in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Eindhoven
is 'n stad en
munisipaliteit
in die
Nederlandse
provinsie
Noord-Brabant
. Die munisipale gebied het sowat 238 000 inwoners (2022) en 'n oppervlakte van 89 km². Eindhoven is die grootste stad in hierdie provinsie en die vyfde grootste stad van Nederland.
Eindhoven le in die
Suidoos-Brabant
-regio en in die
Kempen
-streek.
Eindhoven het in
1232
al
stadsregte
gekry. Die stad het veral begin groei toe
Philips
(gloeilampe) daar gevestig is. Na die
Tweede Wereldoorlog
het die motorfabriek DAF ook begin groei en dit het ook die groei van Eindhoven beinvloed.
Van al die Eindhoven-distrikte is die historiese sentrum verreweg die kleinste in grootte en bevolking, en het in 2006 slegs 5 419 inwoners. Woensel-Noord is die grootste, en dit was die grootste uitbreidingsgebied van die stad in 'n aantal dekades.
Die stad is tans verdeel in sewe distrikte:
|
- Centrum
- Woensel-Noord
- Woensel-Zuid
- Tongelre
- Stratum
- Gestel
- Strijp
|
Eindhoven het twee groot teaters: Muziekcentrum Frits Philips en Parktheater. Die bekendste museum in die stad is die
Van Abbe Museum
(moderne kuns).
Eindhoven is die tuiste van die sokkerspanne
PSV Eindhoven
en
FC Eindhoven
en die hokkiespan
Oranje Zwart
.
In Eindhoven is daar twee instansies in die hoeronderwys-stelsel:
Technische Universiteit Eindhoven
en
Fontys Hogeschool
. (Die Nederlandse 'hogeschool' is wel 'n tersiere opleidingsentrum en kan nie vergelyk word met die Suid-Afrikaanse 'hoerskool' nie.)
Internasionale betrekkinge
[
wysig
|
wysig bron
]
Eindhoven is
verenig
met:
Naburige munisipaliteite
[
wysig
|
wysig bron
]