in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Vlag van Guinee-Bissau
|
Gebruik
|
Nasionale vlag en vaandel
|
Verhouding
|
2:3
|
Goedgekeur
|
24 September
1973
|
Ontwerp
|
’n Driekleur met ’n vertikale rooi baan aan die vlagpaalkant met ’n swart ster in die middel en twee horisontale bane in geel en groen aan die wapperkant.
|
Die
nasionale vlag van
Guinee-Bissau
is op
24 September
1973
amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n driekleur met ’n vertikale rooi baan aan die vlagpaalkant met ’n swart vyfpuntige ster in die middel daarvan en twee ewe wye horisontale bane in geel (bo) en groen (onder) aan die wapperkant.
Die kleure van die vlag van Guinee-Bissau is ook die
Pan-Afrika kleure
en die vlag is geinspireer deur die
vlag van Ghana
. Verder simboliseer dit die land se onderlinge band en onafhanklikheid van Afrika-lande. Baie ander Afrika-lande het die kleure van die Ethiopiese vlag in gebruik geneem, waarvan Ghana die eerste was om dit te doen.
Elke kleur op die vlag het ook ’n simboliese betekenis. Rooi stel die bloed van diegene voor wat om onafhanklikheid geveg het (wat ironies is aangesien Ghana op ’n vreedsame manier onafhanklikheid verkry het), geel (goud) stel die rykdom van Ghana se natuurlike hulpbronne voor (die naam
Goudkus
, soos die belangrikste deel van Ghana onder Britse bewind geheet het is ’n goeie aanduiding), groen stel die woude en vrugbare akkers van die land voor en die vyfpuntige swart ster stel die vryheid van Afrika voor.
Die vlag van Guinee-Bissau is basies dieselfde as die vorige
vlag van Kaap Verde
behalwe dat die vlag van Kaap Verde ’n krans van koringgerwe om die ster het.