Die
Wes-Gote
(
Latyn
:
Visigothi
,
Wisigothi
,
Vesi
,
Visi
,
Wesi
, of
Wisi
) was een van twee hoof takke van die
Gote
, 'n
Oos-Germaanse stam
, die
Oos-Gote
was die ander. Die twee stamme was lede van die
Germaanse volke
wat die
Romeinse Ryk
tydens die Groot Volksverhuising geteister het nadat 'n Wesgotiese mag onder
Alarik I
Rome
in
410
geplunder het.
Na die val van die Romeinse Ryk het die Wes-Gote vir twee en halwe eeu 'n belangrike rol in die geskiedenis van
Wes-Europa
gespeel.
Die Wes-Gote, wat voor die
Germaanse Volksverhuising
in die Benede-
Donau
-gebied gewoon het, het ook onder druk van die
Hunne
('n Asiatiese volk wat uit die Ooste) weswaarts geplunder en verwoes sover hulle getrek het.
Onder aanvoering van hul Christenkoning, Alarik, het die Wes-Gote tevergeefs geprobeer om
Konstantinopel
, hoofstad van die
Oos-Romeinse Ryk
, in te neem. In 401 het hulle hul pogings laat vaar en deur
Griekeland
na
Italie
opgeruk. Na verskeie terugslae, waardeur hulle hul nie van stryk laat bring het nie, het hulle Rome ingeneem en geplunder. Dit was hul derde poging om die stad in te neem.
Alarik se plan om Noord-Afrika uit
Sisilie
te verower, het egter skipbreuk gely. Hy het gesterf voordat dit verwesenlik kon word.
In 418 het Ataulf, die opvolger van Alarik I,
Suid-Gallie
verower en die grondslag van die
Wes-Gotiese Ryk
gele. Tydens die bewind van Eurich (
466
-
484
n.C.) het die Wes-Gote hul veroweringsveldtogte voortgesit en bykans die hele
Iberiese Skiereiland
verower. Hul Ryk het nou sowat 'n derde van die ou
Wes-Romeinse Ryk
beslaan.
Die Wes-Gotiese konings was oor die algemeen maar swak. Die inwoners van die Iberiese Skiereiland was hulle vyandig gesind.
Aquitanie
is deur die
Frankiese
koning
Clovis
, van hulle verower.
In
711
het die
Arabiere
uit Noord-Afrika die Iberiese Skiereiland binnegeval en die Wes-Gote in die
Slag van Jerez de la Frontera
verslaan. Dit het die einde van hul ryk beteken.