in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Romanos III Argyros
(
Grieks
: Ρωμαν?? Γ? Αργυρ??; 968 ? 11 April 1034) was van 15 November 1028 tot met sy dood
keiser
van die
Bisantynse Ryk
. Hy was ’n 60-jarige Bisantynse edelman en senior offisier in
Konstantinopel
toe die sterwende
Konstantyn VIII
hom dwing om van sy vrou te skei en met die keiser se 50-jarige dogter,
Zoe
, te trou.
Na Konstantyn se dood drie dae later het Romanos keiser geword.
Romanos is beskryf as ’n goed bedoelende, maar ondoeltreffende heerser. Hy het die belastingstelsel deurmekaargekrap en die weermag ondermyn.
Hy het persoonlik ’n rampspoedige veldtog teen Aleppo aangevoer.
Hy het met sy vrou vasgesit en twee pogings om sy bewind oor te neem onderdruk, insluitende twee waarby sy skoonsuster
Theodora Porphyrogenita
betrokke was. Sy is daarna na ’n klooster gestuur.
Romanos het groot bedrae bestee aan die bou en herstel van
kerke
en
kloosters
. Hy is na ses jaar op die troon dood, na bewering deur sy vrou vergigtig,
en is opgevolg deur sy vrou se jong minnaar,
Michael IV
.
[7]
- Cheynet, J.-C.; Vannier, J.-F. (2003).
"Les Argyroi"
(PDF)
.
Zbornik Radova Vizantolo?kog Instituta
(in Frans).
40
: 57?90.
ISSN
0584-9888
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
(PDF)
op 23 Julie 2011.
;
- Duggan, Anne J. (red.) (1997).
Queens and Queenship in Medieval Europe
. Rochester: The Boydell Press.
ISBN
9780851156576
.
- Finlay, George (1853).
History of the Byzantine Empire: from 716 to 1057
. Edinburgh.
OCLC
906577940
.
- Ostrogorsky, George (1957).
History of the Byzantine State
. Vertaal deur Hussey, Joan. New Brunswick: Rutgers University Press.
OCLC
2221721
.
- Ostrogorsky, George (1969) [1957].
History of the Byzantine State
. Vertaal deur Hussey, Joan. New Brunswick: Rutgers University Press.
ISBN
9780813505992
.
- Wortley, John (red.) (2010),
John Skylitzes: A Synopsis of Byzantine History, 811-1057
, Cambridge: Cambridge University Press,
ISBN
978-0-521-76705-7