Josh Hawley
|
|
|
Ampsbekleer
|
Termynaanvang
3 Januarie 2019
|
Voorafgegaan deur
|
Claire McCaskill
|
Persoonlike besonderhede
|
Gebore
|
31 Desember 1979
(
1979-12-31
)
(44 jaar oud)
Springdale, Arkansas, V.S.A.
|
Politieke party
|
Republikeins
|
Kind(ers)
|
2
|
Joshua David Hawley
(gebore op
31 Desember
1979
) is 'n
Amerikaanse
prokureur en
Republikeinse
politikus wat as die junior senator vir
Missouri
in die senaat van die Verenigde State dien. Senator Hawley het van 2017 tot 2019 as die 42ste prokureur-generaal vir Missouri gedien, voordat hy die
Demokratiese
senator Claire McCaskill in die 2018 senaatsverkiesing in Missouri verslaan het. Op 40-jarige ouderdom is hy die jongste lid van die Amerikaanse senaat.
[1]
Vroee lewe, onderwys en vroee loopbaan
[
wysig
|
wysig bron
]
Hawley is in Springdale, Arkansas gebore, maar het spoedig na
Lexington, Missouri
verhuis, waar sy pa as bankier gewerk het en sy ma 'n onderwyser was.
[2]
[3]
Hy het aan die
Rockhurst High School
in
Kansas City, Missouri
gematrikuleer. Hy het in 2002 sy
BA-graad
graad in geskiedenis aan
Stanford-universiteit
met eerbewyse ontvang. Hierna het hy na
Londen
verhuis en 'n jaar lank klas gegee aan
St Paul's School
, en daarna aan
Yale-universiteit
se regsskool, waar hy die skool se afdeling van die
Federalist Society
gelei het en in 2006 'n Juris Doctor-graad ontvang het.
[4]
Op 28-jarige ouderdom het Hawley 'n biografie van
Theodore Roosevelt
vir
Yale University Press
geskryf, getiteld
Theodore Roosevelt, Preacher of Righteousness
.
Na regsskool het Hawley as klerk gedien vir regter Michael W. McConnell van die Appelhof van die Verenigde State
[2]
en vir hoofregter John Roberts van die Hooggeregshof. Hawley het tydens sy termyn onder Roberts sy toekomstige vrou Erin Morrow ontmoet, wat ook vir die Hooggeregshof as klerk gewerk het.
Na Hawley se klerkskap het hy van 2008 tot 2011 gespesialiseer in litigasiewerk in appelsake by
Hogan Lovells
in Washington, DC (toe nog bekend as
Hogan & Hartson
).
[2]
Van 2011 tot 2015 het hy gewerk vir
The Becket Fund for Religious Liberty
.
[5]
By Becket het hy regsadvies gegee in die hooggeregshofsake van
Hosanna-Tabor Evangelical Lutheran Church & School v. Equal Employment Opportunity Commission
, wat in 2012 beslis is, en
Burwell v. Hobby-lobby
, wat in 2014 beslis is. In 2011 het Hawley na
Missouri
verhuis en 'n assosiaat-professor aan die Universiteit van Missouri se regsskool, geword waar hy klas gegee het in grondwetlike reg, grondwetlike teorie, wetgewing en strafreg.
[6]
In Junie 2013 het Hawley gedien as 'n fakulteitslid van die
Blackstone Legal Fellowship
, wat befonds word deur
Alliance Defending Freedom
, 'n konserwatiewe Christelike organisasie.
[7]
In Mei 2015 is Hawley toegelaat tot die balie van die hooggeregshof, en het hy sodoende in aanmerking gekom om sake voor die hof te argumenteer.
Prokureur-generaal van Missouri (2017?2019)
[
wysig
|
wysig bron
]
In 2016 het Hawley hom verkiesbaar gestel as die Prokureur-Generaal vir Missouri. Op 2 Augustus het hy Kurt Schaefer in die Republikeinse voorverkiesing met 64% van die stemme verslaan.
[8]
Hy het Teresa Hensley in die algemene verkiesing op 8 November met 58,5% van die stemme teenoor Hensley se 41,5% verslaan.
Ondersoeke na tegnologie maatskappye
[
wysig
|
wysig bron
]
In November 2017 het Hawley met 'n ondersoek begin oor die vraag of
Google
se sakepraktyke inbreuk maak op die Amerikaanse Wet op Verbruikersbeskerming en
"anti-trust"
wette. Die ondersoek het gefokus op watter data Google van gebruikers versamel, hoe dit gebruik maak van inhoudverskaffers se inhoud, en of die resultate van die
soekenjin
bevooroordeeld is.
In April 2018, na die Facebook-Cambridge Analytica-data-skandaal, het Hawley aangekondig dat sy kantoor 'n dagvaarding aan
Facebook
uitgereik het oor die manier waarop die maatskappy sy gebruikers se data deel. Die ondersoek het probeer vasstel of Facebook die sensitiewe data van sy gebruikers behoorlik hanteer, of meer inligting versamel as wat dit in die openbaar erken.
Regsgeding teen vervaardigers van
opoiede
en ondersoeke
[
wysig
|
wysig bron
]
In Junie 2017 het Hawley aangekondig dat die staat van Missouri 'n dagvaarding in die staatshof ingedien het teen drie groot medisyne-ondernemings, by name
Purdue Pharma
,
Endo Health Solutions
, en
Janssen Pharmaceuticals
, omdat hulle die gevaar van voorskrifpynstillers verberg het en sodoende tot die opioiedepidemie wat die VSA teister bygedra het. Die staat het beweer dat die ondernemings die verbruikersbeskerming- en Medicaid-wette van Missouri oortree het. Die skadevergoedingsbedrag wat geeis is was van die grootste bedrae wat nog ooit geeis is in die staat en het in die honderde miljoene dollars beloop.
In Augustus 2017 het Hawley aangekondig dat hy 'n ondersoek na sewe opioiedverspreiders (
Allergan
,
Depomed
,
Insys
,
Mallinckrodt
,
Mylan
,
Pfizer
en
Teva Pharmaceuticals
) begin het. In Oktober 2017 het Hawley sy ondersoek na drie bykomende farmaseutiese ondernemings (
AmerisouthBergen Corporation
,
Cardinal Health Inc.
en
McKesson Corporation
), die drie grootste
Amerikaanse
opioiedverspreiders, uitgebrei.
In Augustus 2017 het Hawley 'n veldtogkomitee geloods om ondersoek te doen na sy kandidaatskap vir die Amerikaanse senaat.
[9]
[10]
In Oktober 2017 het hy sy kandidatuur vir die Republikeinse benoeming in Missouri se Amerikaanse senaatverkiesing in 2018 vir die setel wat deur die Demokraat Claire McCaskill beklee is verklaar.
Daar was 11 kandidate in die sterk betwiste Republikeinse voorverkiesing wat gehoop het om vir McCaskill te onttroon. Hawley het aansienlike steun gekry van prominente Republikeine, soos die leier van die Senaat,
Mitch McConnell
, president
Donald Trump
, en die Senaat se
Fonds vir Konserwatiewes
.
[11]
Hy het 'n groot meerderheid van die stemme in die voorverkiesing op hom verenig.
President Trump het Hawley in November 2017 as senator aanbeveel. Tydens die algemene verkiesingsveldtog was Obamacare 'n sleutelkwessie, en albei kandidate het belowe om beskerming teen bestaande siektetoestande te verseker. McCaskill het die deelname van Hawley aan 'n regsgeding gekritiseer wat die beskerming van mense met bestaande siektetoestande kon beeindig deur die Wet op Bekostigbare Sorg omver te werp. Hawley het McCaskill se komende stem oor die bevestiging van CIA-direkteur
Mike Pompeo
as minister van buitelandse sake 'n sleutelkwessie van die veldtog gemaak.
[12]
Sy woordvoerder vir die veldtog het gevra: "Sal senator McCaskill haar liberale donateurs ignoreer en Mike Pompeo ondersteun vir die minister van buitelandse sake, of sal sy by Chuck Schumer bly en aanhou om versperrings in die pad van die president te plaas?" en bygevoeg, "Dit is kommerwekkend om te sien hoe gefokus senator McCaskill daarop is om te doen wat polities gerieflik is, in plaas van om te doen wat reg is."
Hawley het kritiek van beide Republikeine en Demokrate ontvang omdat hy sy Senaat-veldtog minder as 'n jaar begin het nadat hy as prokureur-generaal ingesweer is.
In die algemene verkiesing in November 2018 het Hawley McCaskill met 52% tot 46% van die stemme verslaan.
Op 6 Desember 2018 het Jay Ashcroft, staatssekretaris van Missouri, 'n ondersoek daarna geloods of Hawley openbare gelde verkeerdelik aangewend het vir sy veldtog om 'n setel in die Senaat. Hawley se kantoor het enige oortredinge ontken.
[13]
Op 28 Februarie 2019 het Ashcroft die ondersoek gesluit omdat daar onvoldoende bewyse was dat " 'n oortreding begaan is".
[14]
Hawley is op 3 Januarie 2019 as die Amerikaanse senator vir
Missouri
ingesweer. Hy is die jongste Amerikaanse senator.
[15]
Op 18 November 2019 het Hawley die Wet op die Beveiliging van Nasionale Veiligheid en Persoonlike Data
[16]
aangekondig, wat dit onwettig sal maak vir Amerikaanse ondernemings om gebruikersdata of enkripsiesleutels in China te stoor.
Engadget
het opgemerk dat die wetsontwerp "ernstige probleme" kan veroorsaak vir ondernemings wat ingevolge die wet verplig is om data in
China
te stoor, soos
Apple
en TikTok, en dat dit "hulle kan dwing om China geheel en al te verlaat." Dit was nie Hawley se eerste wetsontwerp oor tegnologie-gedrewe aangeleenthede nie; hy het ook onder meer voorstelle ingedien om sosiale netwerkfunksies wat as "verslawend" beskou word, te beperk.
[17]
Hawley het op TikTok gefokus en gese dat die wetsontwerp Rusland sowel as China sal dek, en "enige ander land wat die Staatsdepartement as 'n veiligheidsrisiko beskou."
[18]
Hy het gese dat die wetsontwerp "op sosiale media-platforms en data-intensiewe ondernemings gerig is", en "sulke samesmeltings by verstek sou blokkeer sonder vooraf goedkeuring van die Komitee op Buitelandse Beleggings in die Verenigde State."
[19]
Die wetsontwerp verhoed ook die insameling van "meer gebruikersdata as wat nodig is om sake te doen."
[20]
Senator Hawley ondersteun president Trump se skeiding van kinders van ouers wat die grens onwettig oorsteek, en het gese dat dit 'n kwessie is van die handhawing van wet en orde.
[21]
Hawley is 'n teenstander van aborsie en het 'n beroep gedoen op die aanstelling van "regters wat die oorspronklike bewoording van die grondwet eerbiedig en wat pro-lewe is" na die Amerikaanse hooggeregshof en ander federale howe.
[22]
Hy het
Roe v. Wade
"een van die mees ongeregverdigde beslissings" in die Amerikaanse regsgeskiedenis genoem. Missouri se
Right to Life
Politiese Aksie-komitee (PAC) het Hawley vir die Senaat goedgekeur.
[22]
Hawley is van mening dat die geskikte plek vir seks "binne die huwelik" is.
[23]
In Desember 2015 het hy vrystellings ondersteun vir "ondernemings en godsdiensgroepe in Missouri wat weier om aan selfde-geslag ... huwelikseremonies" deel te neem.
[24]
Amerikaanse Hooggeregshof-benoemings
[
wysig
|
wysig bron
]
Hawley se eerste reklamestuk in die Senaat-veldtog in 2018 get gefokus op
Brett Kavanaugh
se kandidaatskap as regter van die Amerikaanse hooggeregshof, wat hy ondersteun het.
[25]
Nadat Kavanaugh van seksuele aanranding beskuldig is, het Hawley hom ten sterkste verdedig en gese dat Demokrate 'n "hinderlaag" uitgevoer het.
[25]
Hawley en internet-sensuur
[
wysig
|
wysig bron
]
Senator Hawley het op 19 Junie 2020 wetgewing bekendgestel wat die wysiging van artikel 230-immuniteit vir groot tegnologiese ondernemings (
"Big Tech"
) ten doel het. Die wet staan bekend as die
Ending Support for Internet Censorship Act
(Wet op Beeindiging van Ondersteuning vir Internet-sensuur), en het o.m. ten doel om 'n belangrike wysiging aan te bring aan die manier waarop groot tegnologie-ondernemings behandel word ingevolge Artikel 230 van die
Communications Decency Act
(CDA).
[26]
Die
Communications Decency Act
beskerm ondernemings teen aanspreeklikheid vir onwettige inhoud wat deur derde partye geplaas word. Die Amerikaanse Kongres het hierdie wet in 1996 goedgekeur toe die
internet
nog in sy kinderskoene was, omrede hulle bekommerd daaroor was om gasheerplatforms onderhewig te maak aan dieselfde siviele aanspreeklikheid as alle ander ondernemings, wat hul groei sou terughou.
Hawley is getroud met Erin Morrow Hawley, 'n medeprofessor in die regte aan die Universiteit van Missouri .
[27]
Hulle het twee seuns. Die Hawleys het in 2011 na Columbia, Missouri, verhuis. Nadat hy prokureur-generaal van Missouri geword het, het Hawley ook 'n woonstel in
Jefferson City
gehuur na klagtes dat hy nie aan 'n statutere verblyfvereiste voldoen nie. Die Hawleys het na
Virginia
verhuis nadat Hawley tot die Amerikaanse senaat verkies is.
[28]
Hawley is grootgeword metodiste, maar hy en sy gesin woon nou 'n Evangeliese Presbiteriaanse kerk by, en hy identifiseer hom as 'n evangeliese .
[29]
- Hawley, Joshua David (2008).
Theodore Roosevelt, Preacher of Righteousness
. New Haven, CT: Yale University Press.
ISBN
9780300120103
.
- ↑
Austin, Alana.
"Josh Hawley, country's youngest Senator, takes place on Capitol Hill"
.
www.graydc.com
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 14 Junie 2020
. Besoek op
4 Januarie
2020
.
- ↑
2,0
2,1
2,2
"Josh Hawley's Worthy Climb | National Review"
.
National Review
(in Engels (VSA)). 26 April 2018
. Besoek op
24 Julie
2018
.
- ↑
"HAWLEY, Joshua David - Biographical Information"
.
bioguide.congress.gov
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 14 April 2019
. Besoek op
9 Januarie
2019
.
- ↑
Professor Erin Morrow Hawley
Geargiveer
8 November 2017 op
Wayback Machine
profile, University of Missouri Law School. Opgespoor op 9 Oktober 2017.
- ↑
"Josh Hawley - Becket"
(in Engels). Becket.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 6 Desember 2019
. Besoek op
8 Oktober
2018
.
- ↑
"Joshua D. Hawley"
(in Engels). University of Missouri School of Law. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 3 Augustus 2016
. Besoek op
10 Oktober
2017
.
- ↑
Fenske, Sarah.
"As a Mizzou Prof, Josh Hawley Took Money from Anti-Gay 'Alliance Defending Freedom'
"
.
Riverfront Times
(in Engels). Riverfront Times.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 28 Desember 2019
. Besoek op
28 September
2018
.
- ↑
IT, Missouri Secretary of State -.
"State of Missouri - Election Night Results"
.
enrarchives.sos.mo.gov
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 12 April 2019
. Besoek op
14 Junie
2020
.
- ↑
Pathe, Simone (2 Augustus 2017).
"Missouri's Josh Hawley Forms Exploratory Committee for Senate Bid"
.
Roll Call
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 23 November 2018.
- ↑
Josh Hawley Senate Exploratory Committee
,
Federal Elections Commission
. Opgespoor op 29 Julie 2018.
- ↑
Strauss, Daniel.
"Missouri's $10M man"
.
Politico
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 7 Desember 2019
. Besoek op
8 November
2018
.
- ↑
Senate confirms Pompeo with split among 2018 Democrats
Geargiveer
30 Augustus 2019 op
Wayback Machine
,
rollcall.com
, Niels Lesniewski, 26 Apr 2018. Opgespoor op 25 November 2019.
- ↑
Suntrup, Jack (6 Desember 2018).
"Missouri Secretary of State Ashcroft launches investigation into Josh Hawley"
.
stltoday.com
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 30 Mei 2020
. Besoek op
6 Desember
2018
.
- ↑
Suntrup, Jack (28 Februarie 2019).
"Missouri drops complaint that Hawley misused taxpayer resources"
.
stltoday.com
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 25 Maart 2020
. Besoek op
12 April
2019
.
- ↑
Region 8 Newsdesk (7 Januarie 2019).
"Josh Hawley, country's youngest Senator, takes place on Capitol Hill"
.
kait8.com
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 11 Februarie 2020
. Besoek op
6 Augustus
2019
.
- ↑
Senator Hawley Introduces Bill to Address National Security Concerns Raised by Big Tech's Partnerships with Beijing
,
https://www.hawley.senate.gov/senator-hawley-introduces-bill-address-national-security-concerns-raised-big-techs-partnerships
, besoek op 19 November 2019
- ↑
Senate bill would block US companies from storing data in China
, November 18, 2019
,
https://www.engadget.com/2019/11/18/national-security-personal-data-protection-act/
, besoek op 19 November 2019
- ↑
US lawmaker wants to limit TikTok data flow as company considers minimizing China ties
, 18 November 2019
,
https://www.foxbusiness.com/money/china-national-security-tiktok-senator-josh-hawley
, besoek op 19 November 2019
- ↑
Chinese, Russian Data Localization Laws Targeted in Senate Bill
, 18 November 2019
,
https://news.bloomberglaw.com/privacy-and-data-security/chinese-russian-data-localization-laws-targeted-in-senate-bill
, besoek op 19 November 2019
- ↑
TikTok pivots to new countries as US scrutiny increases
, 18 November 2019
,
https://www.cnbc.com/2019/11/18/tiktok-pivots-to-new-countries-as-us-scrutiny-increases.html
, besoek op 19 November 2019
- ↑
Verwysingfout: Invalid
<ref>
tag; no text was provided for refs named
NYT2018
- ↑
22,0
22,1
"Hawley gets Missouri Right to Life endorsement in U.S. Senate race against McCaskill"
.
Springfield News-Leader
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 19 Julie 2019
. Besoek op
30 Augustus
2018
.
- ↑
"GOP candidate blames human trafficking on sexual liberation, saying it leads to 'slavery' of women"
.
Washington Post
(in Engels)
. Besoek op
13 September
2018
.
- ↑
"Attorney general candidate wants exemptions for gay marriage"
.
FOX2now.com
(in Engels). Associated Press. 26 Desember 2015.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 11 Februarie 2020
. Besoek op
8 November
2018
.
- ↑
25,0
25,1
"Kavanaugh Was Supposed to Be a Midterm Boon for G.O.P. Not Anymore"
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 22 Oktober 2019
. Besoek op
24 September
2018
.
- ↑
https://www.hawley.senate.gov/senator-hawley-introduces-legislation-amend-section-230-immunity-big-tech-companies
Opgespoor en besoek op 23 Junie 2020
- ↑
Keller, Rudi.
"Hawley blames higher ed for leftist ideology"
.
Columbia Daily Tribune
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 14 April 2019.
- ↑
Suntrup, Jack.
"Sold: Josh Hawley's mid-Missouri home"
.
stltoday.com
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 24 September 2019
. Besoek op
7 April
2019
.
- ↑
Belz, Emily (5 Augustus 2016).
"Missouri AG contender has deep religious liberty legal roots"
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 2 Maart 2020
. Besoek op
13 Desember
2019
.
Party-politieke poste
|
Voorafgegaan deur
|
Republikeine
se genomineerde vir Prokureur-generaal van Missouri
|
Vorige bekleer
|
Voorafgegaan deur
|
Republikeine
se genomineerde vir V.S.A. Senator vir
Missouri
(Klas 1)
|
Senaat van die VSA
|
Voorafgegaan deur
|
V.S.A. Senator (Klas 1) vir Missouri
|
Sittend
|
Eretitels
|
Voorafgegaan deur
|
Baba van die Senaat
|
Sittend
|