoofkantore van parlement, regering en baie departemente is deur maatskappye oorgeneem. Twaalf organisasies van die
Verenigde Nasies
het hulle hoofkwartiere in die stad, en die nuwe VN-Kampus, wat in
Julie
2006
geopen is, huisves nou die meeste van hulle.
Bonn le in die suidweste van die Duitse deelstaat Noordryn-Wesfalen, sowat 25 km van Keulen af, in die oorgangsgebied tussen die Rynlandse Leisteen-gebergte en die Nederrynse Vlakte. Die stad le langs die oewers van die Ryn, met tweederdes van die stadsgebied teen die linkeroewer.
Bonn grens in die suide en weste aan die uitlopers van die Eifel-gebergte, in die noorde aan die Keulense Bog en in die ooste en suid-ooste aan die Bergiese Land. Weens sy ligging word Bonn ook die "Poort na die romantiese Middelryn" genoem.
Die hoogste bergspits in die stadgebied is die Paffelsberg met 'n hoogte van 194,8 meter. Bonn beskik oor 'n natuurpark in die stadsentrum, die Rheinaue-park, wat met sy oppervlak van 160 hektaar 'n groot deel van die vloedgebied teen die linker- en regteroewer van die Ryn beslaan. Die park is tydens die Federale Tuinskou in
1979
ingewy en word onder meer vir opelugkonserte gebruik.
Steentydperk en vroee geskiedenis
[
wysig
|
wysig bron
]
Mense het hulle al lank voor die begin van ons tydrekening in hoer gelee terrein naby die Ryn gevestig. Argeologiese vondse, wat dwarsoor die stadsgebied gemaak is, dokumenteer menslike aktiwiteite in die gebied wat van die Ou Steentydperk tot in die tyd van die Germane strek. 'n Tiental vuisbyle, wat in Muffendorf, 'n stadsbuurt van Bad Godesberg ontdek is, dateer uit die Paleolitikum (Ou Steentydperk), omstreeks 50 000 v.C.
[3]
Menslike oorskot, wat in die sogenaamde Dubbelgraf van Oberkassel opgegrawe is, is ongeveer 14 000 jaar oud en van die oudstes wat met die moderne mens (Homo sapiens) verbind word. Naas die geraamtes van 'n sowat 50-jarige man en 'n 20- tot 25-jarige vrou is dele van die geraamte van 'n hond en versierings ontdek.
[4]
In
12 v.C.
vestig die Romeine hier onder Drusus die
Classis Germanica
, hulle
vloot
vir die Germaanse kusgebied.
[5]
Na die nederlaag van die Romeinse veldheer Varus in die
slag teen Germaanse krygers
onder die bevel van Arminius in
9
n.C. word die stad, wat destyds
Bonna
genoem is, as 'n militere voorpos vir die grens met Germanie uitgebou. In die noorde van die huidige Bonn was 'n Romeinse legioen gestasioneer. Handelaars en ambagsmanne het hulle vinnig digby die voorpos gevestig.
Met die ondergang van die
Romeinse Ryk
in die
5de eeu
begin Bonn ook agteruitgaan. In die Frankiese tydperk en veral in die
9de
en
10de eeu
ontwikkel Bonn tot 'n geestelike sentrum, met die
Villa Basilika
as sy middelpunt. In die gebied van die huidige mark het 'n Middeleeuse markdorp ontstaan.
Na hulle neerlaag in die slag naby Worringen in die jaar
1288
het die Keulense Keurvorste Bonn naas Bruhl en Poppelsdorf as een van hulle woonplekke gekies. Uiteindelik het Bonn ook hulle hoofsetel geword. Tydens die
17de
en
18de eeu
het die Keurvoorste 'n aantal pragtige geboue in die barok-styl in Bonn laat opgerig.
In
1794
is Bonn deur
Franse
troepe beset en in
1815
, na
Napoleon Bonaparte
se neerlaag, by die Koninkryk Pruise ingelyf. Die stad het in die 19de eeu veral danksy die plaaslike universiteit, wat teen die einde van die 18de eeu gestig en in
1818
heropen is, bekendheid verwerf.
Na die
Eerste Wereldoorlog
is Bonn eers deur Britse en daarna tot by die jaar
1926
deur Franse troepe beset. Tydens die
Tweede Wereldoorlog
is groot dele van Bonn deur geallieerde bomaanvalle verwoes.
Die besluit om van Bonn, eerder as van
Frankfurt am Main
, die voorlopige hoofstad van die nuut gestigte Bondsrepubliek Duitsland te maak, is op
3 November
1949
geneem en het tot 'n opbloei in die stad gelei.
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Bonn
.
|