in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Trevor Andrew Manuel
(*
31 Januarie
1956
) was voorsitter van
Suid-Afrika
se Nasionale Beplanningskommissie. Van 1996 tot 2009 het hy die pos van
Minister van Finansies
beklee wat hom in 2009 die langsdienende minister in die pos gemaak het. Hy was minister tydens die presidensie van
Nelson Mandela
,
Thabo Mbeki
en
Kgalema Motlanthe
, en daarna as minister onder voormalige president
Jacob Zuma
van 2009 tot 2014.
[1]
Manual is in
Kensington, Kaapstad
as die seun van 'n staatsamptenaar gebore, waar hy grootgeword en skoolgegaan het. Hy matrikuleer in 1973 en gaan studeer Siviele en Strukturele Ingenieurswese, en later — gedurende sy gevangenskap — ook regte.
Manuel betree die openbare lewe in 1981 as Algemene Sekretaris van die Behuisingaksiekomitee vir die Kaapse area, waarna hy 'n lid word van die
UDF
se Nasionale Uitvoerende Raad.
In September 1985 is Manuel gevange geneem en tot
31 Augustus
1990
verban. Die verbanning word egter op
25 Maart
1986
tersyde gestel na 'n uitspraak dat dit teenstrydig is met die Binnelandse Sekerheidswet. Op
15 Augustus
1986
word Manuel weer inhegtenis geneem en vir twee jaar tot September 1988 onder die noodmaatreels aangehou. Hy word vrygelaat met streng beperkings, maar is kort daarna weer in September 1988 in hegtenis geneem, die keer tot Februarie 1989.
Na die ontbanning van die
ANC
is Manuel aangestel as adjunk-koordineerder van die
Wes-Kaap
. Tydens die ANC se eerste streekskonferensie in 1990 word Manuel as die Sekretaris van Publisiteit verkies.
By die ANC se nasionale konferensie in 1991 is Manual tot die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee verkies. In 1992 word Manuel hoof van die ANC se Departement van Ekonomiese Beplanning. Hy word as 'n ANC-parlementslid in 1994 verkies, en word deur
President
Nelson Mandela
aangestel as Minister van Handel en Nywerheid, en in 1996 as Minister van Finansies.
Die
Wereld Ekonomiese Forum
vereer Manuel as 'n "Leader for Tomorrow" in 1994. Hy ontvang ook verskeie internasionale toekennings en erkennings vir wat hy bereik het.
Bedanking en heraanstelling
[
wysig
|
wysig bron
]
Op 23 September 2008 bedank Trevor Manuel as die Minister van Finansies saam met 'n aantal ander kabinetslede nadat
Thabo Mbeki
bedank het, wat tot ontstuimige markte gelei het. Hy gee egter te kenne dat hy bereid is om onder die volgende president te dien en probeer om die markte te kalmeer.
[2]
Hy behou sy pos as lid in
Kgalema Motlanthe
se
nuwe kabinet
wat op 25 September 2008 aangekondig is.
[3]
Trevor Manuel is op 27 Desember 2008 getroud met
Maria Ramos
op die ouderdom van 52.
Politieke poste
|
Voorafgegaan deur
Ministerie geskep
|
Minister in die Presidensie
Mei 2009–Mei 2014
|
Opgevolg deur
Jeff Radebe
|
Voorafgegaan deur
Chris Liebenberg
|
Minister van Finansies
1996–2009
|
Opgevolg deur
Pravin Gordhan
|
|
---|
1910 tot 1984
| |
---|
1984 tot 1994
| |
---|
1994 tot huidig
| |
---|
|
---|
President
| |
---|
Adjunkpresident
| |
---|
Ministers
| |
---|
|
---|
President
| |
---|
Adjunkpresident
| |
---|
Ministers
| |
---|
|
---|
President
| |
---|
Adjunkpresident
| |
---|
Ministers
| |
---|