Kim Jong-il
(
Koreaans
: 金正日/金正日;
16 Februarie
1941
/
42
?
17 Desember
2011
), was die leier van
Noord-Korea
se Kommunistiese Party.
Sy dood, op die ouderdom van 70, op 17 Desember 2011, is op staatstelevisie aangekondig.
Hy was een van die wereld se mees teruggetrokke en enigmatiese leiers, wat oor 'n geheimsinnige en internasionaal geisoleerde land regeer het.
In amptelike Noord-Koreaanse weergawes van sy lewe word beweer dat hy 'n in blokhut gebore is en dat die gebeurtenis gekenmerk is deur die verskyning vsn 'n dubbele
reenboog
en 'n helder ster in die hemelruim.
Daar word beweer dat hy ses
operas
in twee jaar gekomponeer het, en dat hy een van
Pjongjang
se bekendste landmerke self ontwerp het.
Volgens onafhanklike kenners is Kim in die Russiese stad Khabarovsk gebore, waar sy
guerilla
-pa besig was om militere bystand van die Sowjetunie te ontvang. Die jong Jong-il het daarna die Koreaanse oorlog in
China
deurbring. Soos die meeste van Noord-Korea se elite, het hy by die Kim Il-sung-universiteit gegradueer.
In 1975 bekom hy die later bekende titel "Die Geliefde Leier". Vyf jaar later sluit hy aan by die Sentrale Komitee van die Koreaanse Werkersparty en ontvang hy spesiale verantwoordelikheid vir kuns en kultuur.
In 1978 gee hy opdrag dat die Suid-Koreaanse filmregisseur Shin Sang-ok en sy aktrisevrou, Choi Eun-hee, ontvoer word. Hulle word vyf jaar lank apart gehou voordat hulle by 'n banket van die Kommunistiese Party herenig word. Hulle beweer dat Kim daarna vir die ontvoerings om verskoning gevra het, en toe gevra het dat hulle vir hom moet films maak. Hulle het sewe rolprente vervaardig voordat hulle in 1986 na die Weste kon ontsnap.
In
1991
word hy verkies tot opperbevelvoerder van die Koreaanse Volksweermag. Ontleders glo dat hy hierdie rang verkry het om enige potensiele weerstand teen sy uiteindelike bewindsoorname in die kiem te smoor. Teen hierdie tyd is Noord-Korea se rigiede sentraal-beplande
ekonomie
in 'n steeds verslegtende ekonomiese krisis gedompel, vererger deur die ineenstorting van die land se vernaamste handelsvennoot, die
Sowjetunie
. Handel het opgedroog en die regime is selfs sonder brandstof vir fabrieke en kantore gelaat. Natuurlike rampe het tot misoeste gelei en honderdduisende mense is na bewering dood. Potensiele onluste is vinnig deur die owerheid in die kiem gesmoor.
In
1953
, na die oorlog van
Korea
, is Korea in twee gedeel, te wete Noord- en Suid-Korea.
Kim Il-sung
, Jong-il se pa, wat vlot
Russies
kon praat, is deur
Joseph Stalin
as die leier van 'n kommunistiese een-party-diktatuur in Noord-Korea aangestel.
[3]
Die
Sowjetunie
was in daardie tyd Noord-Korea se grootste politieke, ekonomiese en militere beskermheer.
[3]
Sy pa was die eerste minister van die Demokratiese Republiek van Noord-Korea vanaf
1948
tot
1972
en die president van die Demokratiese Republiek van Noord-Korea vanaf
1972
tot met sy dood in
1994
.
In 1994 word Kim Jong-il die wereld se enigste erflike kommunistiese leier, nadat hy die leisels van sy vader oorneem. In daardie tyd was daar nog baie min bekend van die nuwe leier.
Noord-Korea se swak ekonomiese vertoning het voortgeduur nadat Jong-il sy vader opgevolg het, hoewel hy die toestand in 'n mate verlig het deur internasionale bystand te vra, veral van China.
Hy het ook China verskeie male besoek, en was geinteresseerd in hoe die kommunistiese China sy
sosialistiese
beginsels by 'n markekonomie kon aanpas. Na sy besoek aan
Beijing
en
Shanghai
in
2000
en
2001
, begin Noord-Korea op klein skaal met private entrepreneurskap eksperimenteer.
Hy het ook betrekkinge met Suid-Korea begin verbeter. In
Junie
2000 ontmoet hy die Suid-Koreaanse leier,
Kim Dae-jung
, vir die eerste tussen-Koreaanse byeenkoms sedert die Koreaanse oorlog in
1953
, wat destyds die land in twee geskeur het. Die byeenkoms se vernaamste positiewe uitkoms was om bande tussen die twee state te verbeter, insluitende die hereniging van families wat sedert die oorlog verdeel was. Meer as 'n miljoen
Koreane
in hierdeur geraak.
Diegene wat hom ontmoet het, het opgemerk dat hy goed ingelig was en daar word beweer dat hy internasionale gebeure naarstiglik gevolg het.
Sommige het hom as 'n slim manipuleerder beskou, wat bereid was om risiko's te loop om sy regime te ondersteun.
Jong-il se liefde vir films en bioskope het gegrens aan obsessief. Hy het na bewering 'n versameling van 20 000
Hollywood
-films opgebou en selfs 'n boek oor die filmbedryf geskryf.
Hy het ook blykbaar die staat se filmmaatskappy telkemale besoek en 'n patriotiese dokumentere film oor Noord-Koreaanse geskiedenis vervaardig wat uit 100 hoofstukke bestaan het.
In
1978
het hy 'n Suid-Koreanse regisseur en sy vrou laat ontvoer, en gevra dat hulle vir hom rolprente maak (sien
Vroeere lewe
).
'n Liefde vir buitensporige luukshede
[
wysig
|
wysig bron
]
Die Suid-Koreaanse media het hom as 'n ydele man geskets, wat platform-skoene gedra het om hom langer te laat vertoon.
Anekdotiese vertellings suggereer dat hy nie onnosel was soos sy suidelike bure hom wou laat voorkom nie, hoewel sy klaarblyklike liefde vir spys en drank waarskynlik wel waar was.
Konstantin Pulikovsky, 'n
Russiese
gesant met wie Kim Rusland per trein deurkruis het, het gerapporteer dat die Noord-Koreaanse leier elke dag lewende
krewe
na die trein laat invlieg het, wat hy dan met
silwer
eetstokkies geeet het.
Gedurende sy byeenkoms in 2010 met die destydse Suid-Koreaanse president Kim Dae-jung, het hy volgens waarnemers 10 glase wyn gedrink, terwyl sy liefde vir Hennesy VSOP cognac welbekend was.
Jong-il is gekritiseer vir sy flagrante menseregteskendings en dat hy die stabiliteit van die streek in gevaar gestel het deur langafstandmissiel-lanserings en sy kernwapenprogram.
Daar word beweer dat hy in
1987
persoonlik die afskiet van 'n
Suid-Koreaanse
passasiersvliegtuig beveel het.
Opperste leiers van Noord-Korea
|
---|
| |