in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Eerste Minister van Suid-Afrika
was die regeringshoof van
Suid-Afrika
van 1910 tot 1984. Suid-Afrika het in daardie tydperk die Britse grondwetlike model gevolg, waar die
staatshoof
(die
Goewerneur-generaal van Suid-Afrika
tot 1961 en die
Staatspresident van Suid-Afrika
daarna) seremonieel en bo die partypolitiek verhewe was, terwyl die regeringshoof 'n politieke leier was. Die eerste minister is deur die staatshoof aangestel, maar in die praktyk was hy altyd die hoof van die politieke party of koalisie met die meerderheid van die setels in die parlement. Die ampte van staatshoof en regeringshoof is in 1984 saamgesnoer en die amp van Eerste Minister afgeskaf nadat 'n
nuwe grondwet
aangeneem is en die driekamerparlement ingevoer is.
Lys van Eerste Ministers van Suid-Afrika (1910?1984)
[
wysig
|
wysig bron
]
- Partye
??
Suid-Afrikaanse Party
??
Verenigde Party
??
Nasionale Party