Koninklijke Philips Electronics N.V.
Royal Philips Electronics
|
![](//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/52/Philips_logo_new.svg/200px-Philips_logo_new.svg.png)
![](//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/67/HeadPhilips.jpg/200px-HeadPhilips.jpg) |
Tipe
|
Naamloze vennootschap
|
Gestig
|
1891 in
Eindhoven
|
Hoofkantoor
|
Amsterdam
,
Nederland
|
Sleutelpersone
| Frans van Houten (hoof uitvoerende beampte), Jeroen van der Veer (voorsitter)
|
---|
Gebied bedien
| Wereldwyd
|
---|
Industrie
| Elektronika
|
---|
Produkte
| Elektroniese verbruikersware, ligtegnologie, geneeskundige tegnologie
|
---|
Inkomste
| 22,58 miljard € (2011)
|
---|
Bedryfsinkomste
| 269 miljoen €
|
---|
Netto inkomste
| 1,291 miljard €
|
Werknemers
| 121 888 (2011)
|
---|
Divisies
| Lighting
Healthcare
Consumer Lifestyle
|
---|
Dogter-
maatskappye
| Saeco
|
---|
Slagspreuk
| Sense and simplicity
|
---|
Webwerf
| Philips
Philips Suid-Afrika
|
Koninklijke Philips Electronics N.V.
(
Engels
Royal Philips Electronics N.V.
, kort:
Philips
) is een van die grootste vervaardigers van elektronika ter wereld.
Die multinasionale aandelemaatskappy met sowat 121 900 werknemers en sakebelange in meer as sestig lande het sy hoofkwartier in die
Nederlandse
hoofstad
Amsterdam
. Sy omset het in 2011 22,58 miljard € beloop.
[1]
Philips is tans in drie afdelings verdeel:
- Lighting
(Beligtingstegnologie),
- Healthcare
(Mediese toerusting) en
- Consumer Lifestyle
(Elektroniese verbruikersware)
Philips Suid-Afrika
se hoofkantoor is in Martindale, wes van
Johannesburg
, en verskaf werk aan sowat 250 personeellede. Daar is streekkantore in
Durban
,
Bloemfontein
en
Kaapstad
.
Die eerste
Philips
-fabriek in Eindhoven, Nederland
Op 15 Mei 1891 het Gerard Philips in Eindhoven, Nederland sy onderneming
Philips & Co.
gestig. Die eerste produkte, wat in die volgende jaar deur die nuwe maatskappy met tien medewerkers vervaardig is, was elektriese gloeilampe.
Philips
het sy bedrywighede in die volgende jare verder uitgebrei, en in 1895 het Gerard se broer, Anton Philips, ook by die onderneming aangesluit.
Teen die eeuwending was
Philips
een van die belangrikste ontwikkelaars en verskaffers van beligtingstegnologie ? 'n mark wat stewige groei getoon het. In 'n nuwe navorsingslaboratorium, wat in 1914 ingewy is, het
Philips
-navorsers fisiese en chemiese fenomene bestudeer om die ontwikkeling van nuwe produkte te bevorder. Plaaslike bemarkingsmaatskappye in
Frankryk
en die
Verenigde State
is reeds voor die
Eerste Wereldoorlog
gestig, terwyl die
Belgiese
mark in 1919 gevolg het.
Philips
is op 29 Augustus 1912 in 'n aandelemaatskappy (Nederlands:
naamloze vennootschap
) omgeskep en die naam is gewysig na
N.V. Philips Gloeilampenfabrieken
. Hierdie naam het tot 1991 onveranderd gebly.
In 1918 het Philips sy eerste radiobuis op die internasionale mark ingevoer. Op hierdie tydstip het die aantal werknemers reeds 4 000 beloop, en
Philips
-produkte het op alle belangrike internasionale markte begin meeding. In 1926 is die Duitse filiaal
Deutsche Philips G.m.b.H.
in Berlyn gestig. Die produkprogram was destyds nog beperk tot luidsprekers, gelykrigters, elektriese aansluiters en buise.
Met die oorname van die
Hamburg
-gebaseerde onderneming
C. H. F. Muller
, 'n vervaardiger van rontgen-buise, het Philips in 1927 tot die mark van geneeskundige tegnologie toegetree. Saam met hierdie oorname is ook die
Valvo
-handelsmerk vir elektronebuise aan
Philips
oorgedra. In dieselfde jaar het
Philips
sy eerste radio-ontvanger bekend gestel ? die beginpunt van
Philips
se bedrywighede as belangrike Europese vervaardiger van elektroniese verbruikersware.
Oorlogs- en na-oorlogse tyd: 1930?1960
[
wysig
|
wysig bron
]
Na 'n besonder suksesvolle periode in die 1920's het ook
Philips
gedurende die
Groot Depressie
moeilike tye beleef. So is die onderneming onder meer gedwing om sy verspreidingsnetwerk te herorganiseer. In hierdie periode het
Philips
ook begin om sy uitvindings ? veral op die gebied van radio- en rontgenstraal-tegnologie ? deur patente te beskerm. Na die invoering van geneeskundige rontgenstraal-tegnologie in 1918 het
Philips
in 1925 met sy eerste toetse op die gebied van televisie begin.
Philips
-radio-ontvangers is vanaf 1927 vervaardig, en reeds in 1932 is die eenmiljoen verkoopskerf oorskry. In die volgende jaar is daar met die produksie van geneeskundige rontgenstraal-toerusting in die VSA begin.
Weens die groeiende belangstelling in die Suid-Afrikaanse mark is in 1929 'n plaaslike filiaal van
Philips
,
Philips South Africa Electrical Company (Pty) Limited
, met sy hoofkwartier in Commissionerstraat, Johannesburg gestig. Philips het sy belange en bedrywighede in Suid-Afrika in die volgende jare uitgebrei. Aanvanklik is elektriese en elektroniese onderdele uit Europa ingevoer, maar in 1938 is daar met die plaaslike vervaardiging van radio-ontvangers begin.
Philips
radio-ontvanger 930 A (1931)
Reeds in 1934 het
Philips
'n nuwe radio-ontvangerfabriek in die Duitse stad
Aken
geopen. Hier is onder meer bekende radio-modelle soos die
Aachen Super
en die eerste droe elektriese skeermes
Philishave
vervaardig ? twee produkte wat grootliks tot
Philips
se sukses op die Duitse mark bygedra het.
In 1928 het die onderneming in verskillende Europese stede sy eerste televisietoestelle aan die publiek bekend gestel. Op hierdie tydstip het
Philips
se personeel tot sowat 45 000 gestyg. In 1939 is 'n nuwe tipe elektriese skeermes, die eerste
Philishave
met roterende lemme, op die mark ingevoer, terwyl die totale jaarlikse omset tot 152 miljoen
Nederlandse gulden
gestyg het. Die spesiale roterende lemme vorm tot vandag toe die tegniese basis vir elektriese
Philips
-skeermesse.
In Duitsland is die
Allgemeine Deutsche Philips Verwaltungs GmbH
(
Alldephi
) gestig om
Philips
se sakebelange en regte in die land waar te neem, tog is die verdere uitbreiding van bedrywighede in Duitsland voorlopig deur die uitbreek van die
Tweede Wereldoorlog
stopgesit. Die voorsitter van
Philips
in Duitsland, Theodor Graf von Westarp, is vanwee sy uitlatings oor die politieke situasie in Duitsland uit sy pos ontslaan.
Die direkteure van
Philips
is op 9 Mei 1940 daarvan in kennis gestel dat die Duitsers die volgende dag Nederland sou binneval. Hulle het besluit om die land te verlaat en na die Verenigde State te vlug. Sodoende was hulle ook in staat om 'n groot deel van
Philips
se bates saam te neem. Die onderneming het sy internasionale bedrywighede gedurende die oorlog as
North American Philips Company
vanuit die VSA bestuur, alhoewel die hoofkwartier ? ten minste op papier ? na die
Nederlandse Antille
verskuif is om sy onafhanklikheid van Amerikaanse invloed te bewaar.
Na die Duitse besetting van Nederland het die
Philips
-nywerhede as sogenaamde "vyandelike besittings" onder Duitse dwangbestuur gekom. Die moederfabriek in Eindhoven het destyds onderdele en toerusting vir die Duitse weermag vervaardig en het so gedurende die oorlog verskeie kere die teiken van geallieerde lugaanvalle geword. Die hoofkwartier is deur bomme vernietig.
'n Advertensie vir
Philips
-gloeilampe (1937)
Die vervaarding van
Philips
-produkte in Aken het met die ontruiming van die stad tot stilstand gekom. In die konsentrasiekamp Herzogenbusch (Nederlands:
Kamp Vught
) moes gevangenes dwangarbeid verrig, tog het die bestuurslede van
Philips
moeite gedoen om met hierdie arbeid die deportasie van mense te verhinder en sover moontlik hulp aan hulle te verleen.
Na die oorlog is die onderneming vinnig heropgebou en nuwe filiale en nywerhede dwarsoor die wereld geopen. Graf von Westarp is reeds kort na die einde van die Tweede Wereldoorlog deur die geallieerdes weer as voorsitter van die
Deutsche Philips GmbH
benoem. Die Duitse hoofkwartier is in 1946 vanuit
Berlyn
na
Hamburg
verskuif, terwyl in Aken 'n nuwe gloeilampfabriek ontstaan het.
In die volgende jare het Philips tot 'n veelsydige verskaffer van elektronika en tegnologie ontwikkel wat sy navorsings- en ontwikkelingsaktiwiteite, vervaardigingsbasis en distribusienetwerk steeds verder uitgebrei het. In Duitsland is in 1947 'n nuwe glasfabriek in Aken en in 1948 'n nuwe aanleg in Berlyn opgerig waar radio-ontvangers, elektriese skeermesse, platespelers en
bandopnemers
vervaardig is.
In 1950 het Philips tot die musiekbedryf toegetree en onder meer 80 persent aandele in die Duitse etiket
Deutsche Grammophon Gesellschaft
(later hernoem tot
PolyGram
) gekoop. In Krefeld, Duitsland het
Philips
in 1951 met die vervaardiging van televisietoestelle begin, terwyl die aanlegte in Hamburg en Aken ook verder uitgebou is. In Hamburg is halfgeleiers ontwikkel en vervaardig, in Aken is daar in 1954 met die produksie van beeldbuise begin.
In 1955 is die Duitse
Philips
-navorsingsentrum in Aken gestig. Die navorsingsaktiwiteite is in 1957 met die opening van 'n nuwe laboratorium in Hamburg uitgebrei.
In Suid-Afrika het
Philips
na die oorlog die plaaslike vervaardiging van verbruikerselektronika hervat. Ter geleentheid van
Philips Suid-Afrika
se 25-jarige jubileum is bekend gemaak dat op daardie tydstip byna alle radio-ontvangers plaaslik vervaardig word. Nuwe produksielyne is deurlopend bygevoeg sodat ook stereo-platespelers,
motorradio
's en draagbare toestelle aan die Kaap geproduseer kon word.
Internasionale sukses vanaf 1960
[
wysig
|
wysig bron
]
Die na-oorlogse tydperk is deur snelle vooruitgang op die gebied van wetenskap en tegnologie gekenmerk.
Philips
het baanbrekernavorsing oor transistors en geintegreerde stroombane gedoen waaruit in die 1960's belangrike ontdekkings soos lading-gekoppelde toestelle (LGT's) en
LOCOS
(
local oxidation of silicon
) voortgespruit het.
Philips EL 3302
, een van die eerste draagbare oudiokasset-bandopnemers ter wereld (1968)
Philips
het daarnaas ook 'n beduidende bydrae tot die ontwikkeling van televisietegnologie (die opname, uitsaai en reproduksie van televisiebeelde) gelewer. Sy eie ontwikkelings op hierdie gebied sluit die
Plumbicon
-televisiekamerabuis en verbeterde fosfor vir beelde van hoer gehalte in. Kompakte oudiokasset-bandopnemers is in 1963 en die eerste selfvervaardigde geintegreerde stroombane in 1965 op internasionale markte ingevoer.
In die 1970's het
Philips
deurlopend innoverende produkte ontwikkel. So het uit navorsing op die gebied van beligtingstegnologie nuwe energiebesparende gloeilampe voortgespruit, terwyl ook nuwe tegnologiee vir die bewerking, stoor en oordrag van beelde ontwikkel is.
Philips Research
het baanbrekende werk by die ontwikkeling van die
LaserVision
-laserskyf, die
kompakskyf
(
CD
, in samewerking met
Sony
) en optiese telekommunikasiestelsels gelewer. Die navorsingslaboratorium in Hamburg het in 1984 geskiedenis gemaak toe hulle die eerste beelde van 'n menslike hoof getoon het wat met behulp van kernspin-tomografie gemaak is ? 'n diagnostiese metode wat sonder rontgenstrale toegepas kan word.
In Suid-Afrika was
Philips
in April 1974 ? twee jaar voordat die
Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie
(SAUK) met die uitsaai van 'n gereelde televisiediens begin het ? die eerste plaaslike vervaardiger van televisietoestelle. Strawwe mededinging en die noodsaaklikheid om groter produksie-aanlegte te bedryf het daartoe gelei dat die plaaslike televisiefabriek in Martindale in Maart 1996 gesluit is. In dieselfde jaar is produksie ook by die PABX-aanleg in Wadeville, Johannesburg gestaak.
Ook op internasionale vlak het groot veranderinge gekom. In die 1990's het
Philips
'n grootskaalse herstruktureringsprogram begin. Weens strawwe internasionale mededinging is
Philips
aan die begin van die 21ste eeu gedwing om hom op sy kernbedrywighede toe te spits om optimale wins te maak.
Philips
het op 18 April 2011 bekend gemaak dat sy televisiesegment (met 'n jaarlikse omset van drie miljard € in 2010) in 'n gemeenskaplike onderneming met die Chinese vervaardiger
TPV Technology
saamgesmelt sal word.
[2]
Philips
se eienaarskap in die nuwe maatskappy het tot dertig persent van die aandele beperk gebly. Aan die nuwe onderneming is ook die regte oorgedra om die
Philips
-handelsmerk vir televisietoestelle in die volgende vyf jaar te gebruik. Vanaf 2013 het die maatskappy hiervoor jaarliks 50 € lisensiegelde aan
Philips
betaal. Na ses jaar sou
Philips
dan oor die moontlike verkoop van sy aandele kon besluit.
Dit was juis die TV-segment wat in die eerste kwartaal van 2011 tot 'n 31 persent daling in wins gesorg het. Die verlies voor belasting het in hierdie kwartaal 106 miljoen € beloop. Volgens analiste het
Philips
in sy TV-segment weens strawwe mededinging van onder meer
Samsung
en
Sony
sedert 2007 'n jaarlikse verlies van een miljard € aangeteken. So het
Philips
sy bedrywighede op die Amerikaanse televisiemark reeds in 2008 gestaak.
Die eerste reeks televisietoestelle, wat deur die nuwe onderneming
TP Vision
bemark word, maar steeds die
Philips
-kenteken dra, is in Februarie 2012 bekend gestel.
[3]
LCD-televisietoestelle
[4]
|
Philips
|
Samsung
|
Sony
|
Sharp
|
LG
|
Ander
|
Markaandele in die eerste kwartaal 2007
Markaandele in die eerste kwartaal 2011
|
12,20%
![](//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/04/Red_Arrow_Down.svg/10px-Red_Arrow_Down.svg.png) 3,80%
|
16,80%
![](//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/8b/Green_Arrow_Up_Darker.svg/10px-Green_Arrow_Up_Darker.svg.png) 17,60%
|
12,60%
![](//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/04/Red_Arrow_Down.svg/10px-Red_Arrow_Down.svg.png) 10,20%
|
11,30%
![](//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/04/Red_Arrow_Down.svg/10px-Red_Arrow_Down.svg.png) 7,70%
|
7,80%
![](//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/8b/Green_Arrow_Up_Darker.svg/10px-Green_Arrow_Up_Darker.svg.png) 13,10%
|
39,30%
![](//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/8b/Green_Arrow_Up_Darker.svg/10px-Green_Arrow_Up_Darker.svg.png) 47,60%
|
![](//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/4a/Commons-logo.svg/30px-Commons-logo.svg.png) |
Wikimedia Commons bevat media in verband met
Philips
.
|