in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Aken
(
Duits
Aachen
, afgelei van Oud-Germaans
Ahha
?water“, Latyns
Aquae Grani
of
Granni
, later
Aquisgranum
,
Frans
Aix-la-Chapelle
,
Nederlands
Aken
,
Luxemburgs
Oochen
, Ocher Platduits:
Oche
) is 'n selfregerende stad in die
Duitse
deelstaat
Noordryn-Wesfale
. Sedert 1890 is dit die mees westelike Duitse stad met meer as 100 000 inwoners. Aken het vandag 'n bevolking van naastenby 260 000.
Die stad se geskiedenis dateer terug tot in die Jong-Steentydperk. Aken staan bekend vir sy ryk kulturele en boukundige erfenis en belangrike gebeurtenisse soos die toekenning van die
Karlspreis
.