in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Ali Chamenei
|
|
2de Opperleier van die
Islamitiese Republiek van Iran
|
Ampsbekleer
|
Termynaanvang
4 Junie
1989
|
Voorafgegaan deur
|
Roeholla Chomeini
|
3de President van Iran
|
Ampstermyn
13 Oktober
1981
–
3 Augustus
1989
|
Eerste minister
|
Mir-Hossein Mousavi
|
Voorafgegaan deur
|
Mohammad-Ali Rajai
|
Opgevolg deur
|
Akbar Hashemi Rafsanjani
|
Lid van die Vergadering van Deskundiges
|
Ampstermyn
15 Augustus
1983
–
21 Februarie
1991
|
Lid van die Parlement van Iran
|
Ampstermyn
28 Mei
1980
–
13 Oktober
1981
|
Persoonlike besonderhede
|
Gebore
|
17 Julie 1938
(
1938-07-17
)
(85 jaar oud)
Masjhad
, Chorasan, Iran
|
Politieke party
|
Onafhanklik (1989?hede)
Islamitiese Republikeinse Party (1979?1987)
Gesamentlike Geestelike Vereniging (1977?1989)
[1]
|
Eggenoot/-note
|
Khojaste Bagherzadeh (1964?hede)
|
Kind(ers)
|
Mostafa, Mojtaba, Masoud, Meysam, Hoda, Boshra
|
Religie
|
Sjia
Islam
|
Handtekening
|
|
Militere Diens
|
Lojaliteit
|
Iran
|
Diens/Tak
|
Islamitiese Revolusionere Wagte
|
Jare in diens
|
1979?1980
|
Rang
|
Hoof van Revolusionere Wagte
[2]
|
Ajatolla
Ali Chamenei
(
Persies
: ??? ??? ????? ??????????, [?æ?liː hosei?niː χ?ːmene??iː],
luister
(
hulp
·
inligting
)
; 1939-) is die godsdienstige leier van
Iran
. Hy het
ajatolla
Roeholla Chomeini
in 1989 opgevolg. Die Irannese beskou hom as God se verteenwoordiger op aarde en hy beklee die hoogste magsposisie in die land.
[3]
Hy was ook van 1981 tot 1989 die president van Iran.
Chamenei was 'n volgeling en vertroueling van Roeholla Chomeini en as sodanig 'n teenstander van die Westerse politiek van
sjah
Mohammad Reza Pahlavi
. Tussen 1964 en 1978 is hy om die rede gereeld gevange geneem. Na die
val van die sjah
in 1978 word hy lid van die Islamitiese Revolusionere Raad, 'n minister en 'n Vrydag-imam in
Teheran
. As voorganger in die gebed op Vrydagmiddae het hy opruiende preke in die hoofstad gelewer, waarmee hy gelowiges in vervoering gehad het.
Op 27 Junie 1981 oorleef hy 'n aanslag op sy lewe. Tydens 'n perskonferensie ontplof 'n bom wat in 'n
kassetopnemer
weggesteek was. Hoewel Khamenei reg langs die opnemer gesit het, oorleef hy die aanslag. Hy is sedertdien aan sy regterhand gestrem. Vir sy volgelinge is dit 'n bewys dat hy 'n "lewende"
martelaar
is.
Na die moord op Mohammad Ali Rajai is Khamenei deur 'n oorgrote meerderheid tot president van Iran verkies. So word hy dan die eerste geestelike wat hierdie amp in Iran beklee. As president het hy ook die Islamitiese Republikeinse Party gelei. Net soos sy voorganger, Chomeini, het Chamenei byna onbeperkte mag oor alle staatsinstellings uitgeoefen.
In 1985 is hy vir 'n tweede termyn herkies. In teenstelling met sy voorganger, Abolhassan Bani Sadr, kom hy selde met die godsdienstige leier van Iran in konflik. Na die dood van Chomeini is Chamenei op 4 Junie 1989 tot godsdienstige leier (die hoogste leier) van Iran verkies.
Chamenei staan
konserwatiewe
Islamisme
voor, wat selde hervormings toelaat. Hierby vind hy steun van die Raad van Hoeders wat in die 1980's gestig is. Hierdie raad bestaan uit ses Sjiitiese moellahs en ses juriste en waak oor alle politieke aanstellings, parlementsbesluite en oor die toepassing van sensuur.
Aan die einde van die 1990's laat hy enkele hervormings toe om 'n einde aan Iran se internasionale geisoleerde posisie te maak. Die hervormingsbeweging het in 1997, na die verkiesing van
Mohammad Chatami
tot president, in volle gang gekom.