Rouen
is die historiese hoofstad van
Normandie
en tans die hoofstad van die region (gewes)
Haute-Normandie
en die prefektuur van die
departement
Seine-Maritime
in die noordweste van
Frankryk
, met 'n oppervlakte van 21,38 vierkante kilometer en 110 688 inwoners (2009). Die metropolitaanse gebied van Rouen het 'n bevolking van 649 291. Die hawe, wat sowat 120 kilometer van die see af le, is die vierde grootste in Frankryk.
Die stad is 'n belangrike nywerheids- en met meer as 40 000 studente ook 'n akademiese sentrum in Frankryk.
Rouen was tydens die
Middeleeue
een van die grootste en welvarendste stede in Europa. Die stad dien as die hoofkwartier van die tesourier van Normandie en as een van die setels van die Anglo-Normandiese dinastiee, wat in die tydperk tussen die
11de
en
15de eeu
Engeland
en groot dele van die huidige Frankryk regeer het.
Johanna van Arkel
is in
1431
deur die Engelse op Rouen se ou markplein op die brandstapel tereggestel.
Rouen is deur die Franse geskiedkundige
Jules Michelet
(1798?1874) as 'n opelugmuseum ("ville musee") beskryf. Die stad het ondanks sy rol as 'n moderne nywerheidsentrum sy Middeleeuse stadskern met pragtige historiese geboue en klein straatjies bewaar.
Rouen staan in die antieke tydperk as
Rotomagus
bekend ? 'n samestelling van die naam
Roto
en di woord
magus
("mark"). Die stad is tydens die heerskappy van Augustus teen die regteroewer van die
Seine
gestig en groei tot die tweede belangrikste stad in
Gallie
na Lugdunum.
Die Gallies-Romeinse stad bereik in die 3de eeu die hoogtepunt van sy ontwikkeling; 'n amfiteater en die Romeinse baddens is in hierdie tydperk opgerig. Sedert die middel van die 3de eeu val Germaanse stamme die gebied in. Na die
Frankiese
verowering van Gallie raak Rouen sy belangrike posisie kwyt, dit bly nogtans die setel van 'n aartsbiskop.
In
843
word Rouen vir die eerste keer deur
Wikings
aangeval, wat die stad in
876
vanweee sy strategiese ligging teen die Seinemonding verower. Na die ooreenkoms tussen die Franse koning Karel III en die Wikinghoof
Rollo
in
911
word Rouen die hoofstad van die Hertogdom Normandie. Die setel van die Normandiese hof is later gedeeltelik na
Caen
verskuif, waar
Willem die Veroweraar
sy kasteel laat oprig het. Rouen is in die Wiking-tydperk 'n belangrike hawestad vir die handel met die Paryse gebied en 'n slawemark.
Rouen kry in
1150
'n kommunale bedeling, waarvolgens die stad deur die
Cent Pairs
regeer word. Die inwoners is volgens hulle ambagte in gildes ingedeel. Rouen is in hierdie tydperk 'n belangrike handelsentrum, wat sout en visse na
Parys
en
wyn
na Engeland uitvoer.
In
1200
begin die bou van die katedraal, wat eers eeue later voltooi is. Op
16 April
1203
neem die Franse koning Filips Augustus die stad in en lyf Normandie by Frankryk in. Die stad is nou deur 'n Franse beampte geregeer. Desondanks eerbiedig die koning die handelsvoorregte van die stadsregering. Die ou kasteel van die Normandiese hertoe is egter in opdrag van die koning verniel. 'n Nuwe versterking is terselfertyd opgerig, en die eerste tekstielnywerhede in Rouen begin ontwikkel. Die plaaslike handelaars koop wol in Engeland en bemark die lakenprodukte van Rouen in Champagne.
Die welvaart van Rouen berus hoofsaaklik op die handel in die Seinegebied, met die Seinerivier as die belangrikste vervoerweg. Die plaaslike handelaars beskik sedert die heerskappy van koning Hendrik II oor die monopolie van handelskeepvaart stroomop in die rigting van Parys. Wyn en
graan
is na Engeland uitgevoer, terwyl Engelse wol en
tin
na Frankryk ingevoer is.
Besware teen die belastingbeleid lei in
1281
tot 'n opstand in Rouen, waartydens die burgemeester vermoor en talle huise van adellikes geplunder is. Koning Filips IV tree vasbeslote teen die bewoners van Rouen op en herroep die monopolie van die Seinehandel. Die burgers koop hulle voorregte in
1294
terug.
In
1349
word Rouen deur 'n pesepidemie getref. 'n Tweede opstand in
1382
word deur koninklike troepe meedoenloos neergeslaan. Die belastingtariewe is verhoog en die handelvoorregte van Rouen herroep.
Tydens die
Honderdjarige Oorlog
tussen Engeland en Frankryk is Rouen op
19 Januarie
1419
deur die Engelse koning
Hendrik V
ingeneem en Normandie by die Koninkryk van Engeland ingelyf. Die nasionale heldin van Frankryk, Johanna van Arkel, is deur die Engelse die doodstraf opgele en op
30 Mei
1431
in Rouen op die brandstapel tereggestel. Franse troepe herower die stad in
1449
. Johanna van Arkel is in Julie
1456
, 'n kwarteeu na haar dood, gerehabiliteer.
Met die einde van die Honderdjarige Oorlog groei Rouen tot die tweede grootste stad in Frankryk na Parys, en die groot bouprojekte is hervat, waaronder kerke in die Gotiese boustyl. Dit is, naas ander finansiers, veral die skenkings van die kardinale Georges I d'Ambroise (1494?1510) en sy neef Georges II (1510?1550) wat van Rouen een van die Franse sentrums van die renaissance-boustyl maak. Georges I, wat ook as Eerste Minister onder koning Lodewyk XII dien, bevorder onder meer die oprigting van die
Tour de Beurre
("bottertoring" aan die wesfasade van die katedraal, wat in
1508
voltooi is. In die volgende jaar neem die bou van die katedraal se hoofportaal 'n aanvang; dit is twaalf jaar later voltooi. Ander pragtige argitektoniese hoogtepunte uit hierdie tydperk is die
Bureau des Finances
, die
Hotel de Bourgtheroulde
en die Paleis van Justisie.
Kunstenaars en argitekte soos Roulland le Roux verfraai privaathuise en paleise met versierings in die Italiaanse styl, met die
Bureau des Finances
teenoor die portaal van die katedraal as een van die indrukwekkendste voorbeelde.
Die laken- en sybedryf en metaalverwerking dra by tot Rouen se ekonomiese opswaai teen die einde van die 15de eeu. Die plaaslike visserybedryf brei sy vanggebiede na
Newfoundland
en die
Baltiese See
uit, waar
kabeljou
en
haring
gevang is. Sout is uit Portugal en Guerande ingevoer. Lakens uit Rouen is in Spanje verkoop, wat in ruil daarvoor wol verskaf. Die Medici-gesin maak van Rouen die belangrikste handelsplek vir aluin.
Teen die begin van die 16de eeu is Rouen die grootste hawe van Frankryk, veral danksy die handel met
Brasilie
, wat kleurstowwe vir die plaaslike lakenbedryf verskaf. Die handelsbetrekkinge en ekonomiese welvaart lok talle buitelanders na Rouen, en 'n groot aantal Spanjaarde en Italianers vestig hulle in die stad. Ook die drukkerybedryf ontwikkel vinnig. In
1500
is daar reeds tien drukkerye in die stad.
Die tydperk van godsdienstige oorloe
[
wysig
|
wysig bron
]
Die tydperk na
1560
word deur toenemende spannings tussen die Rooms-Katolieke en Protestantse gemeenskappe gekenmerk; die Protestantse beeldestorm, waarin talle standbeelde van heiliges verniel is, word deur die Rooms-Katolieke as 'n ernstige provokasie beskou.
Op
15 April
1562
storm Protestante die stadsaal binne en verdryf die plaaslike
bailli
(landdros). Die beeldestorm brei in Mei na die plattelandse gebiede uit. Op 10 Mei verlaat die Rooms-Katolieke afgevaardigdes Rouen. Teen die einde van die maand beleer Katolieke troepe Rouen. Albei oorlogspartye maak gebruik van terreur, en uiteindelik vra die owerhede van Rouen die Engelse koning om bystand. Die Engelse stuur in ooreenkoms met die Verdrag van Hampton Court, wat op
20 September
1562
onderteken is, troepe om bystand aan die Protestante van Rouen te verleen, wat op hulle beurt die hawestad
Le Havre
beset. Nogtans neem die koninklike Franse troepe Rouen op
26 Oktober
1562
in en verwoes die Normandiese hoofstad.
Die eerste spoorwegverbinding met Parys is in
1843
ingewy.
Tydens die
Frans-Pruisiese Oorlog
is Rouen in
1870
deur Pruisiese troepe ingeneem. Ook tydens die
Tweede Wereldoorlog
is Rouen tussen
9 Junie
1940
en
15 Augustus
1944
deur Duitse troepe beset. Bomaanvalle verwoes tydens die oorlog groot dele van die stad, veral die brue oor die Seine en die spoorweginfrastruktuur. Ook die katedraal en die justisiepaleis is ernstig beskadig.
Rouen se hawe, wat sowat 80 kilometer van die Seine se riviermonding af le, is die vyfde grootste in Frankryk na Marseille, Le Havre, Dunkerque en
Saint-Nazaire
(en selfs die grootste wat houers betref) en trek voordeel uit sy strategiese ligging halfpad tussen die metropolitaanse gebied van Parys en die
Engelse Kanaal
en
Atlantiese Oseaan
. Dit is die belangrikste in- en uitvoerhawe van Parys en tegelykertyd 'n see- en rivierhawe, waar die
getye
nog duidelik waarneembaar is, met geriewe vir skepe van tot by 150 000 ton. Met vier aanlegtes in
Honfleur
, Port-Jerome/Radicatel, Saint-Wandrille/Le Trait en in die stadsgebied van Rouen beslaan die hawe 'n oppervlak van sowat 3 200 hektaar.
Rouen is die belangrikste Europese uitvoerhawe vir graan en die belangrikste Franse hawe vir meel, suiker, mout en kunsmis. Groot hoeveelhede
ru-olie
word danksy die nabyheid van die olieraffinadery van Petit-Couronne ingevoer. Dit is ook 'n belangrike invoerhawe vir koerantpapier.
Die plaaslike nywerheid steun veral op die motorbedryf met meer as 28 000 werkgeleenthede (sowat 'n derde van Frankryk se jaarlikse motorproduksie word hier onder meer deur
Renault
vervaardig), petrochemie, chemie, farmaseutiese nywerhede, papier, tekstiele en voedselverwerking.
Die
Technopole du Madrillet
(Tegnologiepark van Madrillet) spits hom veral op moderne tegnologiee in verband met die motorvervaardiging toe.
Die tersiere sektor het meer as 150 000 mense in diens en trek voordeel uit Rouen se rol as administratiewe sentrum van die gewes Haute-Normandie. Banke, assuransiemaatskappye en ander diensverskaffers is eweneens belangrik.
- Die gotiese
katedraal Notre-Dame
het veral
Claude Monet
en sy reeks skilderye van katedrale geinspireer. Die katedraal se kerkvensters verteenwoordig agt eeue se glaskuns, en sy puristiese binneruimte kontrasteer met die versierings van sy buitekante. Die koor bevat die grafte van Normandiese hertoe soos Rollo, die stigter van die hertogdom Normandie, die grafskrifte van die kardinale van Amboise en die sarkofaag van die Engelse koning
Richard Leeuhart
, wat besluit het om na sy dood sy hart in sy gunstelingstad Rouen te laat begrawe. Die kerk het 'n lengte van 137 meter, terwyl sy vieringstoring met 152 meter die hoogste kerktoring in Frankryk is. Alhoewel hier al in die 4de eeu 'n Christelike kerk opgerig is, dateer die huidige gebou uit die 12de eeu. Die wesfasade word deur sy ongewone breedte en die verskeidenheid van gotiese boustyle gekenmerk, wat van die eenvoudige vorms van die vroee styl tot by die ryk versierings van die vroee 16de eeu strek. Die wesfasade het twee torings, waarvan die magtige "bottertoring" aan die regterkant as 'n meesterwerk van die laat-gotiese boustyl bekend staan. Sy oprigting is volgens oorlewering met die aflaatgelde van plaaslike burgers betaal, wat in die vastetyd voortgegaan het om botter te eet.
- Die
Ou Markplein
was vroeer die belangrikste handelsplek in Rouen. Die ou plein uit die 15de eeu het aanvanklik die vorm van 'n driehoek. Dit is in die 18de eeu verdubbel tot 'n vierkant. Frankryk se nasionale heldin Jeanne d'Arc (Johanna van Arkel), wat Frankryk van die Engelse besetting bevry het, is hier op 30 Mei 1431 lewendig verbrand en haar as in die Seine gestrooi. Die waarskynlike plek van die skandpaal en brandstapel is deur middel van opgrawings in die sewentigerjare van die 20ste eeu ontdek en word nou deur 'n groot wit kruis gekenmerk.
- Die
Gros Horloge
(Groot Horlosie) is 'n astronomiese horlosie uit die 14de eeu. Dit maak deel uit van 'n gebou uit die jaar
1527
, wat die
rue du Gros Horloge
oorspan en daarnaas ook 'n wagtoring uit die laat 14de eeu en 'n boog uit die renaissance-tydperk bevat. Die wagtoring is 'n uitstekende uitkykplek en bied 'n uitsig oor die stad en die Seinevallei. Die rue de Gros Horloge verbind die Ou Markplein met die katedraal van Rouen en is al 2 000 jaar die belangrikste winkelstraat in die stad.
- Die
Kerk van Johanna van Arkel (L'eglise Sainte-Jeanne d'Arc)
is 'n moderne kerkgebou in die vorm van 'n omgeslane boot, wat in
1979
deur die argitek Louis Arretche opgerig is. Die gebou versinnebeeld net oos die vensters die vlamme van 'n brandstapel. Die kerk is terselfdertyd 'n godsdienstige gebou ter ere van die heilige Johanna en 'n monument vir Frankryk se nasionale heldin.
- Die
Johanna-van-Arkel-toring
maak deel uit van die kasteel, wat in 1204 deur die Franse koning Filips Augustus opgerig is. Die Engelse het Johanna van Arkel tydens haar verhoor en hofsaak in hierdie kasteel aangehou.
- Die
Bureau des Finances
is in die tydperk tussen 1509 en 1540 in opdrag van kardinaal Georges d'Amboise opgerig. Dit is die oudste gebou uit die renaissance-tydperk, wat in Rouen bewaar gebly het, en in teenstelling met baie ander historiese geboue is dit ook nie deur die geallieerde bomaanvalle in 1944 beskadig nie. Die gebou huisves sedert 1959 die toerismekantoor van Rouen.
- Die
Paleis van Justisie
word as een van die belangrikste burgerlike voorbeelde van die laat-middeleeuse gotiese boustyl beskou en het vroeer die Parlement van Normandie gehuisves. Die paleis is deur Rouland Le Roux opgerig. Dit is in 1944 deur 'n bomaanval verwoes en word tans gerestoureer. Die paleis huisves ook een van die oudste Joodse monumente in Europa, 'n Jesjiwa (Tora-skool), die enigste middeleeuse instelling van hierdie soort ter wereld.