in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Patrick Lambie
|
|
|
|
Patrick Lambie op die veld in die Springboktrui
|
Volle naam
|
Patrick Jonathan Lambie
|
Bynaam
|
Pat
|
Geboortedatum
|
17 Oktober 1990
(
1990-10-17
)
(33 jaar oud)
|
Geboorteplek
|
Durban
,
Suid-Afrika
|
Lengte
|
1,78 m
|
Massa
|
87 kg
|
Skool
|
Clifton Preparatory School
Michaelhouse College
|
Beroep
|
Professionele rugbyspeler
|
Rugbyloopbaan
|
Loopbaan as speler
|
Posisie(s)
|
Losskakel
,
heelagter
|
Springbokno.
|
820
|
Professionele / senior klubs
|
Jare
|
Klub / span
|
Weds
|
(pte)
|
2017-2018
|
Racing 92
|
18
|
(60)
|
korrek soos op 21 Januarie 2019.
|
Provinsiale- / Staatspanne
|
Jare
|
Klub / span
|
Weds
|
(pte)
|
2009?2017
|
Natalse Haaie
|
30
|
(329)
|
korrek soos op 31 Mei 2019.
|
Superrugby
/
Verenigde Rugbykampioenskap
|
Jare
|
Klub / span
|
Weds
|
(pte)
|
2010?2017
|
Sharks
|
71
|
(757)
|
|
|
korrek soos op 31 Mei 2019.
|
Nasionale span(ne)
|
Jare
|
Land
|
Weds
|
(pte)
|
2008?2016
2010
|
Suid-Afrika
Junior Bokke
|
57
5
|
(153)
(75)
|
korrek soos op 31 Mei 2019.
|
Patrick Lambie
(
17 Oktober
1990
,
Durban
) is 'n Suid-Afrikaanse
rugbyspeler
. Hy het tot 2017 op losskakel gespeel vir die
Sharks
(in die
Superrugbykompetisie
) en die
Natal Haaie
in die
Curriebekerreeks
. Hy het 57 toetse vir die
Springbokke
gespeel, meestal op heelagter of losskakel, en gereeld ook as plaasvervanger in dieselfde twee posisies.
[1]
Hy was ook deel van Suid-Afrika se span tydens die
Rugbywereldbeker 2015
.
Hy matrikuleer in 2008 by die prestige privaatskool
Michaelhouse
te
Balgowan
in die
KwaZulu-Natal Middeland
. Hy was hoofseun en kaptein van die skool se die eerste
krieket
- en rugbyspan in sy matriekjaar. Hy speel ook vir die SA Skolespan en was beide KwaZulu-Natal krieket- en Cravenweekkaptein.
Lambie maak sy debuut vir die
Springbokke
op 6 November 2010 teen
Ierland
in
Dublin
. Daarna is hy 'n plaasvervanger in twee
Drienasiestoetse
en in die beginvyftiental op losskakel teen die
All Blacks
op 30 Julie 2011. Tydens die
Rugbywereldbeker 2011
het Lambie op heelagter gespeel in al die groepfase wedstryde asook in die kwarteindstryd, waartydens
Australie
ongelukkig die Springbokke uitgeskakel het.
Lambie se veelsydige spel en sy vyfde plek op die puntetabel in superrugby het bygedra dat hy ingesluit is in die Springbokgroep vir Engeland se toer na Suid-Afrika in 2012. Hy draf op die veld na rustyd met die telling gelyk op 6-6; daarna verseker hy die Springbokke se oorwinning van 22-17 oor Engeland. Dit was sy twaalfde toets.
Hy word ingesluit as die Springbokke se plaasvervangerheelagter vir die
2012-Rugbykampioenskapreeks
. Lambie word heelaas in Augustus 2012 op die reserwebank gehou terwyl
Zane Kirchner
, die eerstekeuse heelagter, in die twee wedstryde teen
Argentinie
op die veld is. Op 6 Oktober 2012 verskyn hy in die 64ste minuut op die veld as heelagter teen die All Blacks in die FNB-stadion te
Soweto
.
Hy word gekies as Springbok
losskakel
en -stelskopper vir die toer na die Britse Eilande en Ierland gedurende November 2012, en behaal 11 punte in elk van die drie toetse, dus 33 punte op die toer. Patrick Lambie word erken vir sy bestendige en uitsonderlike spel in 2012 deur 'n nominasie as SARU se Speler-van-die-Jaar.
Aan die einde van die 2016-seisoen word hy ook kortstondig die
Springbokkaptein
, alhoewel dit nie vir 'n amptelike toetswedstryd was nie, maar wel teen die Barbarians.
Springbokspanne gehaal
|
---|
|
---|
Voorspelers
| |
---|
Agterspelers:
| |
---|
|