in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Goewerneur-generaal van die
Unie van Suid-Afrika
(
Engels
:
Governor-general of the Union of South Africa
,
Nederlands
:
Gouverneur-generaal van de Unie van Zuid-Afrika
) was die verteenwoordiger van die Britse Kroon in
Suid-Afrika
tussen 31 Mei 1910 en 31 Mei 1961. Die Unie van Suid-Afrika was 'n Gemenebes Koninkryk (
Engels
:
Commonwealth Realm
) waarin
Koningin Elizabeth II
die titel "Koningin van Suid-Afrika" gehad het al het sy die land nooit in die hoedanigheid besoek nie.
Sommige van die draers van die pos was lede van die Britse Koninklike Familie insluitend
Prins Arthur van Connaught
, tussen 1920 en 1923, en die
Graaf van Athlone
, wat tussen 1923 en 1930 gedien het voor hy die Goewerneur-generaal van
Kanada
geword het. Soos in ander Dominions, sou dit verander met slegs Suid-Afrikaanse burgers wat die amp in latere jare gedra het. In daardie jare was die ampsdraers natuurlik almal blankes.
Die
Nasionale Party
met sy hoofsaaklik
Afrikanerbasis
, wat in 1948 aan bewind gekom het, was uitgesproke republikeins en het Suid-Afrika se volgehoue bande met die Kroon as 'n oorblyfsel van Britse
imperialisme
beskou. Onder die Nasionale Party is die amp van goewerneur-generaal beklee deur afgetrede regeringsministers, wat geweier het om die tradisionele, "koloniale" Windsor-uniform te dra wat uit 'n blou militere baadjie en 'n geveerde hoed bestaan het. In 1957 het
God Save the Queen
opgehou om gelyke status met
Die Stem van Suid-Afrika
as nasionale volkslied te he, en het die Britse
Union Jack
op soortgelyke wyse gelyke status met die Suid-Afrikaanse vlag verloor.
In 1960 het die
Eerste Minister van Suid-Afrika
,
Hendrik Verwoerd
'n
referendum
oor die republikeinse saak onder wit kiesers gehou. Besware is gemaak teen die vermindering van die stemouderdom na 18 en die insluiting van wit kiesers in
Suidwes-Afrika
, maar op 5 Oktober 1960 was 52% van die stemme ten gunste van die vraag: 'Steun u 'n republiek vir die Unie?'.
Charles Robberts Swart
, die laaste goewerneur-generaal, het die offisier wat die regeringsadministreer (?) geword in April 1961 onder 'n tussentydse maatreel voor hy ingesweer is as die eerste
Staatspresident
van die Republiek van Suid-Afrika op 31 Mei daardie jaar.
Lys van goewerneurs-generaal van die Unie van Suid-Afrika (1910?1961)
[
wysig
|
wysig bron
]
-
Vlag van die Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1910?1931)
-
Vlag van die Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1931?1953)
-
Vlag van die Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1953?1961)