Fox Broadcasting Company

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Logo

Fox Broadcasting Company (dikwels afgekort tot Fox en in hoofletters gestileer as FOX ) is 'n Amerikaanse kommersiele televisienetwerk wat 'n vlagskip-eiendom van die Fox Corporation is. Die hoofkantoor van die netwerk is gelee te 1211 Avenue of the Americas in New York-stad , met bykomende kantore in die Fox Broadcasting Center (ook in New York-stad) en in die Fox Television Centre in Los Angeles .

Dit is op 9 Oktober 1986 gestig as 'n mededinger van die groot drie televisienetwerke ( ABC , CBS en NBC ). Fox het mettertyd die suksesvolste poging tot 'n vierde televisienetwerk geword. Dit was die hoogsgerekende gratiskyk-netwerk in die ouderdomsgroep 18?49 van 2004 tot 2012, en was die Amerikaanse televisienetwerk met die meeste kykers tydens die 2007-08 seisoen.

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]