한국   대만   중국   일본 
Wasili Tsjoeikof - Wikipedia Gaan na inhoud

Wasili Tsjoeikof

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Wasili Tsjoeikof

Geboortenaam Василий Иванович Чуйков
Gebore 12 Februarie 1900
Serebrjanije Proedi, Russiese Ryk
Oorlede 18 Maart 1982 (op 82)
Moskou , Sowjetunie
Rang Maarskalk
Land Vlag van Rusland  Rusland
Diensjare 1917?1972
Eenhede 4de Leer
62ste Leer
8ste Wagteleer
Groep van Sowjet-magte in Duitsland
Kiefse Militere Distrik
Geveg in Russiese Burgeroorlog
Tweede Wereldoorlog
Winteroorlog
Tweede Sjinees-Japannese Oorlog
Medaljes Held van die Sowjetunie Held van die Sowjetunie Orde van Lenin (9)
Orde van die Oktoberrewolusie
Orde van die Rooi Vlag (4)
Orde van Soeworof, 1ste klas (3)
Orde van die Rooi Ster
Distinguished Service Cross ( VSA )
Latere ampte Van 1961 tot met sy dood was hy lid van die Sentrale Komitee van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie

Wasili Iwanowitsj Tsjoeikof ( Russies : Васи?лий Ива?нович Чуйко?в; 12 Februarie 1900 ? 18 Maart 1982 ) was ’n luitenant-generaal van die Sowjetunie in die Rooi Leer tydens die Tweede Wereldoorlog , bevelvoerder van die 62ste Leer tydens die Slag van Stalingrad , ’n dubbele Held van die Sowjetunie (1944 en 1945) en na die oorlog ’n maarskalk van die Sowjetunie.

Vroee lewe [ wysig | wysig bron ]

Tsjoeikof is op die dorp Serebrjanije Proedi in die Toela -streek suid van Moskou gebore as die agtste van twaalf kinders. Hy en al sewe sy broers het soldate geword en in die Russiese Burgeroorlog geveg. [1] Op die ouderdom van twaalf het hy die skool en sy ouerhuis verlaat om in ’n fabriek in Sint Petersburg te gaan werk. [2]

Tydens die Russiese Rewolusie in 1917 was hy werkloos en ’n ouer broer het gereel dat hy deel word van die Rooi Garde. Die volgende jaar, in 1918, het hy by die Rooi Leer aangesluit. [2]

In Oktober 1918 is Tsjoeikof na die suidfront gestuur as ’n onderbevelvoerder teen die Wit Leer . In die lente van 1919 het hy bevelvoerder van die 40ste Regiment geword en in Siberie teen die Wit Leer geveg. [3]

Hy het van 1919 tot 1920 twee Ordes van die Rooi Vlag ontvang vir dapperheid. Hy is onder meer in sy linkerarm gewond en dit kon nie geopereer word nie. Dit het gedeeltelike verlamming veroorsaak. In 1981 het dit tot septisemie en eindelik sy dood gelei. [4]

Nadat hy in verskeie oorloe geveg het, is Tsjoeikof in beheer van die 64ste Leer op die wesoewer van die Donrivier geplaas. Net voor die Slag van Stalingrad het hy bevelvoerder van die 62ste Leer geword wat Stalingrad moes verdedig, met die 64ste Leer aan sy suidelike flank.

Slag van Stalingrad [ wysig | wysig bron ]

In Stalingrad het Tsjoeikof die taktiek van "omarming" van die vyand ( guerrilla-oorlogvoering ) begin gebruik waardeur die Sowjet-magte so naby aan die soldate van Nazi-Duitsland gebly het dat dit hul uitstekende skietvermoe ondermyn het. Hulle het aan gevegte van naby deelgeneem, waarin die Sowjet-soldate weer beter was. Dit het ook meegebring dat Duitse vliegtuie nie die Sowjet-magte kon aanval sonder om hul eie soldate in gevaar te stel nie. [5] [6]

Die grafsteen van maarskalk Wasili Tsjoeikof.

Na die oorwinning by Stalingrad het die 62ste Leer die 8ste Wagteleer geword en ’n veldtog deur Pole gelei. Eindelik was Tsjoeikof aan die hoof van die Sowjet-offensief wat Berlyn in April/Mei 1945 saam met die Geallieerdes verower het.

Hy het in die dokumentere rolprent Berlin (1945) verskyn wat deur Joeli Raizman geregisseer is.

Latere lewe [ wysig | wysig bron ]

Na die oorlog het Tsjoeikof in Duitsland gebly en later hoof van die Groep van Sowjet-magte daar geword. In 1953 het hy bevelvoerder van die Kiefse Militere Distrik geword en terwyl hy daar diens gedoen het, is hy op 11 Maart 1955 bevorder tot maarskalk van die Sowjetunie. Van 1961 tot met sy dood was hy lid van die Sentrale Komitee van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie.

Hy was ’n belangrike raadgewer met die oprig van die gedenkkompleks by die Mamajef Koergan in Stalingrad en is na sy dood op 82 daar begrawe.

Bronne [ wysig | wysig bron ]

  • Jones, Michael K. (2010). Stalingrad: How the Red Army Triumphed . VK: Pen & Sword Books. ISBN   978-1-84884-201-4 .

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. Jones , p. 72
  2. 2,0 2,1 Jones , p. 73
  3. Jones , p. 74
  4. Jones , p. 75
  5. Craig, William (1973). Enemy at the Gates: the Battle for Stalingrad . New York: Penguin Books, ISBN 0-14-200000-0 , pp. 90, 91
  6. Beevor, Antony (1998). Stalingrad . New York: Viking, ISBN 0-14-024985-0 , pp. 128, 129

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]