Skots
(
Scots
, soms ook
Inglis
,
Lallans
,
Doric
of
braid Scots
genoem) is die algemene naam wat na die
Germaanse taal
van
Skotland
verwys wat tradisioneel hoofsaaklik in die land se laerliggende dele gebesig word. Dit word soms ook beskou as 'n
Engelse
dialek
. Skots moet nie verwar word met
Skots-Gaelies
nie, 'n selfstandige
Keltiese taal
wat vroeer veral in die Skotse Hoogland gepraat is en nou verwant is aan
Iers
.
Met die sogenaamde
Plantations
, die grootskaalse vestiging van Skotse gesinne in
Ulster
vanaf die 17de eeu, is Skots ook na die noorde van
Ierland
oorgeplant. Die streeksvariant staan bekend as
Ulster-Skots
(
Ulster Scots
of
Ullans
). Noord-Ierse sprekers verwys daarna ook as
the Hamely Tongue
.
Skots het sy oorsprong in die vroeg-Middeleeuse Germaanse immigrasiegolwe. Sedert die vyfde eeu n.C. het baie
Angele
hulle in die suide van Skotland gevestig. Hulle het 'n Germaanse taal gepraat wat nou verwant was aan die dialekte van die
Sakse
en
Jute
, twee ander Germaanse volksgroepe wat hulle terselfdertyd in Engeland gevestig het. Noordelike Angel-Saksiese dialekte is vanaf die 7de eeu ook in Lothian gebesig; hier is ook die meeste plekname van Germaanse herkoms.
Adam Loutful
het in 1494 na die Skotse taal sowel as
Inglis
asook as
Scottis
verwys. Skots het sy eie
spelling
en vertaling van die
Bybel
, en dit was die taal van die Skotse koningshof wat as die voorbeeld vir die
standaardisering
van Skots gedien het ? eerder as die van sy Engelse eweknie.
Die taal het sy bloeitydperk in die 16de eeu beleef. Met die
vereniging
van die twee
koninkryke
Skotland
en
Engeland
in 1603 en die samesmelting van die twee
parlemente
in 1707 is die taal se status afgeskaal. Dit het egter die
omgangstaal
van die Germaanssprekende Skotte gebly en is deur Skotse
digters
en
skrywers
soos
Robert Burns
en
Walter Scott
ook na die vereniging van Skotland en Engeland steeds as
literere
taal gebruik.
Twee groot
woordeboeke
word sedert 1931 saamgestel:
A Dictionary of the Older Scottish Tongue
, wat die taalgebruik voor 1700 vermeld, en
The Scottish National Dictionary
, 'n woordeboek met sowat 50 000 inskrywings wat op die moderne Skotse taal fokus, en in 1927 begin is. David Murison, dosent in Skots aan die
Universiteite
van St. Andrews en
Aberdeen
, was vanaf 1946 die uitgewer van die woordeboek. Die tiende en laaste boekdeel het in 1976 verskyn. Die
Linguistic Survey of Scotland
versamel inligting oor die Skotse en Gaeliese taal en het in 1975 die eerste boekdeel van die
Linguistic Atlas of Scotland
gepubliseer.
In
Noord-Ierland
is die gebruik van Ulster-Skots dekades lank as "slegte Engels" afgemoedig. Intussen is liggame soos die
Ulster-Scots Agency
, die
Ulster-Scots Academy
en sy susterorganisasie, die
Ulster-Scots Language Society
, besig om aktiewe taalgebruik en akademiese navorsing te bevorder. Belangrike projekte sluit die Ulster-Skotse vertaling van die vier Evangelies en die publikasie van 'n grammatika en historiese Engels-Ulster-Skotse woordeboek in.
[2]
Die Skotse taalgebied word in vier dialekstreke verdeel wat verder onderverdeel kan word in tien kleiner dialekgebiede
[3]
- Eiland-Skots of
Insular Scots
(Orkney en Shetland),
- Noord-Skots of
Northern Scots
(Caithness, North East, East Angus en Kincardine),
- Sentraal-Skots of
Central Scots
(East Central North, East Central South, West Central en South Central), en
- Suid-Skots of
Southern Scots
(ook bekend as
Border Scots
, in die Borders- of Grensstreek).
Noord-Skots toon invloede van
Noorse
dialekte van
Skandinawiese
setlaars
wat hulle in Skotland gevestig het, terwyl Suid-Skots nou verwant is aan die dialekte van Noord-Engeland. Ulster-Skots ? die Noord-Ierse variant van Skots ? word as 'n uitbreiding van Sentraal-Skots geklassifiseer.
Skots is deurspek met enkele Keltiese leenwoorde, soos
galore
(baie) wat sy oorsprong in Gaelies
gu leor
het.
Met die stigting van Skandinawiese
nedersettings
en as gevolg van die nou bande wat tydens die 15de en 16de eeu met
Frankryk
gehandhaaf is, is 'n aantal Noorse,
Nederlandse
,
Nedersaksiese
en
Franse
woorde in Skots ingeburger. Nedersaksies
kirk, kark
(kerk) het
kirk
in Skots geword, terwyl Engels
church
gebruik.
'n Klompie Skotse woorde staan dwarsdeur die Engelstalige wereld bekend:
Lass
en
lassie
(meisie),
auld
(Engels:
old
, ou(d)),
burn
(van Oud-Engels
burna
, klein rivier),
muckle
(Engels:
mickle
; baie, groot),
syne
(Engels:
since
, sedert, nadat) en
wee
(van Middel-Engels
wei
, klein) is net enkele voorbeelde.
Die grammatika toon nie baie afwykings van die Engelse standaardtaal nie, alhoewel daar enkele spesifieke Skotse sinspatrone is, wat byvoorbeeld die gebruik van partikels betref:
- Skots gebruik die intensiteitspartikel
aye
:
She is aye busy
. (Sy is baie besig).
- Skots gebruik 'n ontkenningspartikel,
na
:
He canna sing
. (Hy kan nie sing nie.)
- Skots het soms
/e/
in plaas van die Engelse
/ou/
:
stane
(steen, Engels
stone
),
hame
(tuiste, huis, heim, Engels
home
).
- Skots gebruik soms
/u/
, waar Engels 'n
/au/
-klank het:
doun
(af/neer/onder, Engels
down
).
- Skots het 'n
/x/
-klank, net soos in
Afrikaans
lig, in
loch
;
licht
en
nicht
word soms /liegt/ en /niegt/ uitgespreek.
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Skots
.
|
|
Sien
Skots
in Wiktionary, die vrye woordeboek.
|
- Inleiding tot die Skotse taal, sy grammatika en woordeskat
- Dictionar o the Scots Leid | Dictionary of the Scots Language (DSL)
- Scots Leid Associe | Scots Language Society in Dundee
- Scots Language Centre in Perth, Skotland
- Words Without Borders ? The Online Magazine for International Literature
- Skotse blogs