in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Dioscurus
(ook Dioscorus) was die sewende
teenpous
van die
Rooms Katolieke Kerk
vir 22 dae. Hy is verkies deur die kerkgemeenskap as teenpous van
Pous Bonifatius II
. Bonifatius is deur sy voorganger
Pous Felix IV
aangedui as pous. Sodanige aanduiding was onwettig en Dioscurus is as teenpous aangestel. Bonifatius het egter die steun van koning Athalarik van die
Gote
gehad.
Dioscurus
[1]
was oorspronklik 'n diaken van die Kerk in
Aleksandrie
. Hy word gedwing om te vlug weens sy teenstand teen Monofisitisme en arriveer in
Rome
tydens die skisma van
Teenpous Novatianus
. Richards beweer hy het koning Teodorik die Grote oorreed om
Pous Simmachus
as die ware pous te erken.
[2]
Later onder
Pous Hormisdas
was Dioscurus pouslike apokrisarius (legaat) aan die hof van keiser
Justinianus I
van
Konstantinopel
waar hy die Akasiaanse skisma help beeindig. Hy het ook pous Hormisdas oortuig om teopasisme te verwerp.
[3]
Gedurende die pontifikaat van pous Felix IV was Dioscurus die leier van die
Bisantynese
party.
Pous Felix IVS wou he dat Bonifatius hom moet opvolg deels om die oproer wat sy eie verkiesing veroorsaak het te vermy. Richards beskryf hom egter as deel van die
pro-Gotiese
party en hy wou he dat hulle aan die mag moes bly.
[4]
Gedurende die 6de eeu het dit gewoonte geword van pous om hulle opvolgers informeel te nomineer. Felix het egter verder gegaan hy skryf 'n “praeceptum” waarin hy Bonifatius formeel voorstel en toe hy siek word gee hy sy “pallium” vir hom met die verstandhouding dat Bonifatius dit sou terug gee indien hy sou herstel. Die Romeinse senaat was egter briesend dat sy regte so geskend is en vaardig 'n edik uit waarin almal verbied word om die nominasie om pous Felix op te volg te bespreek of te aanvaar.
[5]
Toe die verkiesing gehou is op
22 September
530
in die Lateraanse paleis is Dioscurus verkies. Richards skryf dat minstens 60 geestelikes Dioscurus gesteun het.
[6]
Bonifatius se ondersteuners trek na die basiliek van St. Julia en verkies hom. Dioscurus se pontifikaat deur slegs 22 dae, hy sterf onverwags en hy word nooit gekroon nie. Sedert 2001 word hy deur die Vatikaan tog as moontlike pous erken omdat daar nooit 'n definitiewe besluit oor sy verkiesing geneem is nie.
Volgend die
Liber Pontificalis
het Bonifatius die geestelikes wat Dioscurus gesteun het, geforseer om 'n terugtrekking te teken en sy nagedagtenis te verdoem. Die dokument is later vernietig. Die Liber gee twee teenstellende verhale daaroor: in die een het
Pous Agapetus I
die dokument verbrand ten aanskoue van 'n gehoor in die ander het pous Bonifatius dit self gedoen.
[7]
- ↑
Oestereich, T. (1909). Dioscorus. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Retrieved May 2, 2014 from New Advent:
http://www.newadvent.org/cathen/05018a.htm
- ↑
Richards (1979).
The Popes and the Papacy in the Early Middle Ages
. London: Routledge and Kegan Paul. p. 76.
ISBN
0-7100-0098-7
.
- ↑
Richards,
Popes and the papacy
, pp. 107f, 123
- ↑
Richards,
Popes and the papacy
, p. 122
- ↑
Richards,
Popes and the papacy
, p. 123
- ↑
Richards,
Popes and the papacy
, p. 124
- ↑
Raymond Davis (translator),
The Book of Pontiffs (Liber Pontificalis)
, first edition (Liverpool: University Press, 1989), pp. 51f