in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Vlag van Niger
|
Gebruik
|
Nasionale
vlag
|
Verhouding
|
6:7
|
Goedgekeur
|
23 November
1959
|
Ontwerp
|
’n Horisontale driekleur in oranje, wit en groen met ’n oranje skyf in die middel van die wit baan.
|
Die
nasionale vlag van
Niger
is op
23 November
1959
amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n horisontale driekleur met ewe wye bane in (van bo na onder) oranje, wit en groen met ’n oranje skyf in die middel van die wit (middelste) baan.
Die oranje baan stel die Sahara in die noorde voor, die wit baan stel die
Nigerrivier
, die groen baan stel die vrugbare grasvlaktes van die suide voor en die oranje skyf stel die son voor wat oor die land en die rivier skyn. Sommige ander bronne meen dat die wit baan vrede voorstel en die groen baan stel broederskap voor.
[1]
Die huidige vlag is op
23 November
1959
aanvaar toe Niger onafhanklikheid van Frankryk verkry het. Die vlag gebruik dieselfde kleure as die vlae van
Ivoorkus
,
Ierland
en
Indie
, en lyk baie soos die Indiese vlag wat ook horisontale bane in dieselfde kleurvolgorde het.
Die vlag se tradisionele voorstelling met ’n ongewone reghoekinge verhouding is van onbekende betekenis en word nie konsekwent gebruik in amptelike Nigereense regeringspublikasies nie.
[2]
-
Verhouding 2:3
-
Verhouding 3:5
-
Verhouding 1:2
Die ontwerp van die vlag van Niger stem baie ooreen met die
vlag van Indie
, behalwe dat daar ’n blou motief eerder as ’n skyf in die middelste baan is.
- ↑
(
en
)
Greig, Charlotte. The Dictionary of Flags. Grange Books.
ISBN 1-84013-758-4
- ↑
Sien die FOTW vir ’n bespreking hiervan asook die volgende staatswebblaaie vir voorbeelde van verskillende verhoudings wat amptelik gebruik word: