Vals Dmitri I
(
Russies
: Лжедмитрий) was van
21 Julie
1605
tot met sy dood op
17 Mei
1606
tsaar
van Rusland onder die naam
Dmitri Ioannowitsj
(
Russies
: Димитрий Иоаннович). Hy was een van drie swendelaars wat in die
Tyd van Beroeringe
voorgegee het hulle is Dmitri Iwanowitsj, jongste seun van
Iwan die Verskriklike
, wat in
1591
glo ’n sluipmoordaanval oorleef het. Daar word algemeen aanvaar dat die ware Dmitri in
Oeglitsj
vermoor is en dat die eerste Vals Dmitri eintlik
Joeri (Grigori) Otrepjef
was, hoewel dit glad nie seker is nie.
Agtergrond van die swendelaar
[
wysig
|
wysig bron
]
Hierdie kamtige Dmitri maak omstreeks
1600
sy verskyning in die
geskiedenis
toe hy patriarg Job van Moskou beindruk met sy geleerdheid.
Boris Godoenof
gee egter bevel dat hy gevang en ondervra word, waarna hy vlug.
Daar was vae gerugte dat Dmitri die buite-egtelike seun was van ’n vorige
Poolse
koning,
Stefan Batori
, wat van
1575
tot
1586
regeer het. Dmitri self het beweer dat sy ma, die weduwee van Iwan die Verskriklike, die sluipmoordaanval deur
Boris Godoenof
verwag het en hom toe in die sorg van ’n dokter gelaat het. Die sou hom in ’n
klooster
weggesteek het. Na die dokter se dood het hy na
Pole
gevlug waar hy ’n kort rukkie lank ’n onderwyser was. ’n Paar mense wat tsaar Iwan geken het, het later beweer Dmitri lyk wel soos die jong tsarewitsj. Dmitri het aristokratiese vaardighede geopenbaar soos geletterdheid, en hy het
Pools
en
Russies
gepraat.
’n Paar Poolse adellikes besluit om Dmitri te steun teen Boris Godoenof, ongeag of hulle sy storie glo. In Maart
1604
besoek Dmitri die koninklike hof van koning
Sigismund III Wasa
van
Pole
. Die koning steun hom voorwaardelik, maar beloof nie enige direkte hulp om hom op die Russiese troon te kry nie. Om die steun van magtige
Jesuiete
te kry, neem Dmitri op 17 April 1604 in die openbaar die
Rooms-Katolieke
geloof aan. In die tyd ontmoet hy Marina Mniszech. Sy is ’n Poolse Katolieke adellike, die dogter van Jerzy Mniszech. Hy vra haar om haar hand, en kry dit op voorwaarde dat hy
Pskof
,
Nowgorod
,
Smolensk
en
Noworod-Siwerski
aan die Mniszech-familie gee.
Die pad na die Russiese troon
[
wysig
|
wysig bron
]
Dmitrii kry verskeie ondersteuners, vorm ’n klein leer en kry ook die steun van Gemenebes-magnate wat vir hom sowat 3 500 soldate uit hul private leers gee. In Junie 1604 trek hy op na
Rusland
. Vyande van Goedoenof, onder andere die suidelike
Kosakke
, sluit op pad by Dmitri aan. Dmitri se magte is in twee skermutselings met Russiese soldate; hulle wen die eerste en neem
Tsjernigof
,
Poetiwl
,
Sjefsk
en
Koersk
oor, maar die tweede verloor hulle sleg. Dmitri word net gered toe die soldate hoor dat tsaar Boris dood is.
Godoenof se skielike dood op
13 April
1605
ruim die swendelaar se laaste versperring na die troon uit die weg. Russiese soldate begin na Dmitri se kant oorloop en op
1 Junie
arresteer
bojare
in
Moskou
die pas gekroonde tsaar,
Fjodor II
, en sy ma en vermoor hulle later. Op
20 Junie
maak die swendelaar sy triomfantelik intog in Moskou en op
21 Julie
word hy gekroon deur ’n nuwe
patriarg
van sy keuse, die Griekse
Ignatius
.
Die nuwe tsaar besoek dadelik die graf van Iwan die Verskriklike en ook die klooster van sy weduwee, Maria Nagaja, wat hom as haar seun aanvaar. Die Godoenof-familie word tereggestel, behalwe prinses Ksenia Godoenowa, wat hy as sy konkubine aanhou. Ander families wat deur Godoenof verban is, word toegelaat om terug te keer. Hy stel
patriarg Filaret (Fjodor Romanof)
aan as biskop van
Rostof
.
Dmitri beplan ’n reeks politieke en ekonomiese hervormings. Hy soek ook ’n alliansie met
Pole-Litaue
en die
Pous
. Hy beplan ’n oorlog teen die
Ottomaanse Ryk
en gee bevel vir die massavervaardiging van
vuurwapens
. In sy korrespondensie verwys hy na homself as
Keiser van Rusland
, ’n eeu voor
Pieter die Grote
die titel sou verander. Dit word egter nie destyds erken nie.
Op
8 Mei
1606
trou Dmitri in Moskou met Marina Mniszech. Gewoonlik as ’n
tsaar
met ’n vrou van ’n ander
geloof
getrou het, moes sy eers die
Russies-Ortodokse geloof
aanneem. Daar word geglo dat Dmitri sy Poolse ondersteuners beloof het dat hy Rusland tot
Katolisisme
sou bekeer en dat dit die rede was hoekom Marina nie die Ortodokse geloof aangeneem het nie.
Dit maak die Russies-Ortodokse Kerk, die bojare en die bevolking kwaad. Die bojare, onder leiding van prins
Wasili Sjoeiski
, begin teen hom saamsweer. Op die oggend van
17 Mei
1606
, sowat twee weke na die troue, bestorm samesweerders die
Kremlin
. Dmitri probeer deur ’n venster vlug, maar breek sy been en word doodgeskiet. Hy het net tien maande regeer. Hy word opgevolg deur Wasili Sjoeiski.