in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
nasionale vlag van
Liberie
is op
26 Julie
1847
amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon elf horisontale afwisselende rooi en wit bane en in die skildhoek is een vyfpuntige wit ster op ’n blou agtergrond.
Die elf bane op die vlag verteenwoordig die elf oorspronklike ondertekenaars van die Liberiese verklaring van onafhanklikheid asook die grondwet van die Republiek van Liberie. Die blou vierkant in die skildhoek stel Afrika voor, die vyfpuntige ster stel Liberie as die eerste "onafhanklike republiek" op die kontinent (Afrika) voor, die rooi stel dapperheid voor, die wit stel reinheid voor en die blou stel getrouheid voor. Alhoewel hierdie simboliek uniek is aan Liberie, is die vlag ’n replika van
“Old Glory”
, die nasionale
vlag van die Verenigde State
.
Volgens wetgewing moet die boonste punt van die ster in die skildhoek gelyk wees met die onderkant van die boonste (rooi) baan, die middelste punte van die ster moet gelyk wees met die bokant van die derde (die tweede rooi) baan en die onderste punte moet gelyk wees met die bokant van die vyfde (die derde rooi) baan. Die ster moet ook reg in die middel van die blou vierkantige skildhoek wees.
[1]
Die huidige vlag is ’n aanpassing van die vorige vlag van Liberie. Die vlag voor die huidige vlag het dertien horisontale rooi en wit bane gehad (soortgelyk aan die vlag van die VSA) en in die skildhoek was ’n wit kruis op ’n blou agtergrond. Met die ondertekening van die verklaring van onafhanklikheid is die bane verminder na elf en die “Christelike kruis” is vervang met ’n vyfpuntige ster.
- ↑
(
en
)
Liberie
by
Flags of the World
, URL besoek op 14 Mei 2019.