in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Teenpous Alexander V
|
Teenpous Alexander V
|
Geboortenaam
|
Petros Philargos de Candia
|
Geboorteplek
|
Neapoli, Kreta
|
Geboortedatum
|
1339
|
Sterfdatum
|
3 Mei
1410
|
Sterfplek
|
Bologna
|
Teenpous van
|
Pous Gregorius XII
|
Begin van pontifikaat
|
26 Junie
1409
|
Einde van pontifikaat
|
3 Mei
1410
|
Alexander V
[1]
[2]
gebore
Petros Philargos
ook
Petrus van Candia
of
Petrus Philargos
genoem (Candia =
Kreta
) was 'n
teenpous
tydens die
Westerse Skisma
met sy setel in
Pisa
. Hy was 'n teenpous van
Pous Gregorius XII
van 1409 tot aan sy dood in 1410.
Alexander
[3]
was Grieks van afkoms, gebore op
Kreta
. Hy was 'n Franciskaner monnik en het gestudeer aan die universiteite van
Oxford
en
Cambridge
. Hy is aangestel as kardinaal deur
Pous Innocentius VII
op
12 Junie
1407
en was aartsbiskop van Milaan.
Die konsilie van Pisa in 1409 het probeer om die Westerse Skisma te beeindig deur beide
Pous Gregorius XII
en
Teenpous Benedictus XIII
af te set en Alexander as nuwe pous te kies. Dit het nie gewerk nie en nou was daar drie pouse, een in
Rome
een in
Avignon
en een in
Pisa
. Alexander het die steun gehad van die grootste deel van die Christelike wereld naamlik die kerke in
Frankryk
,
Engeland
,
Boheme
en 'n groot deel van
Duitsland
. In
1410
het hy aartsbiskop Zbynek van
Praag
opdrag gegee om die werke van die hervormer
Wycliffe
te verbrand.
Na 'n pontifikaat van slegs tien maande sterf Alexander onverwags op
3 Mei
1410
. Hy word begrawe in die Franciskus kerk in
Bologna
en opgevolg deur
Teenpous Johannes XXIII
.
Hoewel Alexander deur die Roomse Kerk as 'n teenpous beskou word, is daar nie 'n wettig pous met die naam Alexander V nie. Die volgende Alexander is die wettige pous
Pous Alexander VI
.
- ↑
Alexander (V). (2008).
Encyclopædia Britannica
. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.
- ↑
Peterson, J.B. (1907). Alexander V. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek op 24 Julie, 2014 by New Advent:
[1]
- ↑
Miranda, S. The Cardinals of the Holy Roman Church
[2]