in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Vlag van Djiboeti
|
Gebruik
|
Nasionale vlag en vaandel
|
Verhouding
|
4:7
|
Goedgekeur
|
27 Junie
1977
|
Ontwerp
|
’n Wit driehoek aan die vlagpaalkant met ’n rooi ster, twee ewe bree bane in ligblou en groen aan die wapperkant.
|
Die
nasionale vlag van
Djiboeti
is op
27 Junie
1977
amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n wit
driehoek
aan die vlagpaalkant met ’n rooi vyfpuntige ster daarin; die wapperkant is horisontaal in die helfte gedeel met ’n ligblou baan bo en ’n groen baan onder.
Die ligblou verteenwoordig die Issa-
Somaliers
en die groen verteenwoordig die
Afar
. Wit, groen en ligblou is die kleure van die LPAI. Die rooi ster verteenwoordig die eenheid van die diverse staat. Die vyf punte van die ster verteenwoordig die areas waarin die Somaliers woon:
Brits-Somaliland
(
Somalie
),
Italiaans-Somaliland
(
Somalie
),
Frans-Somaliland
(
Djiboeti
), die
Ogaden
(
Ethiopie
) en die
Noordelike Grensdistrik
(
Kenia
). Die kleure verteenwoordig die
aarde
(groen), die
see
(blou) en vrede (wit) met die rooi ster wat eenheid voorstel.
Die huidige vlag is ’n aanpassing van die vlag van die Ligue Populaire Africaine pour l’Independence (LPAI) wat Djiboeti tot onafhanklikheid gelei het. Die LPAI-vlag het ’n rooi driehoek met ’n wit ster gehad. Vir die nasionale vlag wat met onafhanklikheid aanvaar is, is die ster in ’n regop posisie geplaas eerder as om dit in ’n skewe posisie te hou en die verhouding van die vlag is ook aangepas.