in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
nasionale vlag van
Senegal
is op
20 Augustus
1960
amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n vertikale driekleur in ewe wye bane (van links na regs) groen, geel en rooi met ’n vyfpuntige groen ster in die middel van die geel baan.
Die kleure op die vlag is die
Pan-Afrika kleure
en wys op die land se solidariteit met ander Afrikalande. Groen stel hoop en vrugbaarheid voor en is ook die kleur van
Islam
, geel stel rykdom voor en dit is ook die kleur van die kunste, literatuur en intellek, rooi roep die bloed wat gevloei het in die stryd om onafhanklikheid in herinnering, die ster stel die hemelruim (en daarmee saam die spirituele waardes van die nasie) voor (die vyf punte van die ster simboliseer die opening van Senegal se deure aan die vyf kontinente) en die kleur van die ster simboliseer die hoop van die onafhanklikheid van die Republiek van Senegal gebring het.
[1]
Die ontwerp van die vlag is ontleen aan die
vlag van Frankryk
, waarskynlik omdat Senegal vroeer ’n Franse kolonie was. Die vlag van die
Mali-Federasie
is op 4 April 1959 aanvaar toe Senegal en Mali saam op ’n federasie besluit het. Die vroeere vlag was dieselfde, behalwe dat die geel baan ’n swart stokmannetjie,
kanaga
, met arms opgehef na die hemel gehad het. Nadat Senegal die federasie verlaat het, het hulle die
kanaga
vervang met ’n groen ster.
Die vlag het onveranderd gebly ten tyde van die
Senegambiaanse Konfederasie
van 1982 tot 1989.
-
Vlag van Senegal, 25 November 1958 tot 4 April 1959
-
Vlag van die Mali-Federasie, 4 April 1959 tot 20 Augustus 1960
-
- ↑
"Senegal"
(in Engels). Flags of the World.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 17 Oktober 2000
. Besoek op
24 Maart
2020
.