in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Vlag van die Demokratiese Republiek die Kongo
|
Gebruik
|
Nasionale vlag en vaandel
|
Verhouding
|
3:4
[1]
|
Goedgekeur
|
20 Februarie
2006
|
Ontwerp
|
’n Blou vlag met ’n skuins rooi baan met geel fraaiings van die onderkant van die vlagpaalkant tot die bokant van die wapperkant. ’n Geel ster in die skildhoek.
|
|
|
Bynaam
|
Presidentsvlag
|
Verhouding
|
2:3
|
Ontwerp
|
Nasionale vlag met ’n bykomende inskrywing
Le President
|
Die
nasionale vlag van die
DR Kongo
is op
20 Februarie
2006
amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n hemelsblou vlag met ’n diagonale rooi baan met geel fraaiings van die onderkant van die vlagpaalkant tot die bokant van die wapperkant; ’n geel vyfpuntige ster is in die skildhoek.
Blou is veronderstel om vrede voor te stel. Rooi verteenwoordig die “bloed van die land se martelare, geel die rykdom van die land en die (vyfpuntige) ster die stralende toekoms van die land”.
[2]
’n Nuwe grondwet wat in Desember 2005 bekragtig is en in Februarie 2006 in gebruik geneem is het ’n vlag voorgestel soortgelyk aan die een wat tussen
1963
en
1971
gebruik is slegs met die verandering van die koningsblou na ’n hemelsblou.
Die kleurskema word hieronder gelys:
|
Blou
|
Rooi
|
Geel
|
RGB
|
0-127-255
|
206-16-33
|
247-214-24
|
Heksadesimaal
|
#007fffff
|
#ce1021ff
|
#f7d618ff
|
CMYK
|
100, 50, 0, 0
|
0, 92, 84, 19
|
0, 13, 90, 3
|
Die vorige vlag is in
1997
aanvaar. Dit is soortgelyk aan die vlae wat tussen
1960
en
1977
gebruik is. Die sterre aan die vlagpaalkant het oorspronklik die ses provinsies van die Demokratiese Republiek die Kongo voorgestel maar is nie meer van toepassing nie omdat die DRK nou tien onafhanklike provinsies en een onafhanklike stad (
Kinshasa
) het. Die vlag is gebaseer op die vlag wat oorspronklik gebruik is deur
Koning Leopold
se
Association Internationale Africaine
(wat veronderstel was om 'n humanitere organisasie te wees) en is vir die eerste keer in
1877
gehys. Die oorspronklike ontwerp vir die vlag is na bewering gedoen deur die Europese ontdekkingsreisiger, Henry Morton Stanley, en die uitleg bestaan uit ’n blou agtergrond met ’n vyfpuntige goue ster in die middel waar die ster die “lig van die beskawing” aandui wat nou helder in donker Afrika skyn.
[3]
Dieselfde ontwerp is daarna as die vlag van die
Kongo-Vrystaat
geimplementeer nadat die gebied as die amptelike besit van Leopold II verklaar is by die
Koloniale Konferensie van Berlyn
.
Nadat onafhanklikheid van
Belgie
op
30 Junie
1960
verkry is, is dieselfde basiese ontwerp behou maar daar is ses sterre bygevoeg om die ses provinsies van die land op daardie tydstip te simboliseer. Die ontwerp is van 1960 tot 1963 gebruik.
Die vlag van die Tweede Republiek (Zaire) van
Mobutu Sese Seko
het die amptelike banier geword nadat Mobutu sy diktatorskap verseker het. Hierdie vlag is van
1966
tot 1971 gebruik en het bestaan uit dieselfde geel ster, nou kleiner en in die wapenskild van die vlag met ’n rooi baan met geel fraaiings wat skuins oor die vlag strek. Die rooi het die bloed van die ense voorgestel, die geel vooruitgang en die blou hoop terwyl die ster eenheid voorgestel het.
Hierdie vlag is verander toe die naam van die land verander het na
Zaire
in 1971. Die vlag van Zaire (soos onder) is ontwerp as deel van Mobutu se poging tot her-Afrikanisering van die nasie en is amptelik gebruik tot en met die einde van Mobutu se diktatorskap in 1997.
-
Vlag van die Goewerneur-generaal van die Belgiese Kongo
-
Vlag van die
Association Internationale Africaine
asook van die
Kongo-Vrystaat
, 1877 tot 1908, en die
Belgiese Kongo
, 1908 tot 1960
-
Vlag van 1960 tot 1963 (Onafhanklikheidsvlag)
-
Vlag van 1963 tot 1966
-
Vlag van 1966 tot 1971
-
Vlag van
Zaire
, 1971 tot 1997
-
Vlag van 1997 tot 2003
-
Vlag van 2003 tot 2006