in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Wes-Sahara
(
Arabies
: ??????? ???????,
a?-?a?r?’ al-Gharb?yah
;
Berbers
:
Tane?roft Tutrimt
;
Spaans
:
Sahara Occidental
) is 'n gebied wat voorheen as
Spaans-Sahara
, 'n kolonie van
Spanje
bekend gestaan het. Dit is gelee in
Noord-Afrika
, suid van
Marokko
, suidwes van
Algerie
en noordwes van
Mauritanie
. Die
Kanariese Eilande
le noordwes van Wes-Sahara in die
Atlantiese Oseaan
.
In Julie 2004 het Wes-Sahara 'n bevolking van 267 405 gehad. Dit beslaan 'n oppervlakte van 266 000 km². Wes-Sahara is dus effens kleiner as
Nieu-Seeland
en net groter as die
Verenigde Koninkryk
, maar met 'n totale bevolking kleiner as die meeste stede in
Suid-Afrika
.
Bevolking
Die etniese samestelling van die bevolking is oorwegend
Sahrawis
, letterlik
inwoner van die Sahara
of
woestyninwoner
('n mengsel van
Arabiere
en gearabiseerde Imazighen (
Berbers
)) en Arabiere uit Marokko. Sahara (Arabiese uitspraak: [?s??ħr?ː?]) beteken
woestyn
in Arabies. Byna die hele bevolking van Wes-Sahara is
Moslems
.
Politiek
Alhoewel
Marokko
aanspraak maak op die hele gebied, erken 39 lande, waaronder
Suid-Afrika
, die
Arabiese Demokratiese Republiek Sahara
as soewereine owerheid van die gebied en dit is 'n lid van die
Afrika-unie
. Vanwee die feit dat Marokko Wes-Sahara nie as 'n onafhanklike gebied erken nie was hy nie lid van hierdie organisasie nie. Op 30 Januarie 2017 het Marokko tog lid van die Afrika-unie geword, ten spyte daarvan dat die Wes-Sahara-konflik nie opgelos is nie.
[4]
Die setel van die ADRS is tans in
Algerie
.
In Desember 2020 het die
Verenigde State
die eerste land ter wereld geword wat Marokko se soewereiniteit oor die gebied erken het, maar sommige lande, soos
Frankryk
en
Nederland
, erken ook nie Wes-Sahara as 'n onafhanklike staat nie. Die VSA het Marokko se eis egter net in verruiling vir Marokko se diplomatieke erkenning van
Israel
aanvaar.
[5]
As gevolg hiervan is die situasie van beide
Palestyne
en Sahrawis aan mekaar geheg.
[6]
Die republiek het op die oomblik slegs 'n klein strook van die land onder sy beheer (in die suidooste), die res word deur Marokko bestuur. Die grens tussen die twee lande is die
Marokkaanse Muur
.
Die hele bestuur van die SADR bestaan uit
Polisario
-lede. Polisario is 'n guerillaleer wat in 1973 gestig is en veg vir die bevryding van Wes-Sahara van Marokkaanse oorheersing.
Verwysings
Bronnelys
- Algemeen
Eksterne skakels