Homeros
|
|
Homeros. Romeinse voorstelling van sy voorkoms.
|
|
Gebore
|
ca. 8ste eeu v.C., volgens
Herodotus
Smyrna
Melesigenes, soos vertel in Pseudo-Herodotus
|
Oorlede
|
onbekend
Ios
|
Blyplek
|
Smyrna, Cyme (Aeolis), Chios
|
Nasionaliteit
|
Antieke Griekeland
|
Vakgebied
|
Samestelling van mondelinge poesie as reisende kunstenaar, uitvoer van 'n skool vir Rapsodies, die Homeridae, op Chios
|
Bekend vir
|
Ilias, Odyssee, Homeriese Himne, Epiese siklus, ander Homerika
|
Beinvloed deur
|
Rapsodiese mondelinge poesie
|
Invloed op
|
Klassieke werke (Westerse kanon)
|
Homeros
, ook
Homerus
(
Oudgrieks
: ?μηρο?,
Hom?ros
), is 'n
Griekse
digter
en
sanger
wat volgens meeste bronne rondom die 8ste eeu v.C.
[1]
geleef het. Die
Ilias
en
Odussee
, die oudste bekende en bewaarde
literere
werke uit die Griekse letterkunde, is van die vernaamste eposse wat aan hom toegeskryf word.
Hy het
eposse
gedig waarin 'n groot aantal oorgelewerde verhale oor helde, gode en mitiese vertellinge uit die Griekse kultuur verwerk is. Die vormende invloed wat die Homeriese eposse op die Griekse kultuur gehad het, word wyd erken en gee aan Homeros die titel van die onderwyser van Griekeland.
[2]
Homeros se werke, waarvan ongeveer die helfte uit toesprake bestaan, verskaf modelle vir oorredende skryfwerk en gesprekvoering, wat regdeur die Griekse Antieke en Middeleeuse tydperke nagevolg is. Homeriese fragmente beslaan amper helfte van die identifiseerbare Griekse
papirusrolle
wat tot nog toe gevind is.
[3]
Desondanks al die werke, is daar heelwat bespiegeling onder geleerdes of hy, indien wel, die enigste skrywer van die werke was. Verskeie leidrade uit antieke bronne wil die teendeel bewys.
Onsekerheid heers ook oor waar en wanneer hy geleef het.
Herodotus
skat dat Homeros ongeveer 400 jaar voor hom (Herodotos) geleef het, wat sy leeftyd rondom 850 v.C. plaas.
[4]
Die Nederlandse geskiedkundige Kees Ruijgh meen dat Homeros reeds in die negende eeu v.C. moet geleef het. Ander antieke bronne beweer weer dat hy nader aan die veronderstelde tyd van die
Trojaanse Oorlog
geleef het, rondom die vroee 12de eeu v.C.
[5]
Die meeste hedendaagse geleerdes plaas Homeros egter tussen die 7de en 8ste eeu v.C.
Die onsekerhede rondom Homeros se biografie, of hy wel bestaan het of nie, asook wie werklik verantwoordelik is vir al die Homeriese werke staan bekend as die
Homeriese kwessie
.
Om die Homeriese tydvak te bepaal moet daar gekyk word na die konteks waarin die woord "Homeros" gebruik word. Indien die werke in geheel of gedeeltelik aan 'n blinde digter genaamd Homeros toegeskryf word, en werklik deur so 'n persoon geskep is, moet biografiese datums, 'n eeu of geskiedkundige tydperk bestaan, wat as die Homeriese tydvak beskryf kan word. Indien Homeros egter beskou word as 'n mitiese karakter, die legendariese stigter van 'n gilde
rapsodiste
genaamd die Homeridae, beteken "Homeros" die werke toegeskryf aan die rapsodiste van die gilde. Die rapsodiste het hulle werke meestal binne die bestek van 'n eeu of paar eeue saamgestel. Die woord "Homeros" word ook gekoppel aan die tradisionele elemente van digkuns, wat aan die rapsodiste bekend was. Die elemente is deur hulle aangewend om mondelinge poesie mee te skep en so inligting rakende die kultuur van Mukeense Griekeland oor te dra. Hierdie inligting word algemeen "Die wereld van Homeros" (of van die
Odussee
of die
Ilias
) genoem. Die Homeriese tydvak sal in hierdie geval 'n aantal historiese tydvakke dek, vernaam die Mukeense era, wat die eerste weergawe van die
Ilias
voorafgaan. Ten laaste is gevind dat meeste van die
Ilias
en
Odussee
se geografiese en materiele inhoud ooreenstem met die Laat-Egeiese
Bronstydperk
, die bloeitydperk van
Troje
. Die gebeure het afgespeel voor die ingebruikneming van die Griekse alfabet.
Saam met die vraag oor of 'n biografiese persoon, naamlik Homeros bestaan het, en watter rol hy gespeel het met die ontwikkeling van die onderskeie bekende tekste, word die kwessie geopper of 'n eenvormige teks van die
Ilias
en
Odussee
ooit bestaan het. Daar moet in ag geneem word dat die gedrukte tekste woord vir woord die produk is van geleerdes se insette die afgelope drie eeue. Elke uitgawe van die
Ilias
en
Odussee
verskil ietwat van mekaar vanwee die feit dat redakteurs staat maak op verskillende manuskripte en fragmente. Hulle neem ook verskillende besluite rakende die mees akkurate teks om te gebruik. Die term "akkuraatheid" dui op 'n wesenlike veronderstelling dat 'n oorspronklike eenvormige teks bestaan het. Die manuskripte van die tans beskikbare volledige werk dateer nie verder terug as die 10de eeu nie. Hierdie tekste bevind hulself aan die stertkant van 'n verdwene duisendjarige ketting van kopiee. Die kopiee is oorgeskryf soos elke generasie manuskripte gedisintegreer het, verlore geraak het of vernietig is. Hierdie talle manuskripte verskil so min van mekaar dat 'n enkele oorspronklike manuskrip gepostuleer kan word.
[6]
Die leemte in die ketting word oorbrug deur die
scholia
(aantekeninge) in die bestaande manuskripte. Die scholia toon aan dat die oorspronklike manuskrip in die tweede eeu v.C. deur
Aristargos van Samothrake
gepubliseer is. As bibliotekaris van die
Biblioteek van Alexandrie
het hy 'n taamlike uiteenlopendheid in die Homeriese werke bespeur, en gepoog om 'n meer outentieke kopie saam te stel. Hy het in die proses verskeie manuskripte versamel. Die een wat hy op die ou einde vir regstelling gekies het, was die
Koine
manuskrip, wat later deur Murray vertaal is as die "Vulgata." Aristargos is bekend vir sy konserwatiewe keuses van bronne en het versreels gemerk wat volgens hom nie Homeros se werk is nie. Die hele laaste boek van die
Odussee
is so deur hom gemerk.
Die Koine weergawe is op sy beurt weer van Zenodotos, die eerste bibliotekaris in Aleksandrie, afkomstig. Hy het sy merk gemaak aan die begin van die 3de eeu v.C. Zenodotos het ook probeer om outentisiteit terug te besorg aan die manuskripte wat hy in 'n chaotiese toestand gevind het. Hy stel die voorbeeld deur gedeeltes wat hy as oneg beskou te merk, en voeg gedeeltes by wat hy as vermis beskou. Nie Zenodotos of Aristargos maak melding van enige outentieke hoofkopie van waaruit regstellings gemaak kan word nie. Hulle benadering was intuitief en die huidige indeling van 24 boeke elk vir die
Ilias
en
Odussee
is deur Zenodotos in plek gesit.
Murray verwerp die idee dat 'n gesaghebbende teks vir die
Vulgata
bestaan het tydens Zenodotos se leeftyd. Hy maak gebruik van fragmente en aanhalings van Homeros uit ander werke waarvan ongeveer 200 in bestaan was tydens sy navorsing. Sommige van die tekste stem ooreen met huidige tekste, party omskryf die tekste en ander word glad nie verteenwoordig nie. Murray haal aan uit
Achilles se skild
wat ook verskyn in
Herkules se skuld
in
Hesiodos
. Hy maak die gevolgtrekking dat die epiese gedigte in 'n "vloeibare toestand" verkeer het en stel 150 v.C. voor as die datum waartydens die tekste verdig tot die
Vulgata
. Murray se ook dat "Homeros" in die vyfde eeu v.C. die betekenis gedra het van die "outeur van die Ilias en Odussee", maar dat mens nie seker kan wees van wat met daardie woorde bedoel is nie.
[7]
Die vroegste vermelding van 'n Homeriese werk is deur
Kallinos
, 'n digter wat rondom 750 v.C. geleef het. Hy skryf die epos
Thebais
aan Homeros toe ? 'n heldedig oor die
Epigone
se aanval op Thebe. Die
Thebais
is geskryf in die tyd toe die Griekse alfabet in gebruik geneem is, maar kon oorspronklik 'n mondelinge gedig gewees het. Verder word die Ilias in Herodotos genoem met betrekking tot die vroeg sesde eeu v.C., maar daar word nie genoem van watter Ilias gepraat word nie. Dit wil voorkom of al die antieke bronne vasberade blyk te wees dat Homeros bestaan het. Die skrywer van
Apollo se loflied
identifiseer homself in die laaste vers van die gedig as 'n blinde man van Chios.
Nieteenstaande hierdie inligting is daar nog steeds gronde om aan te voer dat Homeros slegs 'n mitologiese karakter is ? die sogenaamde stigter van die Homeridae.
Martin Litchfield West
maak aanspraak daarop dat "Homeros" nie die naam van 'n geskiedkundige digter is nie, eerder 'n fiktiewe saamgestelde naam.
[8]
Oliver Taplin verkondig weer in die
Oxford History of the Classical World
se hoofstuk oor Homeros dat sy lewe grootliks bewysbaar fiktief is.
[9]
Nog 'n aanval op die biografiese besonderhede kom van G.S. Kirk wat se dat die Oudheid niks definitiefs geweet het van die lewe en persoonlikheid van Homeros nie.
[10]
Taplin weer, verkies om van Homeros te praat as 'n geskiedkundige konteks vir die gedigte. Sy datum vir hierdie konteks le tussen 750 ? 650 v.C. sonder om Murray se "vloeibare toestand in oorweging te bring." Die "Ilias" word algemeen beskou as die oudste werk van
Westerse letterkunde
.
Volgens Murray is daar 'n baie skraal kans dat die
Ilias
en
Odussee
uit die vroee bronne, met of sonder Homeros, dieselfde is as die wat ons vandag ken. Gregory Nagy kies die sesde eeu v.C. as die datum waarop die eposse vasgele is, eerder as Murray se 150 v.C. Hy baseer dit op die feit dat die
Ilias
voorgedra is tydens die Panathenaia, wat in 566 v.C. begin het.
[11]
Die bogenoemde sienings is almal egter filologies van aard. Ongeag of Homeros bestaan het of nie, en of die Homeriese tekste naby is aan die wat vandag bestaan, kan
filologie
nie op sy eie enige lig werp op die ooreenkomste tussen die Mukeense kultuur en die geografiese en materiele dekor van Homeros se wereld nie.
Argeologie
steun egter die teorie dat heelwat gedetailleerde inligting oorleef het in die vorm van formules en stereotiepe stukke, wat kreatief gekombineer is deur die rapsodiste van latere eeue. 'n Aantal gekombineerde argeologiese en filologiese werke is al oor die onderwerp geskryf, soos Denys Page se "History and the Homeric Iliad" en Martin Nilsson se "The Mycenaean Origin of Greek Mythology." Die taalkundige Calvert Watkins gaan so ver as om 'n oorgeerfde
Proto-Indo-Europese taaloorsprong
te gaan soek vir sekere epitetons en die epiese gedig.
[12]
Indien hy reg is, kan die stereotipe temas en gedigte van rapsodiste heelwat ouer wees as die
Trojaanse oorlog
, wat in daardie geval slegs die nuutste geleentheid sou wees vir 'n epos.
Dit is moeilik om Homeros voor te stel as 'n enkele skrywer van 'n versameling werke, aangesien dit vandag historiese gebeure beskryf wat meestal werklikheid was, behalwe vir die ooglopende
mitologie
. Homeriese studies is die tameletjie van
filosofie
, want dit het nie 'n begin of einde nie. Maak nie saak wat as die eerste kwessie gekies word nie, dit lei onmiddellik na 'n verdere kwessie. Die versameling kwessies staan bekend as die
Homeriese kwessie
.
Die vitae Homeri, "Homeros se lewens"
[
wysig
|
wysig bron
]
Verskeie tradisies oorleef wat bewerings maak rakende Homeros se geboorteplek en agtergrond.
Lucianus
die satirikus beskryf hom, in sy
Ware geskiedenis
, as 'n
Babilonier
genaamd Tigranes wat die naam Homeros aanneem na hy as "gyselaar" ("homeros") geneem is deur die Grieke.
[13]
Wanneer Keiser
Hadrianus
die
Orakel
by
Delphi
oor Homeros uitvra, antwoord die
Putia
dat hy van
Ithaka
is ? hy is die seun van Epikaste en
Telemachos
uit die
Odussee
.
[14]
Hierdie stories verskyn in die verskeie "lewens van Homeros,"
[15]
en is sedert die Aleksandrynse era met die verloop van tyd saamgestel.
[16]
"Homeros se lewens" verwys dus na 'n versameling van langer fragmente oor die onderwerp, geskryf deur merendeels anonieme skrywers. Sommige van die fragmente is toegewys aan meer bekende skrywers. Thomas W. Allen versamel al die vitae in die 20ste eeu en kombineer dit tot 'n standaard verwysingswerk wat deel word van die
Homeri Opera
, "Homeros se werke". Die eerste publikasie verskyn in 1912 deur
Oxford University Press
.
[17]
Allen teken verskeie vitae op, wat uit verskillende bronne bymekaargemaak is:
- Vita Herodotea
, ble. 192-218, beter bekend as die
Pseudo-Herodotos
, moontlik omrede dit nie van Herodotos is nie
- Certamen Homeri et Hesiodi
, ble. 225-238 met fragmente op ble. 218-221
- Die twee
Plutarchi vitae
(nou
Pseudo-Plutarchus
), ble. 238-244 en ble. 244-245 onderskeidelik
- Sekere vitae geidentifiseer as IV (elders bekend as
Vita Scorialenses
,
[18]
) ble. 245?246, V (
Vita Scorialensis II
), ble 247?250, VI (
Vita Romana
,
[19]
) ble. 250-253 en ten laaste VII, wat eintlik drie uittreksels is van Eustathius, ble. 253-254 en 255, John Tzetzes, ble. 254-255, en
Suda
, ble. 256-268, nou bekend as Hesuchios van Milete.
Nagy herorganiseer die lys in elf dele, Vita 1 tot Vita 10, met
Plutarchus
verdeel in 3a en 3b. Hy sluit bykomend Vita 11 in, uit die Chrestomatiee van Proclus, ble. 99-102.
[20]
Die oorsprong van die naam "Homeros" is onbekend, oenskynlik Grieks. Talle Griekse woorde is egter leenwoorde, benaderings of omskrywings van vreemde woorde. Dit het veral voorgekom by name uit die ooste waar daar kontak was met sprekers van tale uit die dele.
Darius
is byvoorbeeld deur die Grieke, homself en die ander
Oudpersiese
sprekers, D?rayava(h)u?, "hou die goeie ferm vas" genoem. Die onttroonde koning van Thebe,
Kadmos
, na bewering 'n Fenesier, is moontlik as 'n Oosterling beskou vanwee die Hebreeuse/Fenisiese "qdm" ? "die ooste".
Priamos
is waarskynlik afkomstig van die
Luwiese
"Priya-muwa-", wat "uitsonderlik braaf" beteken. Verskeie name besit 'n vreemde herkoms maar pas ook via Grieks binne ontlenings aan
Proto-Indo-Europees
. Min riglyne is beskikbaar om die taalkundige te ondersteun met die identifisering van die waarskynlikste oorsprong.
Etimologiee vir die naam "Homeros" strek dus wyer as net die Grieke. Aan die een kant kon hy 'n vergriekste Fenisiese naam gehad het. West veronderstel 'n
Fenisiese
prototipe van Homeros se naam as 'n patroniem (vadersnaam), Homeridae (manlike opvolger uit die geslag van Homeros),
*bene omerim
("seuns van sprekers" ? professionele storievertellers).
[21]
In hierdie geval sal die vadersnaam dui op die gilde. In Grieks sal die "Homer" in Homeridae in die enkelvoudvorm moes wees, die veronderstelde enkele afstammeling van 'n stamgroep, wat 'n oorgeerfde ambag beoefen. Die hipotetiese Semitiese voorouers is egter in die meervoudsvorm. Waar "ben" vir een "vader" gebruik kan word kan die id- konstruksie nooit 'n meervoudige vader aandui nie. Aan die ander kant is Proto-Indo-Europese etimologiee beskikbaar. Die digter se naam is homofoon met die Griekse
?μηρο?
(
hom?ros
), "gyselaar" (of "borg").
[22]
Die woord kom uit die Attiese dialek en was algemeen in gebruik. In Pseudo-Herodotos en
Plutarchus
se vitae besit die woord die ietwat obskure betekenis van "blind", wat weer geinterpreteer word as "hy wat vergesel; hy wat gedwing word om te volg" met betrekking tot 'n gids.
[23]
Die woord se geografiese lokaliteit word verduidelik deur 'n veronderstelling dat dit meestal gebruik is in Eolie, aan die kus van Klein-Asie, die omgewing waar Homeros opgetree het, en dus tot die Eoliese dialek behoort.
[24]
Die letter Eta klassifiseer die woord as Oos-Grieks, teenoor die Wes-Griekse Kretensiese vorm, wat 'n Alfa gebruik. Ionies en Atties is ook Oos-Griekse dialekte. Regdeur die Pseudo-Herodotos is
?μηρο?
(
hom?ros
) sinoniem met die standaard Griekse
τυφλ??
(
tuphlos
), wat 'blind' beteken. Proclus se Chrestomathia se spesifiek "die
tuploi
is deur die Eoliers
homeroi
genoem".
[25]
Die uitbeelding van Homeros as 'n blinde sanger-digter in bestaande literatuur begin met die laaste vers in die
Deliese
Lofsang aan Apollo
, die derde
Homeriese Lofsang
.
[26]
Dit is later deur
Thukydides
aangehaal ter ondersteuning van die standpunt.
[27]
Die skrywer van die lofsang beweer dat hy 'n blinde sanger-digter vanaf Chios is. Verder aanvaar kenners ook al vir 'n geruime tyd dat 'n gedeelte uit die
Odussee
selfverwysend is
[28]
waar 'n blinde sanger-digter,
Demodokos
, in die Faiakiese koning se hof verhale van Troje oorvertel aan 'n gestrande
Odusseus
.
[29]
Ten spyte van die aandrang uit oorgeblewe bronne dat Homeros blind was, is daar verskeie ernstige besware teen die teorie. Van die vitae meen dat hy nie blind was nie. As hy nie kon skryf nie, was hy ongeletterd en nie in staat om werke saam te stel nie. 'n Lang gedig sal buite die bestek van menslike geheue wees sonder geskrewe wenke. Verder is die beelde in die gedig baie grafies en 'n blinde man sou nooit die tonele uit die beelde kon ervaar het nie. Antwoorde bestaan wel op die besware.
[30]
Die voorbeeld van die blinde John Milton, wat
Paradise Lost
gedikteer en saamgestel het, toon dat 'n blinde mens 'n heldedig kan skep. Albert B. Lord se
The Singer of Tales
, wat handel oor moderne rapsodiste wat eposse sing, bewys dat eposse op daardie skaal spontaan, in moderne tye, saamgestel is uit gememoriseerde elemente. Die kwessie rakende geskrewe wenke kan verklaar word as aangeneem word dat Homeros later in sy lewe blind geword het, wat ook die Pseudo-Herodotos se uitgangspunt is. Hiervolgens begin Homeros, na hy sy sig verloor het, 'n loopbaan as 'n swerwende
rapsodis
of impromptu digter by openbare sametrekke. Hy neem na bewering, aan die begin of vroeg in sy nuwe loopbaan, die verhoognaam "die blinde man" aan, wat hom in die kategorie plaas van blinde profete wat met geinspireerde innerlike visie sien, en so 'n mate van goddelike glorie aan die optrede verleen.
Die vitae bly egter uiteenlopend oor die betekenis van die naam. Nog 'n verklaring is dat dit verdeel kan word in Hom-eros, met 'Hom' van die Griekse 'homou' ("saam"),
[31]
en die tweede ?ar- in 'arariskein' ("bring bymekaar"),
[32]
met die Eta in -eros uit Oos-Grieks. Dit kan moontlik die betekenis dra van die saambring van die blinde man en sy gids. Gregoray Nagy maak gebruik van die frase, phone homereusai, "pas [die lied] by die stem" uit Hesiodos, moontlik 'n tydgenoot van Homeros. Dit sal aan "Homeros" die betekenis gee van "hy wat [die lied] byeenvoeg".
[33]
Indien die naam oorweeg word as 'n kategorie of klassifikasie, laat dit die moontlikheid bestaan dat enige rapsodis daaronder kon klassifiseer, en daar dus geen biografiese oorspronklike naam Homeros bestaan het nie. West se dat 'n moontlikheid bestaan waar Homeros nie die naam van 'n historiese Griekse digter was nie, maar eerder die verbeelde stamvader van die Homeridai. Name van gildes met agtervoegsels ?idai en ?adai is nie normaalweg gegrond op die naam van 'n geskiedkundige persoon nie.
[21]
William Ihne kon, na die bestudering van die bronne, 19 plekke uit die oudheid identifiseer wat Homeros as burger beskou het, selfs Athene. Die aanspraak word gemaak omdat Smirna, wat Homeros as boorling beskou, 'n kolonie van Athene was. Die rede vir die veelvuldige aansprake is die gevolg van onderlinge burgerlike wedywering om hierdie eer.
[34]
Ihne kies Smirna omrede sommige van die vitae die woord "Homeros" as Eolies identifiseer en die stad 'n Eoliese geskiedenis het. Met die keuse word voorkeur gegee aan die langste, mees gedetailleerde vita, die Pseudo-Herodotos, een van die bronne wat Smirna as oorspronklik Eolies eien.
Die Eoliers is een van die drie vernaamste etniese groepe uit antieke Griekeland. Die
Ioniers
en
Doriers
is die ander twee. Eoliers is grotendeels afkomstig uit Tessalie maar het ook vroeer, na die Trojaanse oorlog, Beotie as tuiste gehad. Die okkupasie geskied in die selfde tyd as die besetting van
Peloponnesos
deur die Doriers. Eoliers het 'n eie Oos-Griekse dialek gepraat. Hesiodos is as Beotier deel van hierdie groep. Dit kom duidelik na vore in sy werke met die Eoliese gedeeltes wat van toepassing is op Homeros se naam. Die Eoliers koloniseer die noordwestelike kus van Klein-Asie en doop hulle gebiede
Eolie
en Lesbos.
[35]
Die nedersettings daar was reeds deur afstammelinge uit die Trojaanse oorlog bewoon en volgens Pseudo-Herodotos is die oorlewering en geskiedenis deur die Eoliers lewendig gehou. Eolie het gestrek vanaf die kus teenoor Lesbos tot by
Smirna
op die rand van
Ionie
. Die Eoliese bond, Smirna ingesluit, het uit 12 stede bestaan terwyl die
Ioniese bond
in die suide gele het, ook met 12 stede. In ongeveer 688 v.C. word Smirna deur die
Kolofone
oorgeneem na hulle blykbaar vertoef het vir 'n fees. Smirna word gevolglik 'n Ioniese kolonie.
[36]
Die twee bonde se politieke relevansie kom tot 'n einde met die uitgang van die 5de eeu v.C. Dit volg op die aansluiting of geforseerde aansluiting van die stede rondom die
Egeiese see
tot die
Deliese bond
? 'n Koine groepering onder Atheense leierskap. Elke stad moes manskappe, skepe of geld bydrae tot 'n gesamentlike weermag. Die besonderhede en gesamentlike gebeure is die onderwerp van
Thukydides
se
Geskiedenis van die Peloponnesiese oorlog
. Inskripsies uit daardie tyd lewer 'n basis vir die bestudering van die Eoliese taal. Hiervolgens kan Buck drie dialekte onderskei, Tessalies, Beoties en Lesbies.
[37]
Die Ioniese stede in Klein-Asie het 'n Ioniese dialek gepraat. In die grensgebiede tussen Ionie en Eolie het die dialekte mekaar verdring en 'n Ionies-Eoliese mengsel tot gevolg gehad, soortgelyk aan die in die Homeriese gedigte.
[38]
Chios
was byvoorbeeld altyd lid van die Ioniese bond
[39]
en tog bevat die dialek daar 'n paar aspekte wat van Eoliese oorsprong is.
[40]
Die selfde soort vermenging het nie op die Ionies-Doriese grens in die suidwestelike Anatolie voorgekom nie.
Weens die feit dat Lesbies met die verloop van tyd meer Ioniese aspekte in digkuns bygekry het, betoog Janko vir 'n noordwaartse uitbreiding van die Ioniese dialek en populasie ten koste van die Eoliers.
[41]
Eolies het geleidelik met Ionies saamgesmelt. Na die 5de eeu v.C. het beide egter begin saamsmelt met die nou wydverspreide susterdialek van Ionies genaamd
Atties
, asook Koine, wat in die Hellenistiese era daaruit ontwikkel. Atties maak sy verskyning in Ioniese werke in die 4de eeu v.C. en vervang Ionies teen ongeveer 100 v.C. Die nuwe koninkryk van
Pergamum
verkry in 281 v.C. die Eoliese kus van Anatolie en verdeel die Lesbiese dialek sodoende in twee. Lesbies verdwyn teen die 3de eeu v.C. uit die koninkryk maar leef tot die 1e eeu n.C. buite die koninkryk voort as die laaste Eoliese dialek.
[42]
G.S Kirk is ietwat skepties oor die biografiese inligting in die vitae, hy gee egter beperkte krediet aan sekere van die omstandighede. Daarin word redelik gereeld genoem dat Homeros in die
Ioniese
streek van Klein-Asie, in
Smirna
of op die eiland
Chios
, gebore is en op die
Kukladiese
eiland
Ios
gesterf het.
[16]
Die gebiede was op daardie tydstip Eolies of ten minste gedeeltelik Eolies. Smirna is toe nog nie deur die Ioniers oorgeneem nie. Chios is bewoon deur pre-Hellenistiese stamgenote uit Tessalie met 'n onbekende taal, wat Eolies kon wees. Die band met Chios dateer ten minste terug tot met
Semonides
van
Amorgos
, wat die gedeelte uit die
Ilias
6.146 aanhaal as deur "die man van Chios".
[43]
ʼn Eponieme sanger-digters
gilde
bekend as die
Homeridae
(Homeros se seuns)
[44]
was ook daar doenig en kan hul herkoms terug neem na 'n voorganger met die naam. Op Ios was sekere Eoliese woorde in gebruik, onder andere Homereon, een van die Iosiese maande.
[45]
Daar word gesinspeel op die verband met Smirna deur die oorspronklike naam wat in verskillende vitae aan hom gegee is: Melesigenes, "gebore uit die Melesrivier", 'n rivier wat deur die stad vloei.
Die gedigte lewer ook bewyse op van 'n familiariteit met die natuurlike omgewing en plekname van
Klein-Asie
;
[46]
Homeros verwys byvoorbeeld na weilandvoels by die mond van die
Kaystrosrivier
,
[47]
'n storm in die
Ikariese see
[48]
en noem dat vroue in
Lidie
en
Karie
ivoor met skarlaken bevlek.
[49]
Hy moes ook oor geografiese kennis van die hele Mukeense Griekeland beskik het soos bewys is deur die ontdekking van meeste van die plekke.
Wilhelm Dorpfeld
, die klassieke argeoloog,
[50]
stel voor dat Homeros meeste van die plekke wat hy in sy heldedigte beskryf, soos
Mukene
en
Troje
, besoek het. Volgens
Diodorus Siculus
het Homeros selfs
Egipte
besoek.
[51]
Sommige vitae, byvoorbeeld Thamyris
[52]
en
Hesiodos
, beeld Homeros uit as 'n swerwende minstreel wat tot sover as
Chalkis
gereis het om op te tree by die begrafnisspele van
Amphidamas
.
[53]
Verder word 'n beeld geskep van 'n blinde
bedelende
sanger wat hom met gewone mense soos skoenmakers, vissers, pottebakkers, seemanne en bejaardes in die bymekaarkomplekke van hawedorpe opgehou het.
[54]
Die gedigte lewer egter bewyse op van sangers in die howe van die adelstand, wat 'n sterk aristokratiese ondertoon tot gevolg het. Die afwesigheid van enige vername nie-adellike protagoniste versterk die tema. Dit kom ook na vore in gevalle soos die afranseling van die nie-adellike
Tersites
deur koning
Odusseus
oor hy durf waag het om sy meerderes te kritiseer. Die kwessies laat geleerdes verdeeld oor tot watter kategorie, indien enige, die hofsanger of swerwende minstreel, die historiese "Homeros", behoort.
[55]
Meeste van die 12 vitae is nie werklik gemoeid met historiese egtheid nie en lewer uiteenlopende stories oor Homeros se oorsprong, meeste daarvan deels in misterie gehul ook. Homeros word in sekere gevalle byvoorbeeld beskryf as die seun van die Melesrivier en 'n nimf. Pseudo-Plutarchus steun egter minder op mitologie en stel 'n alternatiewe stamboom voor waarvolgens Homeros en Hesiodos neefs is. Die enigste weergawe wat aanneem dat Homeros 'n werklike persoon was in 'n bestaande natuurlike omgewing, sonder om mitologie te betrek, is die effens langdradige Pseudo-Herodotos.
In die vitae word Cleanax van
Argos
, 'n kolonis van
Kyme
, voogskap gegee oor 'n wees gelate Chretheis. Sy was die dogter van afgestorwe vriende en medekoloniste. Hy stuur haar later uit skaamte, weens 'n buite egtelike swangerskap, na die nuwe kolonie van Smirna sodat sy vriend Ismenias van Beotie na haar kan omsien. Tydens die bywoning van 'n fees op die oewer van die Melesrivier skenk sy onverwags geboorte aan 'n seun, wat sy Melesi-genes doop, "riviergeborene". Hierna verlaat sy die sorg van Ismenias en word as enkelmoeder 'n trekarbeider. In die tyd kry sy werk by Phemius, 'n skoolhoof, om wol te verwerk wat hy by studente as betaling ontvang. Hulle ontwikkel 'n verhouding en hy oortuig haar om by hom te bly (syn-oikein) met die belofte dat hy die kind as sy eie seun sal aanneem, ondersteun en opvoed.
Melisigenes blyk begaafd en baie suksesvol op skool te wees. Met sy ouers se dood jare later erf hy die skool en laat sy huis se deure gasvry oop vir reisende handelaars. Een van die handelaars, Mentes, oortuig hom om die skool te verkoop en as seeman op sy skip te kom werk. Volgens oorlewering verwyl hy sy tyd in die hawens met navorsing en die maak van aantekeninge. Na hy 'n oogsiekte ontwikkel word hy in Itaka by 'n vriend van die kaptein gelos vir behandeling en om aan te sterk. Hy gebruik die tyd om die storie van Odusseus na te vors. Hy herstel mettertyd maar beleef later 'n terugslag, wat hom permanent blind laat.
Met sy aftrede op Smirna besluit die nou blinde Melisigenes op 'n loopbaan as resiteerder van poesie. Sy hulpbronne raak algaande uitgeput en hy gaan op reis op soek na beter geleenthede. In Neonteichus, 'n kolonie van Kyme, vertoef hy voor 'n skoenwinkel om te bedel deur gedeeltes in
daktiliese
heksameter
saam te voeg en voor te dra. So begin 'n gewoonte waarmee hy die res van sy lewe sal volhou. Hy gebruik poesie om oor gewone sake te kommunikeer en sodoende sy vaardigheid bekend te stel. Die skoenmaker, Tychius, open sy deure vir hom en laat hom toe om in sy winkel te resiteer. Hy word vir 'n tyd lank 'n trekpleister in Neontychus maar kom nie werklik op die been nie en keer terug na Kyme. Met sy terugtog word hy in Larissa betaal om 'n epitaaf te skryf vir Midas, die afgestorwe koning van Frigie, se graf.
Terug in Kyme gaan hy voort met die voordrag van sy poesie in salonne. Hy word so suksesvol dat hy die sittende stadsraad vra vir geldelike ondersteuning met die byvoordeel dat hy die stad beroemd sal maak. Een van die raadslede argumenteer dat as hulle homeroi, “blinde mans”, ondersteun, hulle binnekort met 'n menigte van hulle in Kyme te make sal he. Die voorstel word afgeskiet en hy vertrek kort daarna gefrustreerd na die Ioniese stad
Fokaia
. Daar word hy bekend en kry die naam Homeros, "die blinde man".
Hoewel hy 'n gereelde gesig raak in Fokaia se salonne blyk sukses hom te ontwyk. Hy gaan 'n ooreenkoms aan met ene Thestorides dat die hom sal onderhou in ruil vir die outeurskap van sy werke. Thestorides skryf al die werke neer soos dit mondelings deur Homeros geskep word. Na 'n wyle verbreek Thestorides die ooreenkoms en vertrek onder dekmantel na Chios waar hy 'n skool oprig en Homeros se gedigte onder 'n ander naam voordra. Homeros ontvang woord hiervan maar sy poging om na Chios te reis word deur vissermanne van die hand gewys. Hy kry egter 'n geleentheid saam met houtkappers, wat hom na die strand van Eritrie neem. Daar kry hy 'n verdere geleentheid saam met ander vissermanne na 'n onbekende strand.
Die onbekende strand blyk toe Troas naby die berg Ida te wees. Homeros word deur 'n trop honde aangeval na hy agter die klank van bokke aanloop en word deur die bokwagter Glaukos gered. Na hy die nag die bokwagter met gedigte trakteer langs die kampvuur word hy die volgende oggend aan sy meester voorgestel. Glaukos se meester stel hom aan as huisonderwyser vir sy kinders. Hier bereik hy vir die eerste keer sukses en dig meeste van sy poesie. Thestorides laat staan sy skool in Chios na hy te hore kom van Homeros se sukses, waarna Homeros die see weer oorsteek terug na die eiland. Daar begin Homeros 'n nuwe skool, floreer, trou, kry twee dogters en skryf die
Ilias
en
Odussee
. Op 'n toer na die Griekse vasteland vertoef hy in Samos vir die feeste aldaar. Op pad na Athene in die lente word sy skip van koers af gewaai tot in Ios. Wagtende op gunstige winde word hy siek en sterf. Die skrywer van die vitae gaan hierna verder en beweer dat Homeros Eolies was en nie Ionies nie. Sy geboortedatum word aangegee as 622 jaar voor Xerxes. Die bewering, indien waar, sal Homeros se skryfwerk onwaarskynlik maak indien dit in die Griekse alfabet gedoen is.
Werke aan Homeros toegeskryf
[
wysig
|
wysig bron
]
Deur 'n werk aan iemand toe te skryf is nie dieselfde as om die outeurskap van 'n werk te bevestig nie. Die verskil is dat 'n mate van twyfel bestaan. Die Grieke van die 6de en vroeg 5de eeu v.C. het onder die werke van "Homeros" verstaan dat dit die totale versameling van
heldetradisie
behels, soos beliggaam in die
heksametervers
.
[56]
Die totale
Epiese Siklus
is daarby ingesluit. Die genre sluit verder gedigte in oor die
Trojaanse oorlog
, soos die
Ilias Mikra
(
Klein Illias
), die
Nostoi
(
Terugkomste van die Grieke
), die
Kypria
en
Epigonoi
(
Nasate
) asook die
Thebiese
gedigte oor
Oidipus
en sy seuns. Ander werke, soos die versameling
Homeriese lofliedere
, die komiese mini-epos
Batrachomyomachia
(
Die oorlog tussen paddas en muise
) en die
Margites
(
Die Gek
) word ook aan hom toegeskryf hoewel dit deesdae as onwaarskynlik gereken word. Twee ander gedigte, die
Gevangeneming van Oechalia
en die
Phocais
is ook aanvanklik aan Homeros toegeskryf. Die identiteite van die outeurs van die onderskeie werke blyk egter selfs meer problematies te wees as die outeurskap van die twee groot eposse.
Herodotos
benoem beide die
Ilias
en
Odussee
as werke deur Homeros.
[57]
Hy haal gedeeltes aan uit die twee eposse wat identies is aan hedendaagse weergawes. Die gedeelte wat uit die
Ilias
aangehaal word meld dat Paris in Sidon verpoos het voor hy Helene na Troje geneem het. Die feit dat die
Kypria
noem dat Paris van Sparta direk na Troje toe is laat Herodotos die gevolgtrekking maak dat dit nie deur Homeros geskryf is nie en laat sodoende die twyfel ontstaan.
In
Werke en dae
noem Herodotos dat Homeros na
Euboia
is om deel te neem aan die spele in
Chalkis
, wat aangebied is deur die seuns van Amphidamas.
[58]
Hy wen met 'n himne en dra sy prys op aan die
Muses
van
Berg Helikon
waar hy met sy poesie begin het. Een van die vitae, die "Certamen", neem die tema verder. Dit meld dat Homeros en Hesiodos tydgenote is. Albei het die begrafnisspele van Amphidamas bygewoon, wat deur sy seun Ganyctor gereel is, en albei het aan die wedstryd van sophia, "vernuf", deelgeneem. In die wedstryd word van 'n deelnemer verwag om 'n vraag aan die teenstaander te vra en die moet in gedig antwoord. Die beoordelaar kon nie tot 'n wenner besluit nie en laat elkeen uit hul eie gedigte voordra. Hesiodos resiteer uit
Werke en dae
en Homeros uit die
Ilias
. Siende dat die
Werke en dae
hierdie spele en sy deelname daarin beskryf, is die storie hoogs onwaarskynlik. Hesiodos tree as oorwinnaar uit die stryd aangesien sy gedig oor vrede handel en Homeros sʼn oor oorlog.
Na die wedstryd sit Homeros sy digkuns, resitering en omswerwinge voort. Die
Certamen
maak melding van die
Tebais
en haal die eerste reel daaruit aan. Dit verskil nie wesenlik van die eerste reel in die
Ilias
soos dit tans daar uit sien nie en bevat 7 000 reels. Die
Epigoni
bestaan uit 'n ooreenstemmende eerste reel met insgelyk 7 000 reels in totaal. Die
Certamen
wys op die toeskrywing aan Homeros met "sommige se ..." Homeros skryf vervolgens die epitaaf vir Midas se grafsteen, met 'n silwer bak as betaling, en daarna die
Odussee
in 12 000 reels ? teenoor die 12 110 van die hedendaagse weergawe. Die
Ilias
is alreeds op daardie stadium deur hom neergepen in 15 500 reels (die hedendaagse weergawe is 15 693). Net die drie eposse op hul eie bestaan uit 34 500 reels sonder enige verwysing na die res van die enorme Epiese siklus. Hierna vertrek hy na Athene en
Argos
, waar hy reels 559-568 van die 2de boek uit die
Ilias
voordra met die byvoeging van nog twee wat nie in die hedendaagse weergawe verskyn nie. Hy vertrek daarna na
Delos
waar hy die
Lofsang aan Apollo
voordra en verkry burgerskap tot die Ioniese state. Ten laaste vertrek hy na
Ios
waar hy op klei gly en 'n noodlottig val.
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Ilias
.
Die
Ilias
(so genoem na die ander naam vir Troje, Ilion) beskryf 'n kort episode uit die stryd. Die voorgeskiedenis van die episode word slegs terloops aangeraak: die ontvoering van
Helena
, die dogter van
Leda
en
Zeus
, wat met koning
Menelaus
van
Sparta
getroud was, deur
Paris
, die seun van koning
Priamus
van Troje; die veldtog om Helena te bevry onder leiding van
Agamemnon
en die gebeurtenisse tydens die eerste ses jaar van die beleg. Die eintlike tema van die
Ilias
is die wrok wat
Achilles
jeens die Griekse leier
Agamemnon
koester, wat spruit uit 'n rusie oor 'n slavin wat hulle buitgemaak het. Achilles onttrek hom as gevolg hiervan uit die stryd, wat rampspoedige gevolge vir die Grieke tot gevolg het. Die dood van Achilles se wapenmakker
Patroklos
bring mee dat Achilles weer tot die stryd toetree om hom te wreek op die held
Hektor
. Die laaste episode handel oor Hektor se uitvaart. Die storie van die dood van Achilles toe hy getref word in die spreekwoordelike Achilleshiel en die inval van Troje deur van die
Trojaanse perd
gebruik te maak, kom nie in die
Ilias
voor nie.
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Odussee
.
Die 24 boeke van die
Odussee
(afgelei vanaf die naam
Odusseus
van 'n Griekse koning van die eiland
Ithaka
) is 'n
raamvertelling
, waarin die verhaal vertel word van die tien jaar se terugreis deur Odusseus. Die kader vorm die vertelling van die terugkeer van die held vanaf die eiland van die
nimf
,
Kalipso
, Odusseus se verblyf aan die paleis van die Faiake en sy uiteindelike tuiskoms in sy koninkryk Ithaka. Daar reken hy af met die etlike hofmakers van sy vrou
Penelope
, wat getrou op hom gewag het.
Die term "
Epiese siklus
" (
Epikos Kuklos
) verwys na 'n reeks van 10 gedigte deur verskillende skrywers neergepen, wat die Griekse mitologie in sy geheel dek. Die bedoeling is om 'n onderling verbinde reeks van stories weer te gee. Temas vir
Griekse dramas
is ook hieruit gekies. Die naam verskyn in die
Chrestomathia
van Eutychios Proklos, 'n samevatting van Griekse literatuur. Dit is verder slegs bekend deur verkorte fragmente wat deur
Photios I van Konstantinopel
geskryf is maar geen etimologie word verskaf nie. Evelyn White veronderstel dat hulle in die tyd van die
Ilias
en
Odussee
geskryf is en 'n duidelik nabootsende struktuur het.
[59]
Volgens die siening sou Homeros nie nodig gehad het om meer as die
Ilias
, of die
Ilias
en
Odussee
, te skryf nie. Die Homeridae word verantwoordelik gehou vir die orige. Die eenheid in tema en struktuur spruit voort uit die noue band tussen die skrywers in die gilde.
Proclus stem nie saam met die outeurskappe van die "Certamen" nie. Hy verskaf wel die name van ander skrywers, waar hulle beskikbaar is, in sy bronne. Die tien eposse, waarvan slegs verkorte weergawes van Proclus se samevattings en verspreide fragmente van ander skrywers nog bestaan, is as volg:
- Eerste en oudste is die
Titanestryd
(
Titanomachie
), agt fragmente hiervan is volgens oorlewering deur of Eumelus van
Korinthe
, 760-740 v.C., of
Arctinus van Melete
, 776 v.C.
[60]
- Die Tebise siklus bestaan uit drie eposse:
[61]
- Oedipus se storie
(
Oedipodeia
), 6 600 reels deur
Kinaithon
764 v.C.
[62]
- Tebais
, toegeskryf aan Homeros
[63]
- Epigonoi
, toegeskryf aan Homeros
[64]
- Die Trojaanse siklus bestaan uit die
Illias
,
Odussee
en ses ander eposse:
[59]
- Die
Kypria
bestaande uit 11 boeke en toegeskryf aan of Homeros, of 'n jonger tydgenoot genaamd Stasinos, of ene Hegesias
[65]
- Aithiopis
, bestaande uit 5 boeke en volgend op die
Ilias
, wat op sy beurt weer volg op die
Kypria
[66]
- Ilias Mikra
(
Klein Ilias
), met 5 boeke, deur Lesches van
Mutilene
? 660 v.C.
[67]
- Iliou persis
(
Ilium se verwoesting
) deur Arctinos
[68]
- Nostoi
(
Terugkomste
) deur Agias van
Troizin
? 740 v.C.
[69]
- Telegoneia
deur Eugamon van Sirene ? 567 v.C.
[70]
Identiteit en outeurskap
[
wysig
|
wysig bron
]
Die idee dat Homeros slegs vir die twee uitsonderlike eposse, die
Ilias
en die
Odussee
, verantwoordelik was, is nie oor saamgestem tot 350 v.C. nie.
[71]
Hoewel heelwat geleerdes dit onwaarskynlik vind dat die onderskeie eposse deur dieselfde persoon geskryf is,
[72]
argumenteer ander
[73]
dat die stilistiese ooreenkomste tussen die twee te sterk is om 'n teorie van veelvuldige outeurskap te ondersteun. Een van die standpunte wat die verskille tussen die twee eposse probeer oorbrug, beweer dat die
Ilias
geskryf is deur Homeros as jong volwassene terwyl die
Odussee
deur hom geskryf is as ou man.
Meeste geleerdes is dit eens dat die
Ilias
en
Odussee
as ouer materiaal rondom die begin van die 8ste eeu v.C. deur 'n proses van standaardisering en verfyning gegaan het. Dit blyk dat die
Atheense
tiran
,
Hippargos
'n groot aandeel in die standaardisering gehad het met sy hervorming van die voordrag van Homeriese digkuns tydens die Panathenaia. Verskeie
klassici
stem saam dat hierdie hervorming die lewering van 'n
kanonieke
geskrewe teks tot gevolg gehad het.
'n Paar akademici ondersteun nog die idee dat Homeros 'n werklike persoon was. Aangesien niks bekend is oor Homeros se lewe nie word algemeen gegrap dat die gedigte "nie deur Homeros geskryf is nie, maar deur 'n ander man met dieselfde naam."
[74]
[75]
Samuel Butler
redeneer, gebaseer op literere waarnemings, dat 'n jong Siciliaanse vrou die
Odussee
geskryf het,
[76]
'n idee wat verder geneem word deur
Robert Graves
in sy roman
Homer's Daughter
en Andrew Dalby in
Rediscovering Homer
.
[77]
Onafhanklik van die vraag oor enkele outeurskap, bestaan die amper universele eensgesindheid, na die werk van
Milman Parry
,
[78]
dat die Homeriese gedigte afhanklik is van 'n
mondelinge tradisie
. Dit is 'n geslagte-oue tegniek wat die gesamentlike nalatenskap was van baie sanger-digters (
aoidoi
). 'n Analise van die struktuur en woordeskat van die
Ilias
en
Odussee
toon dat die gedigte heelwat metodiese frases bevat wat tipies is van onvoorbereide epiese tradisies; selfs volledige strofes word met tye herhaal. Parry en sy student,
Albert Lord
, toon aan dat die soort uitvoerige mondelinge tradisie, vreemd in hedendaagse literere kulture, tipies is van
epiese digkuns
in 'n oorheersend kulturele milieu. Die klem val hier op "mondelings" en "tradisioneel". Parry skop af met "tradisioneel": die herhalende gedeeltes taal wat volgens hom oorgedra is aan die sanger-digter, vanaf sy voorgangers, en handig te pas gekom het met komposisie. Parry noem die herhalende gedeeltes "formules".
Presies wanneer die gedigte 'n vaste struktuur begin aanneem, is oop vir debat. Die konvensionele oplossing is die "transkripsie hipotese", waartydens 'n nie-geletterde "Homeros" sy gedig iewers tussen 8ste en 6de eeu v.C. aan 'n geletterde skribent dikteer. Die
Griekse alfabet
is vroeg in die 8ste eeu v.C. in gebruik geneem wat dit dus moontlik maak dat Homeros self een van die eerste generasie skrywers was. Die klassisis Barry B. Powell maak die voorstel dat die Griekse alfabet rondom 800 v.C. deur 'n enkele persoon, wat homself die "bewerker" genoem het, geskep is om juis mondelinge epiese digkuns op skrif vas te le.
[79]
Meer radikale Homeriste, soos Gregory Nagy, betoog dat 'n kanonieke teks van die Homeriese gedigte as "skriftuur" nie voor die
Hellenisme
(3de tot 1ste eeu v.C.) bestaan het nie.
Nuwe metodes poog om die kwessie verder op te klaar. Deur die kombinering van inligtingkunde en statistiek, stilometrie, word verskeie linguistiese eenhede ontleed: woorde, woordsoorte en klanke. 'n Eerste studie deur Dietmar Najock, gegrond op die frekwensie van Griekse letters,
[80]
belig spesifiek die onderlinge verband tussen die
Ilias
en
Odussee
. In ag genome die herverdeling van die letters, toon 'n nuwe studie van Stephan Vonfelt
[81]
die eenheid in Homeros se werke aan teenoor die van Hesiodos. Die talle vrae wat die moderne bewerings meebring laat die debat egter nog wawyd oop.
Homeriese studies is een van die oudste onderwerpe in die akademie en dateer terug na die Oudheid. Die doelwitte van Homeriese studies het met die loop van die millennia verander. Tydens die laaste paar eeue is gefokus op die proses waarvolgens die Homeriese gedigte tot stand gekom het en hoe dit met die verloop van tyd aan ons oorgedra is, mondelings en later skriftelik.
Van die belangrikste bewegings in hedendaagse Homeriese studies, in die 19de en vroeg 20ste eeu, is "Analise" en "Unitarisme, denkrigtings wat aan die een kant die wisselvalligheid en aan die anderkant die artistieke eenheid van Homeros belig. Van die 20ste eeu af en later ontstaan die "Mondelinge teorie", die studie van die meganismes en invloed van mondelinge oordrag, en "Neo-analise", die studie van die verwantskappe tussen Homeros en ander vroee epiese materiaal.
Homeriese Grieks is die weergawe van
Grieks
wat deur Homeros gebruik is in die
Ilias
en die
Odussee
. Dit is 'n argaiese vorm van
Ioniese Grieks
met ontlenings aan sekere ander
dialekte
, soos
Eoliese Grieks
. Dit dien later as basis vir "Epiese Grieks", die taal van "epiese digkuns", soos tipies in die daktiliese heksameter van digters soos
Hesiodos
voorkom. Anders as met latere vorme van die taal, is 'n ware bepaalde
lidwoord
in meeste gevalle nie beskikbaar nie.
[82]
Komposisies geskryf in Epiese Grieks dateer moontlik sover terug as die 3de eeu v.C. Die afname in gebruik was onafwendbaar met die opkoms van Koine.
Aristoteles
maak in sy
Poetika
die opmerking dat Homeros uniek was tussen die digters van sy tyd; hy fokus op 'n enkele oorkoepelende tema of geleentheid in die epiese siklus.
[83]
Die vernaamste eienskappe van Homeros se styl word duidelik geartikuleer deur
Matthew Arnold
:
“
|
[T]he translator of Homer should above all be penetrated by a sense of four qualities of his author:?that he is eminently rapid; that he is eminently plain and direct, both in the evolution of his thought and in the expression of it, that is, both in his syntax and in his words; that he is eminently plain and direct in the substance of his thought, that is, in his matter and ideas; and finally, that he is eminently noble.
[84]
|
”
|
Vrylik vertaal:
“
|
Die vertaler van Homeros moet bo alles getref word deur 'n gewaarwording van vier eienskappe van sy skrywer: ? dat hy by uitstek snel van tempo is; dat hy by uitstek gewoon en reguit is, in beide die ontwikkeling van sy gedagtes en ook in die weergee daarvan, dit wil se, in sy sintaksis sowel as sy woorde; dat hy by uitstek gewoon en reguit is in die wese van sy denke, dit wil se, in sy onderwerp en idees; en ten laaste dat hy by uitstek grootmoedig is.
|
”
|
Homeros se buitengewone tempo le in sy gebruik van die
heksametervers
. Dit is 'n kenmerk van vroee letterkunde dat die ontwikkeling van die gedagte, of die grammatikale vorm van die sin, deur die struktuur van die vers gelei word; Die ooreenstemming wat gevolglik bereik word tussen die ritme en sintaksis, lewer 'n snelvloeiende gang, wat selde verkry word as intervalle geskep word sonder direkte verwysing na die metrum. Die feit dat Homeros oor hierdie tempo beskik sonder om eentonig en weifelend te raak, lewer miskien die beste bewyse van sy ongeewenaarde poetiese vernuf. Die gewoonheid en direktheid van denke en uiting wat tipies van hom is, is sonder twyfel toe te skryf aan die kwaliteite van sy tyd; die skrywer van die
Ilias
(eenders as
Voltaire
, met wie Arnold hom graag vergelyk) het egter hierdie gawes in 'n uitsonderlike mate besit. Die
Odussee
is in die aspek egter op 'n waarneembare laer vlak as die
Ilias
.
Tempo of gemak van beweging en gewoonheid van uitdrukking en denke was nie kenmerkend van die groot epiese digters soos
Vergilius
,
Dante
[85]
en
Milton
nie. Hulle hoort in teendeel tot die heelwat meer beskeie epies-liriese skool wat so gereeld al aan Homeros ook toegewys is. Die bewys dat Homeros nie tot daardie skool hoort nie ? en dat sy digkuns nie in die ware sin van die woord ballades is nie ? le, ten opsigte van styl, by die meer verhewe artistieke struktuur van sy digkuns. Dit word beskryf deur Arnold se vierde eienskap: die eienskap van grootmoedigheid. Dit is sy grootmoedige en kragtige styl, volgehou met elke verandering van idee en onderwerp, wat Homeros finaal onderskei van alle vorme van ballades en gewilde
epiese digkuns
.
Net soos met die Franse eposse, byvoorbeeld die
Chanson de Roland
, is Homeriese digkuns inheems en as gevolg van die beweeglikheid en gevolglike eenvoud, onderskeidbaar van die werke van Dante, Milton en
Vergilius
. Dit kan verder ook onderskei word van hierdie kunstenaars se werke deur die vergelykbare afwesigheid van onderlinge motief en sentiment. In Vergilius se werke is die besef van die grootheid van
Rome
en
Italie
die leidende motief vir passievolle retoriek, gedeeltelik bedek deur die deurdagte delikaatheid van sy taalgebruik. Dante en Milton is selfs nog groter vertolkers van godsdiens en politiek uit hulle era. Selfs die Franse eposse lewer 'n gevoel van vrees en haat teenoor die
Sarasene
; in Homeros se werke is die belang egter suiwer dramaties. Daar bestaan nie 'n sterk weersin in ras of godsdiens nie; die oorlog wentel nie om politieke gebeure nie; die inname van Troje le buite die bestek van die
Ilias
; en selfs die protagoniste is nie vergelykbaar met die vernaamste Griekse nasionale helde nie. Dit blyk sover nog die belangrikste motivering in Homeros se werke menslike gevoelens,
emosie
en
drama
is; sy werke word inderwaarheid meermale beskou as "dramas".
- Spreekwoorde
- ʼn Homeriese gelag
: Onbedaarlike of skaterende gelag. Die spreekwoord se oorsprong kom uit die
Ilias
. Die gode het onbedaarlik gelag toe hulle die mismaakte Hefiastos al hinkende sien aankom. Hy is die Griekse god van vuur en smeerwerk.
[86]
- ʼn Homeriese vergelyking
: 'n Vergelyking waarin die vergelykende beeld in alle detail en besonderhede uitgewerk is.
[86]
- Ook Homeros slaap soms
: Die knapste mense kan hulself ook soms vergis. Die gesegde is na aanleiding van die woorde van Horatius, 'n Latynse digter.
[86]
- Vertalings en verwerkings
- Vos C. (2014),
Fragmente uit die Ilias ? Homeros
, Pretoria: Protea Boekhuis,
ISBN
978-1-4853-0181-3
- Van Rensburg J.P.J (1952),
Homerus: Die Ilias ? Uit die Oorspronklike Grieks Vertaal
, Stellenbosch: Pro Ecclesia-Drukkery
- Van Rensburg J.P.J (1963),
Homerus: Die Odusseia ? Uit die Oorspronklike Grieks Vertaal
, Kaapstad en Pretoria: Human en Rousseau
- ↑
Herodotos 2.53.
- ↑
Heubeck, Alfred; West, Stephanie; Hainsworth, J. B. (1988).
A Commentary on Homer's Odyssey
.
Oxford
: Oxford University Press. p. 3.
ISBN
0-19-814047-9
.
- ↑
Finley, Moses (2002).
The World of Odysseus
.
New York
: New York Review of Books. pp. 11?2.
ISBN
978-1-59017-017-5
.
; Finley se syfers is ontleen aan die korpus van literere papiri wat voor 1963 gepubliseer is.
- ↑
Herodotos 2.53.
- ↑
Graziosi, Barbara (2002). "Inventing Homer".
Cambridge
: 98?101.
- ↑
ʼn Opsomming van die bronne en 'n analise van die tekstuele eenvormigheid kan gevind word in
Murray 1960
, Hoofstuk 12 The Text of Homer From Known to Unknown.
- ↑
Murray 1960
, pp. 297?298
- ↑
West, Martin (1999). "The Invention of Homer".
Classical Quarterly
.
49
(364).
- ↑
Taplin, Oliver (1986). "2 Homer". In Boardman, John; Griffin, Jasper; Murray, Oswyn (reds.).
The Oxford History of the Classical World
. Oxford; New York: Oxford University Press. p. 50.
- ↑
Kirk, G.S. (1985).
The Iliad: A Commentary
. Vol. I: boeke 1-4. Cambridge: Cambridge University Press. p. 1.
- ↑
Nagy, Gregory (2001). "Homeric Poetry and Problems of Multiformity: The "Panathenaic Bottleneck".
Classical Philology
.
96
: 109?119.
doi
:
10.1086/449533
.
- ↑
Watkins, Calvert (1995).
How to Kill a Dragon: Aspects of Indo-European Poetics
. New York; Oxford: Oxford University Press; Internet Archive.
- ↑
Lucian,
Verae Historiae
2.20, gesiteer en vertaal in
Graziosi 2002
, p. 127
- ↑
Parke, Herbert W. (1967).
Greek Oracles
. UK: Hutchinson Educational. pp. 136?137 siteer die
Certamen
, 12.
ISBN
0-09-084111-5
.
- ↑
Stoessl, F. (1979). "
'Homeros'
".
Der Kleine Pauly: Lexikon der Antike in funf Banden: Bd. 2
. Munchen: Deutscher Taschenbuch Verlag. p. 1202.
- ↑
16,0
16,1
Kirk, G.S.
(1965).
Homer and the Epic: A Shortened Version of the Songs of Homer
. London: Cambridge University Press. p. 190.
ISBN
0-521-09356-2
.
- ↑
Allen, Thomas W., red. (1912).
Homeri Opera
(in Latyn en Oudgrieks). Vol. Tomus V: Hymnos Cyclum Fragmenta Margiten Batrachomyomachiam Vitas Continens. Oxonii: Typographeo Clarendoniano.
{{
cite book
}}
: AS1-onderhoud: onerkende taal (
link
)
- ↑
Die naam beteken enige vita in 'n manuskrip by die Real Biblioteca del Monasterio de San Lorenzo de El Escorial, "Koninklike Biblioteek van die Klooster van Sint Lorenzo van Escorial," Koninklik aangesien dit in die koning se paleis is in El Escorial, naby
Madrid
. Die paleis was op 'n tyd 'n klooster.
- ↑
So genoem aangesien die manuskrip in die Biblioteca Nazionale Centrale di Roma is, voorheen bekend as die Biblioteca Nazionale Centrale Vittorio Emanuele II.
- ↑
Nagy 2010
, p. 29
- ↑
21,0
21,1
West, M.L. (1997).
The East Face of Helicon: West Asiatic Elements in Greek Poetry and Myth
. Oxford: Clarendon Press. p. 622.
- ↑
Liddell & Scott 1940
,
?μηρο?
- ↑
Chantraine, P. (1968). "Homer".
Dictionnaire etymologique de la langue grecque
2 (3?4)
. Paris: Klincksieck.
Hierdie langgehuldigde siening is die een wat deur baie Griekse etimologiese woordeboeke oorgeneem is. Kyk ook die woordgeskiedenis van die naam Homeros in
Liddell & Scott 1940
,
?μηρο?
- ↑
Silk 1987
, p. 4. Silk veralgemeen dit na "Eoliessprekende gebiede," maar die enigste gebied in die Pseudo-Herodotos genoem is Kyme. Hy het egter volgens die bron oor die hele gebied opgetree en verskeie stede in die omgewing beweer dat hulle sy tuiste was.
- ↑
Allen bl. 99.
- ↑
Homeric Hymns 3:172?3
- ↑
Thukydides,
Die Peloponnesiese oorlog
3:104
- ↑
Graziosi 2002
, p. 133
- ↑
Odussee, 8:64ff.
- ↑
Beecroft, Alexander (2011).
"Blindness and Literacy in the Lives of Homer"
.
Classical Quarterly
.
61.1
: 1?18.
doi
:
10.1017/S0009838810000352
.
- ↑
Liddell & Scott 1940
,
?μο?
- ↑
Liddell & Scott 1940
,
?ραρ?σκω
- ↑
Nagy 1979
, pp. 296?300
- ↑
Smith 1876
, Homerus
- ↑
Smith 1876
, Aeolis
- ↑
Smith 1876
, Smyrna
- ↑
Buck 1928
, pp. 147?156
- ↑
Beaumont, Lesley (2013). "Smyrna". In Wilson, Nigel (red.).
Encyclopedia of Ancient Greece
. New York: Routledge.
- ↑
Smith 1876
, Chios
- ↑
Buck 1928
, p. 143
- ↑
Janko 1982
, p. 178
- ↑
Browning, Robert (1983).
Medieval & Modern Greek
(2nd uitg.). Cambridge: University of Cambridge. p. 51.
- ↑
Semonides (1989). "Fragment 19". In West, Martin L. (red.).
Iambi et Elegi Graeci ante Alexandrum cantati
(2nd uitg.). Oxford: Clarendon Press.
- ↑
Gilbert Murray,
The Rise of the Greek Epic
, bl. 307
- ↑
Liddell & Scott 1940
,
?μηρε?ν
- ↑
Scott, John Adams (1965).
The Unity of Homer
. New York: Biblio & Tanner Publications. pp. 4?8.
- ↑
Ilias
2.459?63
- ↑
Ilias
2.144?6
- ↑
Iliad
4.142
- ↑
"Troja und Ilion"
en
"Alt-Ithaka: Ein Beitrag zur Homer-Frage, Studien und Ausgrabungen aus der insel Leukas-Ithaka"
- ↑
The Historical Library of Diodorus Siculus, Boek I, hoofstuk VI.
- ↑
Ilias
, 2.595
- ↑
Hesiodos,
Werke en dae
, 654?5;
Nilsson, Martin P.
(1972).
Homer & Mycenae
. Philadelphia: University of Pennsylvania Press. pp. 207ff.
- ↑
Latacz, Joachim; Holoka, James P., tr. (1996).
Homer: His Art and His World
. Ann Arbor: University of Michigan Press. p. 29.
{{
cite book
}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (
link
)
- ↑
Graziosi 2002
, p. 134
- ↑
Murray 1960
, p. 93
- ↑
11.116.
- ↑
Reels 646-662.
- ↑
59,0
59,1
Evelyn-White 1914
, p. xxx
- ↑
Evelyn-White 1914
, pp. 481?482
- ↑
Evelyn-White 1914
, p. xxix
- ↑
Evelyn-White 1914
, pp. 484?485
- ↑
Evelyn-White 1914
, pp. 485?487
- ↑
Evelyn-White 1914
, pp. 486?489
- ↑
Evelyn-White 1914
, pp. 489?507
- ↑
Evelyn-White 1914
, pp. 506?509
- ↑
Evelyn-White 1914
, pp. 508?519
- ↑
Evelyn-White 1914
, pp. 520?525
- ↑
Evelyn-White 1914
, pp. 524?529
- ↑
Evelyn-White 1914
, pp. 530?532
- ↑
Gilbert Murray (1934),
The Rise of the Greek Epic
(4 ed.), Oxford University Press, p. 299
- ↑
Gregory Nagy: "Homer the Preclassic",
passim
- ↑
W. B. Stanford (1968),
The Ulysses Theme
, Ann Arbor Paperbacks
- ↑
James Mark Baldwin (1913),
History of Psychology: A Sketch and an Interpretation
,
1
,
http://psychclassics.yorku.ca/Baldwin/History/preface.htm#f4
- ↑
Henry Wheatley,
Schoolboys' Blunders
, archived from
the original
on 25 Februarie 2007
,
https://web.archive.org/web/20070225153904/http://www.worldwideschool.org/library/books/lit/literarystudies/LiteraryBlunders/chap7.html
, besoek op 15 Desember 2014
- ↑
Butler, Samuel (1897),
The authoress of the Odyssey : where and when she wrote, who she was, the use she made of the Iliad, and how the poem grew under her hands
, London: Longmans, Green
- ↑
Mary Ebbott,
"Butler's Authoress of the Odyssey: gendered readings of Homer, then and now"
,
Classics@
(3), archived from
the original
on 19 Junie 2016
,
https://web.archive.org/web/20160619131331/http://chs.harvard.edu/CHS/article/display/1313
, besoek op 15 Desember 2014
- ↑
Adam Parry, ed. (1987),
The Making of Homeric Verse: The Collected Papers of Milman Parry
, Oxford: Clarendon Press
- ↑
"Signs of Meaning: Reviewing Powell's
Writing
and citing Powell's
Homer and the Origin of the Greek Alphabet
",
Science
324
: 38, 3 April 2009
- ↑
Najock Dietmar (1995),
"Letter Distribution and Authorship in Early Greek Epics"
,
Revue informatique et Statistique dans les Sciences Humaines
,
XXXI, 1 a 4
, p. 129-154, archived from
the original
on 5 September 2012
,
https://web.archive.org/web/20120905045703/http://promethee.philo.ulg.ac.be/RISSHpdf/Annee1995/Articles/DNajock.pdf
, besoek op 15 Desember 2014
- ↑
Vonfelt Stephan (2010),
Archeologie numerique de la poesie grecque
, Universite de Toulouse, archived from
the original
on 17 Desember 2013
,
https://web.archive.org/web/20131217002555/http://graphoscopie.free.fr/corpus/Arch.pdf
, besoek op 15 Desember 2014
- ↑
Goodwin, William W. (1879),
A Greek Grammar
, St Martin's Press, p. 204
- ↑
Aristoteles,
Poetika,
1451a 16?29. Cf.
Aristoteles
, "On the Art of Poetry" in T.S. Dorsch (tr.),
Aristotle, Horace, Longinus: Classical Literary Criticism
, Penguin, Harmondsworth, 1965. Hoofstuk 8 bl. 42?43
- ↑
Matthew Arnold (1949), "On Translating Homer (Oxford Lecture, 1861)", in Lionel Trilling,
The Portable Matthew Arnold
, New York: Viking Press, p. 204?228
- ↑
Dante laat Virgillius vir Homeros voorstel, met 'n swaard in die hand, as
poeta sovrano
(uitnemende digter) en voor Horatius, Ovidius en Lukanus loop. Cf.
Inferno
IV, 88
- ↑
86,0
86,1
86,2
Prinsloo, Anton F. (2009),
Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
, Pharos,
ISBN
9781868901364
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Homeros
.
|
|
Wikiquote het aanhalings in verband met
Homeros
|