Ulsan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Ulsan
蔚山廣域市

Kaart Wapen
Vlag
  Land Vlag van Suid-Korea  Suid-Korea
  Streek Yeongnam
  Koordinate 35°33′N 129°19′O  /  35.550°N 129.317°O  / 35.550; 129.317
  Stigting 1642
  Oppervlakte:  
 - Totaal 1 057,136 vk km
  Hoogte bo seevlak 1 m
  Bevolking:  
 - Totaal (2015) 1 199 717
 - Bevolkingsdigtheid 1 000/vk km
  Tydsone UTC +9 (KST)
  Burgemeester Song Cheol-ho
  Amptelike webwerf ulsan.go.kr

Ulsan ( Koreaans : 蔚山廣域市, [u?.s?an]) amptelik die Ulsan Metropolitaanse Stad, is Suid-Korea se sewende grootste metropool met 'n bevolking van meer as 1,2 miljoen [1] en 'n oppervlakte van 1 057,136 km². Dit is in die suidooste van die land gelee, met die buurstad Busan in die suide en teenoor Gyeongju in die noorde. Dit was een van die gasheerstede tydens beide die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2001 en FIFA Sokker-Wereldbekertoernooi in 2002 wat Japan en Suid-Korea saam aangebied het.

Nywerhede [ wysig | wysig bron ]

Ingang na die Ulsan Sentrale mark

Ulsan is die nywerheidsreus van Suid-Korea, wat die hart vorm van Ulsan se industriele distrik. Dit is die tuiste van die wereld se grootste motorvervaardigingsaanleg wat deur die Hyundai Motormaatskappy bedryf word, [2] die wereld se grootste skeepswerf wat deur Hyundai Heavy Industries bedryf word, [3] en die wereld se tweede grootste olieraffinadery, wat deur SK Energy besit word. [4]

Ulsan is aan die See van Japan gelee en beskik oor Suid-Korea se tweede belangrikste hawe na die van Busan. In 2012 het Ulsan 'n BBP per capita van $ 79,623 gehad, die hoogste van enige streek in Suid-Korea.

Administratiewe afdelings [ wysig | wysig bron ]

Ulsan word in vier administratiewe distrikte (gu) en een county verdeel:

  • Buk Distrik (北區; 北區)
  • Dong Distrik (東區; 東區)
  • Jung Distrik (中區; 中區)
  • Nam Distrik (南區; 南區)
  • Ulju County (蔚州郡; 蔚州郡)

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. ( en ) "SOUTH KOREA: Cities (registered population)" . Citypopulation. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 November 2019 . Besoek op 21 Augustus 2013 .
  2. ( ko ) 聯合뉴스 : 바른言論 빠른뉴스 . Yonhapnews.co.kr (16 Oktober 2009). Besoek op 12 Julie 2013.
  3. ( ko ) 天惠 絶景 바닷가가 世界 最大 造船所로 變貌 - 오마이뉴스 . Ohmynews.com (18 Januarie 2013). Besoek op 12 Julie 2013.
  4. ( en ) http://pda.ulsan.go.kr/Common/Detail.neo?id=U0010711 [dooie skakel]

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]