in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Paramaribo
is die
hoofstad
en grootste stad van
Suriname
. Die stad het in 2012 'n bevolking van 240 924 gehad en 'n oppervlakte van 182 km². Paramaribo is waarskynlik 'n verbastering van 'n
Indiaanse
naam "Parmirbo". Die stad le aan die wesoewer van die rivier Suriname en aan die kus neffens die
Atlantiese Oseaan
. Die bynaam van Paramaribo is
Par'bo
. Die historiese stadsentrum is in 2002 deur
Unesco
as
werelderfenisgebied
gelys.
By die Indiaanse dorp Parmibo is in die begin van die 17de eeu 'n handelspos opgerig deur Nicolaes Baliestel en Dirck Claez. Dit het egter in Britse hande geval en die Britte het 'n fort, Fort Willoughby, gebou. In 1667 het die fort en die ligging in Zeeuse hande geval. Die fort word
Fort Zeelandia
, en Paramaribo word Nieuw Middelburg. Vanuit die fort word Paramaribo stadig uitgebrei.
Paramaribo beslaan 'n oppervlakte van 182 km² waarop 240 924 mense woon. Paramaribo is van alle Surinaamse distrikte die kleinste maar ook die digs bevolkte. Ongeveer 50% van die Surinaamse bevolking woon in Paramaribo.
48% van die bevolking van Paramaribo is
Christene
, 14%
Hindoes
, 9%
Moslems
, 4% is andersgelowig, 4% het nie 'n geloof nie en 21% het in die volkstelling geen antwoord op hierdie vraag verstrek nie.
Nederlands
is die mees gesproke taal. Altesame 64% van die inwoners praat Nederlands as moedertaal, terwyl alle ander huishoudings dit as tweede taal besig. Ander tale wat gebruik word, is Surinaams (
Sranantongo
), Sarnami
Hindoestani
en
Javaans
.