in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Sewsunker "Papwa" Sewgolum
OIS
(1930?1978) was 'n legendariese
Suid-Afrikaanse
gholfspeler
wat bekendheid verwerf het toe hy die eerste swart gholfspeler is wat 'n provinsiale ope toernooi in Suid-Afrika gewen het. Hy het 'n simbool van
sportboikotbewegings
geword toe foto's waar hy die trofee buite in die reen moes ontvang, as gevolg van
Apartheidwetgewing
, van hom regoor die wereld gepubliseer is. Sewgolum is as gevolg van sy ras nie toegelaat om die klubhuis binne te gaan nie.
Sewgolum was die seun van arm plaaswerkers. Hy is met Suminthra getroud en hulle het 'n seun, Rajen, gehad.
Sewgolum, is deur die
Duitssprekende
Graham Wulff van
Howick
"ontdek". Die welgestelde Wulff se rykdom was toe te skryf aan die uitvinding van 'n velsorgroom wat hy
Oil of Olay
gedoop het.
[1]
Toe Wulf 'n swak hou speel, nadat Sewgolum hom as gholfjoggie geadviseer het oor watter gholfstok om te gebruik, daag Wulf hom uit om die hou beter te speel. Sewgolum se naderhou land binne 'n halwe meter van die putjie en Wulfe is so beindruk dat hy hom in
1959
oorsee stuur om aan die
Britse Ope
te gaan deelneem.
Sewgolum, die voormalige gholfjoggie met 'n verkeerdomgreep (linkerhand onder sy regterhand) veroorsaak in
1963
'n opskudding toe hy wen teen 103 wit gholfspelers, wat
Harold Henning
ingesluit het, in die provinsiale
Natal
-Opetoernooi by die Durban Buiteklub. In
1965
verslaan hy
Gary Player
om die titel vir 'n tweede keer te wen. Hy het ook die
Nederlandse Ope
in 1959,
1960
en
1964
gewen. Hy was ook die wenner van 'n aantal
nie-blanke
gholfkampioenskappe in Suid-Afrika. In terme van hul beleid om nie verslag te doen oor veelrassige sport nie, het die
SAUK
geweier om kommentaar uit te saai oor toernooie waaraan Sewgolum deelgeneem het.
In
1966
verban die Suid-Afrikaanse regering Sewgolum uit deelname aan alle plaaslike toernooie. In 1966 weier die Ministerie van Beplanning om 'n permit aan Sewgolum uit te reik om aan die Westelike Provinsie Ope deel te neem, gegrond daarop dat permitte in die toekoms net aan "nie-Blankes" uitgereik sal word vir toernooie waaraan hulle reeds voorheen deelgeneem het.
[2]
Sy paspoort word ook teruggetrek wat hom verhoed om oorsee gholf te speel. Dit bring mee dat hy slegs in amateurtoernooie vir swart spelers kan deelneem wat 'n jammerlike einde aan sy professionele loopbaan bring.
[3]
[4]
Eerbewyse en toekennings
[
wysig
|
wysig bron
]
- Sewgolum het in
2003
postuum die
Orde van Ikhamanga
-prestasietoekenning van President
Thabo Mbeki
ontvang.
- Durban het 'n gholfbaan na hom vernoem. Die
Papwa Sewgolum Municipal Golf Course
is 'n 18-putjiebaan in die Reservoir Hills woonbuurt.
- ↑
Sunday Tribune
,
Life of a golfer denied the fairways of life
, besoek op 25 November 2006
- ↑
UNESCO,
Apartheid ? its effects on education, science, culture and information
, besoek op 26 November 2006
- ↑
SouthAfrica.info,
Golf: 'Papwa' Sewgolum
, besoek op 25 November 2006
- ↑
Tripod,
Papwa Sewsunker...a very sad tale...
Geargiveer
6 Maart 2016 op
Wayback Machine
, besoek op 25 November 2006