in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Engelse Kanaal
|
Nasa
-Satellietbeeld van die Engelse Kanaal
|
Engelse Kaart van die Engelse Kanaal
|
Koordinate
:
| 50°N
02°W
/
50°N 2°W
/
50; -2
Koordinate
:
50°N
02°W
/
50°N 2°W
/
50; -2
|
Ligging:
| Frankryk
,
Guernsey
,
Jersey
,
Verenigde Koninkryk
|
Soort:
| Sytak van die
Atlantiese Oseaan
|
Oppervlakte
:
| 75 000 km² (29 000 myl²)
|
Gemiddelde diepte:
| 63 m (207 vt)
|
Maksimum diepte:
| 174 m (571 vt)
|
Lengte
:
| 560 km (350 myl)
|
Breedte
:
| 240 km (150 myl)
|
Invloei:
| Seine
|
Eiland/e
:
| Eiland Wight
,
Jersey
,
Guernsey
,
Alderney
,
Sark
,
Herm
|
Nedersettings
:
| Bournemouth
,
Brighton
,
Calais
,
Dover
,
Plymouth
,
Portsmouth
,
Poole
,
Southampton
,
Weymouth
,
Le Havre
|
Die
Engelse Kanaal
(
Bretons
:
Mor Breizh
, "Bretonse See";
Engels
:
English Channel
;
Frans
:
La Manche
, "die mou";
Kornies
:
Mor Bretannek
, "Britse See") verbind die
Keltiese See
met die
Noordsee
en is gelee tussen die
Europese
vasteland met
Frankryk
in die suide en die
Britse Eilande
met
Engeland
in die noorde.
Die
Kanaaleilande
Guernsey
en
Jersey
is in die suide naby die
kus
van Frankryk gelee en die
Eiland Wight
in die noorde digby die kus van Engeland. Die belangrikste rivier, wat in die kanaal vloei, is die
Seine
en die grootste stede is
Bournemouth
,
Brighton
,
Plymouth
,
Portsmouth
,
Poole
,
Southampton
en
Weymouth
in die
Verenigde Koninkryk
en
Le Havre
in Frankryk.
Die sowat 560 km lange Engelse Kanaal is 'n verlengde inlaat van die
Atlantiese Oseaan
na die ooste en vernou soos 'n menslike arm of mou. Dit is hoogstens 240 km wyd en die smalste plek in die
Straat van Dover
of Straat van Calais tussen
Dover
en
Calais
is 34 km wyd. Die Engelse Kanaal het in die weste 'n gemiddelde diepte van 120 m en in die ooste naby die Noordsee 45 m. Die Franse
departement
Manche
grens teen die middel van die Kanaal en is daarna genoem.
-
Die kus van Engeland soos gesien vanaf Frankryk
-
Franse Kaart wat die Engelse Kanaal vertoon
-
Satellietbeeld van die Straat van Dover met Dover in die noorde en Calais in die suide
-
Mont-Saint-Michel
aan die Franse kus van die Engelse Kanaal