Spica
|
|
Spica se ligging (in die rooi sirkel).
|
Sterrebeeld
|
Maagd
|
Bayer-naam
|
Alpha Virginis
|
Spektraaltipe
|
B1 V
[1]
(B1 III-IV + B2 V)
[2]
|
Soort
|
Dubbelster
|
Waarnemingsdata
(
Epog J2000
)
|
Regte klimming
|
13
h
25
m
11.579
s
[3]
|
Deklinasie
|
-11° 09′ 40.75″
[3]
|
Skynmagnitude
(m)
|
0,97
[4]
(0,97-1,04
[5]
)
|
Absolute magnitude
(M)
|
-3,55 (-3,5/-1,5)
[6]
|
B-V-kleurindeks
|
-0,23
[4]
|
U-B-kleurindeks
|
-0,94
[4]
|
Besonderhede
|
Komponent 1
|
Primere ster
|
Massa
(
M
?
)
|
11,43
±
1,15
|
Radius (
R
?
)
|
7,47
±
0,54
|
Ligsterkte
(
L
?
)
|
20 512
+5 015
−4 030
|
Temperatuur
(
K
)
|
25 300
±
500
|
Rotasiespoed (km/s)
|
165,3
±
4,5
|
Komponent 2
|
Sekondere ster
|
Massa
(
M
?
)
|
7,21
±
0,75
|
Radius (
R
?
)
|
3,74
±
0,53
|
Ligsterkte
(
L
?
)
|
2 254
+1 166
−768
|
Temperatuur
(
K
)
|
20 900
±
800
|
Rotasiespoed (km/s)
|
58,8
±
1,5
|
Eienskappe
|
Afstand
(
ligjaar
)
|
250 ± 10
|
Ouderdom (
jaar
)
|
12,5 miljoen
|
Veranderlikheid
|
β Cep
+
Ovaal
[5]
|
Ander name
|
Azimech, Alaraph, Alpha Virginis,
67 Virginis, HR 5056, BD-10°3672,
HD
116658, GCTP 18144, FK5 498,
CCDM 13252-1109, SAO 157923,
HIP
65474
[7]
|
|
Spica
(ook bekend as
Alpha Virginis
of
α Vir
) is die helderste
ster
in die
sterrebeeld
Maagd
en een van die 20 helderste sterre in die naglug. Volgens
parallaksmetings
is dit sowat 250 ± 10
ligjare
van die
Son
af.
[3]
Dit is ’n
spektroskopiese
dubbelster
en ’n
roterende ovaalvormige veranderlike
: ’n stelsel waarvan die twee sterre so na aan mekaar is dat hulle ovaalvormig eerder as rond is en wat net deur hulle spektrums van mekaar onderskei kan word. Die primere ster is ’n
bloureus
en
Beta Cephei-veranderlike
.
Spica,
Arcturus
en
Denebola
(of
Regulus
, na gelang van die bron) is deel van die
asterisme
Lentedriehoek
.
Spica is een van die naaste groot dubbelsterre aan die Son en dus die onderwerp van baie waarnemingstudies.
[8]
Dit is vermoedelik die ster waarvan
Hipparcos
die data gekry het wat hom
aksiale presessie
laat ontdek het.
[9]
Die ster le 2,06 grade van die
sonnebaan
af en kan dus deur die
Maan
verduister word, en soms deur planete. Die laaste verduistering deur ’n planeet was toe
Venus
op 10 November 1783 voor Spica verbybeweeg het soos van die
Aarde
af gesien. Die volgende verduistering deur Venus sal op 2 September 2197 wees.
[10]
Spica is ’n nabydubbelster waarvan die twee komponente elke vier dae om mekaar wentel. Hulle is so na aan mekaar dat hulle nie deur ’n
teleskoop
van mekaar onderskei kan word nie. Die veranderings in hul wentelbeweging lei tot ’n
Dopplerverskuiwing
in die
absorpsielyne
van hul onderskeie spektrums, wat hulle ’n dubbellyn- spektroskopiese dubbelster maak.
[11]
Spica is ’n roterende ovaalvormige veranderlike, waar albei sterre deur hulle
swaartekragwisselwerking
verwring word. Dit veroorsaak dat die
skynbare magnitude
van die stelsel met 0,03 wissel oor ’n tydperk wat met die wentelperiode ooreenstem. Hierdie effense afname in helderheid is skaars visueel sigbaar.
[12]
Albei sterre roteer vinniger as hul gemeenskaplike wentelperiode. Die gebrek aan sinchronisasie en die groot elliptisiteit van hul wentelbaan dui daarop dat dit ’n jong sterstelsel is. Hulle wedersydse getywisselwerking kan mettertyd lei tot
rotasiesinchronisasie
en ’n kleiner
baaneksentrisiteit
.
[13]
Spica se
sterreklassifikasie
word algemeen beskou as die van ’n vroee B-tipe
hoofreeksster
.
[1]
Dit is moeilik om aparte spektraaltipes vir die twee komponente vas te stel; die
Bright Star Catalogue
gee ’n spektraalklas van B1 III-IV vir die primere ster en B2 V vir die sekondere ster aan,
[2]
maar latere studies het verskeie ander waardes aangegee.
[14]
[15]
Die
ligsterkteklas
van "III-IV" vir die primere ster stem ooreen met die spektrum van ’n ster wat halfpad tussen ’n
subreus
en
reusester
is, en dit is dus nie meer ’n hoofreeksster nie. Dit is ’n swaar ster met ’n
massa
van meer as 10 keer die van die Son en ’n
radius
van sewe keer die Son s'n. Sy bolometriese ligsterkte is sowat 20 500 keer die Son s’n en nege keer die van sy metgesel.
[16]
Dit is een van die naaste sterre aan die Son wat as ’n
tipe II-supernova
kan ontplof.
[17]
[18]
Die primere ster is ’n Beta Cephei-veranderlike waarvan die helderheid oor 0,1738 dae wissel. Die spektrum toon ’n wisseling in
radiale snelheid
oor dieselfde tydperk, wat aandui dat die oppervlak van die ster gereeld uitwaarts pulseer en dan weer saamtrek. Die ster roteer baie vinnig, met ’n rotasiespoed van 199 km/s by sy
ewenaar
.
[11]
Die stelsel se sekondere ster is een van die min sterre waarvan die spektrum deur die Struve-Sahade-effek geraak word. Dit is ’n onreelmatige verandering in die sterkte van die spektraallyne deur die loop van sy wentelbaan, waar die lyne swakker word terwyl die ster wag van die waarnemer beweeg.
[8]
Dit kan die gevolg wees van ’n sterk
sterwind
van die primere ster af wat die lig van die sekondere ster verstrooi wanneer dit wegbeweeg.
[19]
Hierdie ster is kleiner as die primere ster, met ’n massa van sowat sewe keer die van die Son en ’n radius van 3,6 keer die Son s'n.
[11]
Sy sterreklassifikasie is B2 V, wat beteken dit is ’n hoofreeksster.
[20]
Die ster se
Bayer-naam
is "Alpha Virginis". Die tradisionele naam "Spica" kom van die
Latynse
sp?ca virginis
, "die maagd se graanaar".
Johann Bayer
het die naam "Arista" genoem.
Nog ’n tradisionele naam is "Azimech", van die
Arabiese
?????? ??????
al-sim?k al-?a?zal
, "die ongewapende 'sim?k'" (betekenis onbekend).
In 2016 het die
Internasionale Astronomiese Unie
se sternaamwerkgroep (WGSN)
[21]
die naam "Spica" vir die ster goedgekeur.
[22]
[23]
- ↑
1,0
1,1
Johnson, H. L; Morgan, W. W (1953). "Fundamental stellar photometry for standards of spectral type on the Revised System of the Yerkes Spectral Atlas".
The Astrophysical Journal
.
117
: 313.
Bibcode
:
1953ApJ...117..313J
.
doi
:
10.1086/145697
.
- ↑
2,0
2,1
Bright Star Catalogue
. Yale University Observatory. 1982.
- ↑
3,0
3,1
3,2
van Leeuwen, F. (2007). "Validation of the new Hipparcos reduction".
Astronomy and Astrophysics
.
474
(2): 653?664.
arXiv
:
0708.1752
.
Bibcode
:
2007A&A...474..653V
.
doi
:
10.1051/0004-6361:20078357
.
Vizier catalog entry
- ↑
4,0
4,1
4,2
Ducati, J. R. (2002). "VizieR Online Data Catalog: Catalogue of Stellar Photometry in Johnson's 11-color system".
CDS/ADC Collection of Electronic Catalogues
.
2237
: 0.
Bibcode
:
2002yCat.2237....0D
.
- ↑
5,0
5,1
Ruban, E. V.; Alekseeva, G. A.; Arkharov, A. A.; Hagen-Thorn, E. I.; Galkin, V. D.; Nikanorova, I. N.; Novikov, V. V.; Pakhomov, V. P.; Puzakova, T. Yu. (2006). "Spectrophotometric observations of variable stars".
Astronomy Letters
.
32
(9): 604.
Bibcode
:
2006AstL...32..604R
.
doi
:
10.1134/S1063773706090052
.
- ↑
Herbison-Evans, D.; Hanbury Brown, R.; Davis, J.; Allen, L. R. (1971). "A study of alpha Virginis with an intensity interferometer".
Monthly Notices of the Royal Astronomical Society
.
151
(2): 161?176.
Bibcode
:
1971MNRAS.151..161H
.
doi
:
10.1093/mnras/151.2.161
.
- ↑
"V* alf Vir -- Variable Star of beta Cep type"
.
SIMBAD
. Centre de Donnees astronomiques de Strasbourg
. Besoek op
13 April
2010
.
- ↑
8,0
8,1
Riddle, R. L.; Bagnuolo, W. G.; Gies, D. R. (Desember 2001). "Spectroscopy of the temporal variations of α Vir".
Bulletin of the American Astronomical Society
.
33
: 1312.
Bibcode
:
2001AAS...199.0613R
.
- ↑
Evans, James (1998).
The History and Practice of Ancient Astronomy
. Oxford University Press. p. 259.
ISBN
978-0-19-509539-5
.
- ↑
"Earth-Sky Tonight, March 26, 2010"
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 7 Julie 2011
. Besoek op
15 Augustus
2018
.
- ↑
11,0
11,1
11,2
Harrington, David;
Koenigsberger, Gloria
; Moreno, Edmundo; Kuhn, Jeffrey (Oktober 2009). "Line-profile Variability from Tidal Flows in Alpha Virginis (Spica)".
The Astrophysical Journal
.
704
(1): 813?830.
arXiv
:
0908.3336
.
Bibcode
:
2009ApJ...704..813H
.
doi
:
10.1088/0004-637X/704/1/813
.
- ↑
Morris, S. L. (Augustus 1985). "The ellipsoidal variable stars".
Astrophysical Journal, Part 1
.
295
: 143?152.
Bibcode
:
1985ApJ...295..143M
.
doi
:
10.1086/163359
.
- ↑
Beech, M. (Augustus 1986). "The ellipsoidal variables. III ? Circularization and synchronization".
Astrophysics and Space Science
.
125
(1): 69?75.
Bibcode
:
1986Ap&SS.125...69B
.
doi
:
10.1007/BF00643972
.
- ↑
Popper, Daniel M (1980). "Stellar Masses".
Annual Review of Astronomy and Astrophysics
.
18
: 115?164.
Bibcode
:
1980ARA&A..18..115P
.
doi
:
10.1146/annurev.aa.18.090180.000555
.
- ↑
Odell, A. P (1980). "The structure of Alpha Virginis. III ? the pulsation characteristics".
The Astrophysical Journal
.
236
: 536.
Bibcode
:
1980ApJ...236..536O
.
doi
:
10.1086/157771
.
- ↑
Tkachenko, A.
et al
. (May 2016), "Stellar modelling of Spica, a high-mass spectroscopic binary with a β Cep variable primary component",
Monthly Notices of the Royal Astronomical Society
458
(2): 1964?1976,
doi
:
10.1093/mnras/stw255
,
Bibcode
:
2016MNRAS.458.1964T
- ↑
Kaler, Jim.
"Spica"
.
Stars
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2020
. Besoek op
15 April
2010
.
- ↑
Firestone, R. B. (Julie 2014),
"Observation of 23 Supernovae That Exploded <300 pc from Earth during the past 300 kyr"
,
The Astrophysical Journal
789
(1): 11,
doi
:
10.1088/0004-637X/789/1/29
, 29,
Bibcode
:
2014ApJ...789...29F
,
https://zenodo.org/record/895414/files/article.pdf
.
- ↑
Gies, Douglas R.; Bagnuolo, William G. Jr.; Penny, Laura R. (April 1997). "Photospheric Heating in Colliding-Wind Binaries".
Astrophysical Journal
.
479
(1): 408.
Bibcode
:
1997ApJ...479..408G
.
doi
:
10.1086/303848
.
- ↑
Schnerr, R. S.; et al. (Junie 2008). "Magnetic field measurements and wind-line variability of OB-type stars".
Astronomy and Astrophysics
.
483
(3): 857?867.
arXiv
:
1008.4260
.
Bibcode
:
2008A&A...483..857S
.
doi
:
10.1051/0004-6361:20077740
.
- ↑
"IAU Working Group on Star Names (WGSN)"
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2020
. Besoek op
22 Mei
2016
.
- ↑
"Bulletin of the IAU Working Group on Star Names, No. 1"
(PDF)
. Besoek op
28 Julie
2016
.
- ↑
"IAU Catalog of Star Names"
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020
. Besoek op
28 Julie
2016
.
Koordinate
:
13
h
25
m
11.5793
s
, ?11° 09′ 40.759″