in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Sint Maarten
(
Nederlands
: [s?nt ?maːrt?(n)]), nieamptelik
Sint-Maarten
, behels die suidelike deel van die
eiland
Sint Maartin
in
Noord-Amerika
, terwyl die noordelike deel die
Franse oorsese gebied
Saint-Martin
vorm. Tot in 2010 het Sint Maarten deel uitgemaak van die
Nederlandse Antille
, maar die eiland het op 10 Oktober 2010 'n outonome land binne die
Koninkryk van die Nederlande
geword.
[6]
Die
amptelike tale
is
Nederlands
en
Engels
. Die
hoofstad
is
Philipsburg
en die grootste stad is Lower Prince's Quarter. Die eilandgebied beslaan 'n oppervlakte van 34 km² en het 'n bevolking van 42 938 in 2023 gehad. Sint Maarten grens in die noorde aan Saint-Martin, in die ooste aan
Sint Bartolomeus
asook in die suide aan
Saba
en
Sint Eustatius
van
Karibiese Nederland
.
Sint Maartin is op 11 November 1493 (
Sint-Maartenfees
) deur
Christophorus Columbus
tydens sy tweede reis vir
Europa
ontdek en na die
heilige
Martinus van Tours
genoem. Alhoewel Sint Maartin deur die
Spaanse Ryk
opgeeis is, is die eiland nooit deur
Spanjaarde
gekoloniseer nie. Sint Maartin het egter beide
Franse
en
Nederlandse
koloniste gelok, maar weens verskeie redes.
Frankryk
wou al die eilande tussen
Bermuda
en
Trinidad en Tobago
koloniseer, terwyl
Nederland
die eiland as 'n gerieflike hawe halfpad tussen hul kolonies
Nieu-Nederland
en
Nederlands-Brasilie
beskou het. Die
Nederlandse Wes-Indiese Kompanjie
het in 1631 Fort Amsterdam opgerig. Franse en
Engelse
koloniste het gou gevolg. Na aanleiding van hierdie suksesvolle kolonisasies het Sint Maartin ook aandag van
Spanje
gekry, wat hul
southandel
veilig wou hou. Die
Tagtigjarige Oorlog
het tot verdere skermutselinge tussen Nederland en Spanje gelei. Spanje het die eiland in 1633 verower en die meeste of al die koloniste van Sint Maartin ontruim. Nadat die eiland nie meer winsgewend was nie, het die Spanjaarde Sint Maartin in 1648 verlaat. Franse en Nederlanders het hul kans gesien om hulle weer op die eiland te vestig. Nederlandse koloniste het vanaf
Sint Eustatius
gekom en Franse koloniste van
St. Kitts en Nevis
. Die nuwe vestiging het tot konflikte gelei en albei kante het saamgestem om die eiland te deel. Hulle het in 1648 die Verdrag van Concordia onderteken, maar skermutselinge het die grens tussen 1648 en 1816 16 keer laat wissel. Sint Maarten het in 1983 'n eilandgebied van die Nederlandse Antille geword en is sedert 2010 'n outonome land binne die Koninkryk van die Nederlande,
grondwetlik
gelykwaardig aan
Aruba
,
Curacao
en
Nederland
.
[7]
Sint Maarten is 'n gesogte vakansieplek en die
ekonomie
is veral op
toerisme
gebaseer.
[3]
Die
Prinses Juliana Internasionale Lughawe
is veral bekend vir sy aanloopbaan digby die strand en dit is veral gewild by toeriste wat groot vliegtuie van naby wil sien.
[8]
Die eiland is deur
Christophorus Columbus
genoem na
Martinus van Tours
, omdat hy die eiland op die
heilige
se feesdag 11 November 1493 vir Europa ontdek het.
[3]
Krieket
is Sint Maarten se gewildste
sportsoort
. Sint Maarten is een van die gebiede wat met ander Karibiese state spelers beskikbaar stel vir die
Wes-Indiese nasionale krieketspan
, een van die "nasionale spanne" in internasionale krieket met
toetsstatus
. Die Wes-Indiese nasionale krieketspan het aan amper elke
krieketwereldbekertoernooi
deelgeneem, die eerste twee toernooie in
1975
en
1979
gewen en slegs die
2023-toernooi
misgeloop.
- Algemeen