in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Sui-dinastie
(581?618 n.C.) was ’n kortstondige
Chinese
dinastie. Dit het op die
Suidelike en Noordelike Dinastiee
gevolg nadat keiser Wen van Sui China weer herenig het na meer as ’n eeu van verdeling tussen Noord en Suid.
Keisers Wen en Yang van Sui het verskeie gesentraliseerde hervormings ingestel om onder meer ekonomiese ongelykheid uit te wis en landbouproduksie te verhoog. Hulle het ook
Boeddhisme
deur die ryk versprei en aangemoedig en groot bouprojekte aangepak, onder meer ’n uitbreiding van die
Groot Muur
en die grawe van die
Groot Kanaal
.
Na duur en rampspoedige veldtogte teen die Koreaanse koninkryk
Goguryeo
is die Chinese in 614 verslaan, en daarna het die staat verbrokkel weens ’n reeks volksopstande. Keiser Yang se ministers het hom in 618 vermoor. Intussen het die aristokraat Li Yuan in die noorde ’n opstand gereel en daarna die troon bestyg as keiser Gaozu van Tang. Dit was die begin van die
Tang-dinastie
, een van die suksesvolste dinastiee in die Chinese gekiedenis.
Die kort bestaan van die Sui-dinastie (net 37 jaar) word toegeskryf aan die groot eise wat aan die burgers gestel is, onder meer swaar belasting en verpligte arbeid aan die groot bouprojekte.
Chinese keiserlike dinastiee
|
---|
|