in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spaanse Armada
|
Deel van die
Anglo-Spaanse Oorlog
en die
Tagtigjarige Oorlog
|
Oorwinning oor die Spaanse Armada, deur Philip James de Loutherbourg.
|
Datum
|
8 Augustus
1588
|
Ligging
|
Noordwestelike Europa
|
Resultaat
|
Spaanse nederlaag
|
|
Strydende partye
|
Engeland
Nederland
|
Iberiese Unie
|
Aanvoerders
|
Lord Howard van Effingham
Francis Drake
John Hawkins
Justinus van Nassau
|
Hertog van Medina-Sidonia
|
Sterkte
|
34 oorlogskepe
163 gewapende handelskepe
|
22 galjoene
108 gewapende handelskepe
|
Die
Spaanse Armada
was 'n
vloot
oorlogskepe wat
Spanje
in
1588
teen
Engeland
uitgestuur het, en wat deur die Engelse vloot verslaan is. Vandag word die woord
armada
soms gebruik om na enige groot groep skepe te verwys.
[1]
Die Spaanse Armada het uit 130 skepe bestaan wat in Augustus 1588 vanaf die Spaanse stad
A Coruna
vertrek het. Die Armada was onder beheer van die hertog van Medina-Sidonia. Hulle doel was om 'n leer vanaf
Vlaandere
na Engeland te begelei. Hulle wou die heerskappy van koningin
Elizabeth I van Engeland
en die
Huis van Tudor
omverwerp om
Protestantisme
in Engeland te vestig. Dit sou Engelse inmenging in die Spaanse Nederlande stopsit, asook die skade wat Engeland aan Spaanse belange aangerig het, inperk.
Lord Howard van Effingham was in bevel van die Engelse vloot, terwyl sir
Francis Drake
tweede in bevel was. Drake was besig om
rolbal
te speel toe die Armada sy verskyning maak. Blykbaar het hy daarop aangedring om eers sy spel te voltooi, omdat daar volgens hom genoeg tyd was om die Armada te verslaan.
Die Armada kies om nie die Engelse vloot by
Plymouth
aan te val nie. Nadat 'n Spaanse skip deur Drake in die
Engelse Kanaal
vasgevang is, versuim hulle om tydelik anker in die Solent (die seestraat tussen Engeland en die
Eiland Wight
) te gooi, maar gooi uiteindelik by
Calais
anker.
[2]
Terwyl hulle op kommunikasie van die hertog van Parma se weermag wag, is die Armada deur vuurbote aangeval. Tydens die daaropvolgende Slag van Gravelines is die Spaanse vloot beskadig en moes dit as gevolg van 'n Nederlandse blokkade hul rendezvous met Parma se weermag aflas.
Die Armada kon daarin slaag om te hergroepeer en met behulp van 'n suidwestelike wind na die noorde te onttrek, met die Engelse vloot kort op hul hakke. Die bevelvoerder beveel dat hulle na Spanje terugkeer, maar die Armada is deur erge storms in die
Noord-Atlantiese Oseaan
geteister. As gevolg hiervan het 'n groot aantal skepe aan die kus van
Skotland
en
Ierland
vergaan. Van die aanvanklike 130 skepe het meer as 'n derde dit nie tot by Spanje terug gemaak nie.
[3]
Koordinate
:
50°10′00″N
4°15′42″W
/
50.16667°N 4.26167°W
/
50.16667; -4.26167