in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Drakenstein-gevangenis
, vroeer die
Victor Verster-gevangenis
, is 'n
tronk
tussen
Paarl
en
Franschhoek
, op die R301-pad 5 km vanaf die R45 Huguenot-pad, in die vallei van die
Dwarsrivier
in die
Wes-Kaap
,
Suid-Afrika
. Dit word deur die
Suid-Afrikaanse Departement van Korrektiewe Dienste
bestuur. Die tronk is veral bekend omdat
Nelson Mandela
die laaste deel van sy gevangenskap hier deurgebring het.
In 1982 word Mandela vanaf die maksimum-sekuriteitsgevangenis op
Robbeneiland
, 'n eilandjie in
Tafelbaai
, na
Pollsmoor-gevangenis
in
Tokai
,
Kaapstad
verskuif. Hy word op 9 Desember 1988 na Victor Verster oorgeplaas, waar hy in 'n privaathuis in die kompleks gewoon het. Victor Verster is 'n plaasgevangenis wat dikwels as oorbrugging gebruik is voordat lae risiko-gevangenes vrygelaat is. Mandela dien 14 maande hier uit tot sy vrylating op 11 Februarie 1990. Die dag van sy vrylating het verslaggewers van oor die wereld heen die gevangenis omring, wat die tronk wereldwyd bekend gemaak het.
[1]
Die huis waar Mandela woonagtig was is as 'n nasionale erfenis verklaar en 'n standbeeld van Mandela is voor die gevangenis opgerig.
[2]
Koordinate
:
33°50′37.07″S
19°0′57.98″O
/
33.8436306°S 19.0161056°O
/
-33.8436306; 19.0161056